Kwasar | veelvoudige kwasars

Veelvoudige kwasars

’n Veelvoudigebeeld-kwasar is ’n kwasar waarvan die lig deur ’n gravitasielens verbuig word sodat dit soos twee, drie of selfs vier aparte kwasars lyk. Die eerste sodanige kwasar wat ontdek is, is die dubbelebeeld-kwasar Q0957+561 (of die Tweelingkwasar) in 1979.[7]

’n Ware groepering van twee of meer kwasars kan die gevolg wees van toevallige oplyning, fisieke nabyheid of werklike fisiese interaksie. Omdat kwasars sulke seldsame voorwerpe is, is die moontlikheid dat drie of meer kwasars in dieselfde omgewing gevind sal word, baie klein. Die eerste ware drievoudige kwasar is in 2007 ontdek by die W.M. Keck-sterrewag.[8] LBQS 1429-008 (of QQQ J1432−0106) is die eerste keer in 1989 waargeneem en daar is gevind dit is ’n dubbelkwasar, op sigself ’n seldsame verskynsel. Toe sterrekundiges die derde lid ontdek, het hulle bevestig dat dit wel drie aparte kwasars is en nie die gevolg van ’n gravitasielens nie. Hierdie drievoudige kwasar het ’n rooiverskuiwing van 2,076, wat gelykstaande is aan ’n afstand van 10,5 miljard ligjare.[9] Die komponente word geskei deur ’n afstand van sowat 98 000 tot 160 000 ligjare, wat tipies is van wisselwerkende sterrestelsels.[10] ’n Voorbeeld van ’n drievoudige kwasar wat deur ’n gravitasielens veroorsaak word, is PG1115 +08.[11]

In 2013 is die tweede ware drievoudige kwasar, QQQ J1519+0627, ontdek met ’n rooiverskuiwing van 1,51 (sowat 9 miljard ligjare) deur ’n internasionale span sterrekundiges onder leiding van Farina van die Universiteit van Insubria.[12][13]

Other Languages
العربية: نجم زائف
asturianu: Cuásar
azərbaycanca: Kvazar
беларуская: Квазар
беларуская (тарашкевіца)‎: Квазар
български: Квазар
বাংলা: কোয়েজার
brezhoneg: Kouazar
bosanski: Kvazar
català: Quàsar
čeština: Kvasar
Cymraeg: Cwaseren
dansk: Kvasar
Deutsch: Quasar
Ελληνικά: Κβάζαρ
English: Quasar
Esperanto: Kvazaro
español: Cuásar
eesti: Kvasar
euskara: Quasar
فارسی: اختروش
suomi: Kvasaari
français: Quasar
Gaeilge: Cuasár
galego: Quásar
Gaelg: Quasar
עברית: קוואזר
हिन्दी: क्वेसार
hrvatski: Kvazar
Kreyòl ayisyen: Kaza
magyar: Kvazár
հայերեն: Քվազար
Bahasa Indonesia: Kuasar
italiano: Quasar
日本語: クエーサー
ქართული: კვაზარი
қазақша: Квазарлар
ಕನ್ನಡ: ಕ್ವೇಸಾರ್
한국어: 퀘이사
Кыргызча: Квазар
Latina: Quasar
lietuvių: Kvazaras
latviešu: Kvazārs
македонски: Квазар
മലയാളം: ക്വാസാർ
मराठी: क्वेसार
Bahasa Melayu: Kuasar
မြန်မာဘာသာ: ကွေဆာ
Nederlands: Quasar
norsk nynorsk: Kvasar
norsk: Kvasar
occitan: Quasar
polski: Kwazar
پنجابی: کواسار
português: Quasar
română: Quasar
русский: Квазар
sicilianu: Quasar
Scots: Quasar
srpskohrvatski / српскохрватски: Kvazar
Simple English: Quasar
slovenčina: Kvazar
slovenščina: Kvazar
српски / srpski: Квазар
svenska: Kvasar
Tagalog: Quasar
Türkçe: Kuasar
татарча/tatarça: Квазар
українська: Квазар
oʻzbekcha/ўзбекча: Kvazar
Tiếng Việt: Quasar
中文: 类星体
文言: 類星體
粵語: 類星體