Koninkryk (biologie) | geskiedenis

Geskiedenis

Twee koninkryke

In die werk Systema Naturae, gepubliseer in 1735, het Carolus Linnaeus twee koninkryke van lewende wesens onderskei: die Animalia vir alle diere en die Vegetabilia vir alle plante. (Linnaeus het ook 'n derde koninkryk geskep vir die minerale, die Mineralia).

Drie koninkryke

Dié verdeling het goed gewerk totdat enkelsellige organismes ontdek is. Alhoewel die beweeglike groep in die dierekoninkryk ingeskakel is (onder die Filum Protozoa), en die gekleurde alge en bakterieë in die plantafdelings Thallophyta of Protophyta, was daar probleme deurdat sommige organismes in albei groepe geplaas kon word.

In 1866 het Ernst Haeckel daarom 'n derde koninkryk, die Protista, geskep vir dié problematiese organismes.

Twee ryke

Toe daar ontdek is dat sommige bakterieë se selstruktuur heeltemal verskillend is van dié van ander organismes –- sonder 'n kern -- het Chatton, in 1937, voorgestel dat lewende organismes in twee ryke verdeel moet word: organismes met 'n kern, die Eukaryota en diegene daarsonder, die Prokaryota. Die koninkryke val onder dié twee ryke.

Vyf koninkryke

In 1969 het Robert Whittaker bykomende koninkryke voorgestel om die swamme te verteenwoordig. Dit was baseer veral op die verskil in voeding: die koninkryk Plantae was veral veelsellige outotrowe, die Animalia veelsellige heterotrowes, en die Fungi veelsellige saprotrowe. Die oorblywende twee koninkryke, Protista en Monera, het eensellige en eenvoudige sellulêre kolonies ingesluit.

Ses koninkryke

Teen 1980 het die klem al meer begin val op die filogenie. Alle organismes met kerne wat nie in die bestaande Animalia, Plantae, en Fungi gepas het nie, is in die Protista koninkryk geplaas. Carl Woese se RNS-werk het die prokariote in twee verdere koninkryke verdeel, die Eubacteria en die Archaebacteria.

Other Languages
العربية: مملكة (تصنيف)
беларуская: Царства (біялогія)
беларуская (тарашкевіца)‎: Царства (біялёгія)
brezhoneg: Riezad
Esperanto: Regno (biologio)
estremeñu: Réinu (biologia)
فارسی: فرمانرو
hornjoserbsce: Swět (biologija)
Bahasa Indonesia: Kerajaan (biologi)
日本語: 界 (分類学)
Basa Jawa: Krajan (biologi)
한국어: 계 (생물학)
Lëtzebuergesch: Räich (Biologie)
Lingua Franca Nova: Rena (biolojia)
മലയാളം: കിങ്ഡം
Bahasa Melayu: Alam (biologi)
မြန်မာဘာသာ: လောက (ဇီဝဗေဒ)
Napulitano: Regno (biologgia)
Nederlands: Rijk (biologie)
norsk nynorsk: Biologisk rike
Kapampangan: Kaarian (biolohia)
português: Reino (biologia)
Runa Simi: Rikch'aq suyu
română: Regn
srpskohrvatski / српскохрватски: Carstvo (taksonomija)
Simple English: Kingdom (biology)
slovenčina: Ríša (taxonómia)
slovenščina: Kraljestvo (biologija)
Türkmençe: Şalyk (biologiýa)
татарча/tatarça: Патшалык (биология)
українська: Царство (біологія)
oʻzbekcha/ўзбекча: Dunyo (biologiya)
Tiếng Việt: Giới (sinh học)
West-Vlams: Ryk (biologie)
中文: 界 (生物)
Bân-lâm-gú: Kài (hun-lūi-ha̍k)
粵語: