Globalisering | oorsig

Oorsig

Die omvang van die Syroete en Speseryhandel, wat deur die Ottomaanse Ryk in 1453 beheer is, het aaleiding tot die ontdekkingsreise gegee.

Die mensdom is reeds vir duisende jare oor lang afstande met mekaar in aanraking. Die oor land Syroete, wat  Asië, Afrika en Europa met mekaar verbind het, is 'n goeie voorbeeld van die herskeppende invloed van oorgrens-uitruiling wat in die  "Ou Wêreld" voorgekom het. Filosofie, geloof, taal, die kunste, en ander aspekte van kultuur versprei en vermeng namate nasies produkte en idees uitruil. In beide die 15de en die 16de eeue is daar baie belangrike ontdekkings gemaak met die Europeërs se ontdekking van die oseane, insluitende die begin van die transatlantiese reise na die "Nuwe Wêreld" van die Amerikas. Die globale beweging van mense, goedere, en idees is in die daaropvolgende eeue met rasse skrede uitgebrei. Die ontwikkeling van nuwe vorme van vervoer in die vroeë 19de eeu, soos die stoomskepe en spoorlyne, en Telekommunikasie, wat tyd en ruimte "saampers", het die globale interaksie en uitruiling van inligting drasties versnel.[8] In die 20ste eeu is vervoer deur middel van voertuie, spoorvervoer en lugrederye, nog vinnger gemaak. Die koms van elektroniese kommunikasie, veral die Selfoon en Internet, het sedert 2010 miljarde mense met mekaar in kontak gebring.

Die Eastern Telegraph Company (1901) se kaart van die ondersese telegraafkabels, is 'n goeie voorbeeld van die moderne globaliserings-tegnologie aan die begin van die 20ste eeu.
Lugwaardinne uit die dae van die "stralerjakkers"- 1960

Woordvorming en gebruik

Die uitdrukking globalisering is afgelei van die woord globaliseer, wat verwys na die ontluiking van 'n internasionale netwerk van ekonomiese stelsels.[11] Een van die vroegste kere bekend waar die woord as 'n selfstandige naamwoord gebruik is, was in 1930 in 'n publikasie, Towards New Education, toe die term op 'n holistiese wyse oor die menslike ondervinding in onderwys genoteer is.[12] In 'n verwante verwysing is die term, korporatiewe reuse, deur Charles Taze Russell in 1897 verewig[13] in sy verwysing na die groterige nasionale trusts en ander groot ondernemings van daardie tyd. In die 1960's is albei uitdrukkings deur ekonome en ander sosiale wetenskaplikes gebruik. Die ekonoom, Theodore Levitt, is wyd bekend met sy betiteling van die uitdrukking in 'n artikel, Globalization Markets, wat in die Mei-Junie 1983 uitgawe van die Harvard Business Review gepubliseer is. Die woord globalisering was egter al lank vantevore (minstens eenkeer) in 1944 gebruik en deur ander kenners so lank terug soos in 1981.[14] Levitt verdien die krediet want hy het globalisering as uitdrukking gewild gemaak en dit in die laat 1980's in die hoofstroom sakegemeenskap ingebring. [15]

Die 19de eeuse Verenigde Koninkryk was 'n vroeë moderne globale supermoondheid.

Moderne

Gedurende die 19de eeu het globalisering sy nuwe moderne baadjie begin aantrek wat 'n regstreeks uitvloeisel van die  Industriële Revolusie was. Die industrialisering het gehelp vir die gestandaardiseerde produksie van huishoudelike items, met die hulp van skaalvoordele, terwyl die snel ontwikkelende bevolkingsgroei vir 'n volhoubare aanvraag na produkte gesorg het. In die 19de eeu het die stoomskepe die kostes van internasionale reise aansienlik goedkoper gemaak, en die spoorlynstelsels het ook binnelandse reise bekostigbaar gemaak. Die globalisering van dié tyd is baie beslissend gevorm deur die 19de eeuse imperialisme in Afrika en Asië. 'n Volgende fase was die begin van behouering van skepe in 1965 wat die globalisering van handel 'n groot stap verder geneem het.[16][17]

Sedert die 1970's het lugvaart aansienlik goedkoper geword vir die middelklasburgers van ontwikkelde lande. 'n Beleid vir Laekosterederye het gehelp om die mark kompeterend te maak. In die 1990's het die groei in laekoste kommunikasienetwerke die kommunikasie tussen die verskillende lande meer toeganklik gemaak. Meer werk kon gedoen word met die hulp van rekenaars ongeag waarvandaan mens werk.

In die laat 19de eeu en vroeë 20ste eeu het die verbindingsskakels van die wêreld-ekonomieë- en kulture baie vinnig ontwikkel. Dit het vanaf 1910 afgeplat weens die twee wêreldoorloë en die Koue Oorlog,[18] maar weer in die 1980's en 1990's aan die gang gekom.[19] Die migrasie en beweging van mense kan ook as 'n prominente element in die globaliseringsproses uitgelig word. Die Internet is 'n baie belangrike faktor om mense wêreldwyd met mekaar in verbinding te bring. Sedert Junie 2012 gebruik meer as 2.4 miljard mense--meer as 'n derde van die wêreld se mensdom- die internet.[20][21]

Other Languages
Alemannisch: Globalisierung
aragonés: Globalización
العربية: عولمة
asturianu: Globalización
azərbaycanca: Qloballaşma
башҡортса: Глобалләшеү
žemaitėška: Gluobalėzacėjė
беларуская: Глабалізацыя
беларуская (тарашкевіца)‎: Глябалізацыя
български: Глобализация
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: বিশ্বায়ন
brezhoneg: Bedeladur
bosanski: Globalizacija
کوردی: جیھانگیری
čeština: Globalizace
Cymraeg: Globaleiddio
English: Globalization
Esperanto: Tutmondiĝo
español: Globalización
euskara: Globalizazio
føroyskt: Alheimsgerð
français: Mondialisation
Gaeilge: Domhandú
ગુજરાતી: વૈશ્વિકરણ
हिन्दी: वैश्वीकरण
Fiji Hindi: Vaisvikaran
hrvatski: Globalizacija
հայերեն: Գլոբալացում
Bahasa Indonesia: Globalisasi
Ilokano: Globalisasion
íslenska: Hnattvæðing
italiano: Globalizzazione
Basa Jawa: Globalisasi
қазақша: Жаһандану
ಕನ್ನಡ: ಜಾಗತೀಕರಣ
한국어: 세계화
къарачай-малкъар: Глобализация
Кыргызча: Глобалдашуу
Latina: Globalizatio
Lëtzebuergesch: Globaliséierung
Limburgs: Globalisering
lietuvių: Globalizacija
latviešu: Globalizācija
Malagasy: Fanatontoloana
македонски: Глобализација
монгол: Даяарчлал
Bahasa Melayu: Globalisasi
Mirandés: Globalizaçon
नेपाल भाषा: हलिमिकरण
Nederlands: Mondialisering
norsk nynorsk: Globalisering
occitan: Globalizacion
ਪੰਜਾਬੀ: ਸੰਸਾਰੀਕਰਨ
polski: Globalizacja
Piemontèis: Mondialisassion
português: Globalização
română: Globalizare
русский: Глобализация
русиньскый: Ґлобалізація
संस्कृतम्: वैश्वीकरणम्
саха тыла: Глобализация
srpskohrvatski / српскохрватски: Globalizacija
Simple English: Globalization
slovenčina: Globalizácia
slovenščina: Globalizacija
српски / srpski: Глобализација
Basa Sunda: Globalisasi
svenska: Globalisering
Kiswahili: Utandawazi
తెలుగు: ప్రపంచీకరణ
тоҷикӣ: Ҷаҳонишавӣ
Tagalog: Globalisasyon
Türkçe: Küreselleşme
татарча/tatarça: Глобальләшү
українська: Глобалізація
Tiếng Việt: Toàn cầu hóa
Winaray: Globalisasyon
吴语: 全球化
中文: 全球化
Bân-lâm-gú: Choân-kiû-hòa
粵語: 全球化