Germaanse tale | geskiedenis

Geskiedenis

Geskrifte en skryfstelsels

Die uitbreiding van die Germaanse stamme tussen 750 v.C. en 1 n.C. (volgens die Penguin Atlas of World History 1988):

   Nedersettings voor 750 v.C.

   Nuwe nedersettings omtrent 500 v.C.

   Nuwe nedersettings omtrent 250 v.C.

   Nuwe nedersettings omtrent 1 n.C.

Geskatte verspreiding van Oud-Noors en verwante tale in die vroeë 10de eeu:

   Oud-Wes-Noors

   Oud-Oos-Noors

   Oud-Goties

   Oud-Engels (Wes-Germaans)

   Kontinentale Wes-Germaanse tale

   Krim-Goties (Oos-Germaans)

   Nederlands (Wes-Germaans)

   Nederduits Wes-Germaans)

   Middelduits (Wes-Germaans)

   Opperduits (Wes-Germaans)

   Anglies (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

   Fries (Anglo-Fries, Wes-Germaans)

   Oos-Noord-Germaans

   Wes-Noord-Germaans

   Lyn wat die Noord- en Wes-Germaanse tale skei.

Die vroegste getuienis van Germaans is afkomstig van name wat in die 1ste eeu deur Tacitus opgeneem is, en in 'n enkele geval in die 2de eeu v.C., op die Negauhelm. Rofweg van ongeveer die 2de eeu het sprekers van die vroeë Germaanse variëteite die Elder Futhark, 'n vroeë vorm van die runiese alfabet, ontwikkel. Vroeë runiese inskripsies is ook meestal beperk tot persoonlike name en is moeilike om te ontsyfer. Die Gotiese taal is geskryf met die Gotiese alfabet wat deur Biskop Ulfilas vir sy vertaling van die Bybel in die 4de eeu ontwikkel is. Later het Christen priesters en monnike, wat benewens hulle eie Germaanse tale Latyn kon praat en skryf, begin om die Germaanse tale met effens aangepaste Latynse letters te skryf. Die runiese alfabets het egter deur die hele Wiking-tydperk, in algemene gebruik in Skandinawië gebly.

Benewens die standaard Latynse alfabet, het verskillende Germaanse tale 'n verskeidenheid van aksenttekens en ekstra letters gebruik, insluitend umlauts, die ß (Eszett), IJ, Ø, Æ, Å, Ð, Ȝ, en Þ en Ƿ, afkomstige uit die runiese letters. Historiese gedrukte Duits is gereeld in Gotiese skrif lettertipes gedruk (b.v. fraktur of schwabacher).

Ontwikkeling

Daar word gemeen dat alle Germaanse tale afstam van 'n hipotetiese Proto-Germaanse taal, verenig daardeur dat hulle almal die Eerste Germaanse klankverskuiwing beskryf deur Grimm en Verner se wette. Dit het waarskynlik tydens die Voor-Romeinse Ystertydperk van Noordelike Europa van omtrent 500 v.C. plaasgevind, maar ander algemene innovasies wat Germaans van Proto-Indo Europees skei dui op 'n gemene geskiedenis van voor-Proto-Germaanse sprekers deur die hele Nordiese Bronstydperk.

Van die vroegste attestasie van die Germaanse variëteite is dit in drie groepe verdeel: Wes-, Oos- en Noord-Germaans. Die presiese verwantskap tussen die groepe is moeilik bepaalbaar uit die gebrekkige getuienis van runiese inskripsies, en hulle het onderling verstaanbaar gebly deur die hele Migrasie-tydperk wat meebring dat dit moeilik is om die individuele variëteite te klassifiseer.

Die 6de eeuse Langobardies kan byvoorbeeld oorspronklik 'n Noord- of Oos-Germaanse variëteit gewees het wat in Wes-Germaans as opgeneem is toe die Lombarde hulle by die Elbe gevestig het. Die Westelike groep sou in die laat Jastorf kultuur gevorm het. Die Oostelike groep mag afgelei wees van die 1ste eeuse variëteit van Gotland, waarna dit suidelike Swede as die oorspronklike ligging van die Noordelike groep verlaat het. Die vroegste koherente Germaanse teks wat behoue gebly is die 4de eeuse Gotiese vertaling van die Nuwe Testament deur Ulfilas. Vroeë getuienis van Wes-Germaans is in Oud-Hoogduits en Oud-Engels van omtrent die 9de eeu en Oud-Nederlands van omtrent die 6de eeu. Noord-Germaans is slegs geattesteer in verspreide runiese inskripsies as Proto-Noors, totdat dit in Oud-Noors ontwikkel het in omtrent 800.

Langer runiese inskripsies bly behoue uit die 8ste en eeue ( Eggjumsteen, Röksteen), langer tekste in die Latynse alfabet uit die 12de eeu ( Íslendingabók), en skaldiese digkuns beskou as so vroeg as uit die 9de eeu.

Teen omtrent die 10de eeu het die variëteite genoeg gedivergeer om onderlinge verstaanbaarheid moeilik te maak. Die linguistieke kontak van die Wiking setlaars van die Danelaw met die Anglo-Sakse het spore in die Engelse taal gelaat, en daar word vermoed dat dit bygedra het tot die ineenstorting van Oud-Engelse grammatika wat gelei het tot die Middel-Engels van die 12de eeu.

Die Oos-Germaanse tale is teen die einde van die Migrasietydperk gemarginaliseer. Die Boergondiërs, Gote en Vandale is taalkundig geassimileer in hulle onderskeie bure teen omtrent die 7de eeu, met slegs Krim-Goties wat tot die 18de eeu bly voortbestaan het.

Gedurende die vroeë Middeleeue is die Wes-Germaanse tale geskei deur die insulêre ontwikkelings van Middel-Engels aan die een kant en deur die Hoogduitse klankverskuiwing op die Europese kontinent aan die ander kant wat gelei het tot die ontstaan van Opperduits en Nedersaksies, met verskillende intermediêre Middelduitse variëteite. Teen die vroeë moderne tyd het aansienlike verskille ontwikkel wat wissel van Hoogste-Alemannies in die Suide tot Noordelike Nedersaksies in die Noorde, en alhoewel beide ekstreme as Duits beskou word, is hulle beswaarlik onderling verstaanbaar. Die mees suidelike variëteite het die tweede klank verskuiwing voltooi terwyl die noordelike varieëteite ongeaffekteer deur die klankverskuiwing gebly het.

Die Noord-Germaanse tale het daar teenoor meer verenig gebly met 'n hoë mate van onderling verstaanbaarheid self in die moderne tyd tussen die groter tale soos Deens, Noors en Sweeds.

Other Languages
العربية: لغات جرمانية
azərbaycanca: German dilləri
تۆرکجه: ژرمن دیللری
беларуская: Германскія мовы
беларуская (тарашкевіца)‎: Германскія мовы
български: Германски езици
brezhoneg: Yezhoù germanek
dolnoserbski: Germaniske rěcy
føroyskt: Germansk mál
Nordfriisk: Germaans spriaken
客家語/Hak-kâ-ngî: German Ngî-chhu̍k
hornjoserbsce: Germanske rěče
interlingua: Linguas germanic
Bahasa Indonesia: Rumpun bahasa Jermanik
한국어: 게르만어파
kernowek: Yethow germanek
Кыргызча: Герман тилдери
Lëtzebuergesch: Germanesch Sproochen
Lingua Franca Nova: Linguas germanica
Limburgs: Germaanse taole
lietuvių: Germanų kalbos
македонски: Германски јазици
Bahasa Melayu: Rumpun bahasa Germanik
مازِرونی: ژرمنی
Plattdüütsch: Germaansche Spraken
Nedersaksies: Germaanse taelen
Nederlands: Germaanse talen
norsk nynorsk: Germanske språk
Papiamentu: Lenganan german
Piemontèis: Lenghe germàniche
română: Limbi germanice
русиньскый: Ґерманьскы языкы
davvisámegiella: Germánalaš gielat
srpskohrvatski / српскохрватски: Germanski jezici
Simple English: Germanic languages
slovenčina: Germánske jazyky
slovenščina: Germanski jeziki
српски / srpski: Германски језици
Kiswahili: Kigermanik
Tok Pisin: Ol tok Siamanik
Türkçe: Cermen dilleri
українська: Германські мови
oʻzbekcha/ўзбекча: German tillari
Tiếng Việt: Ngữ tộc German
West-Vlams: Germaansche toaln
Bân-lâm-gú: German gí-cho̍k