Zürich

Zürich
ZurichMontage.jpg

KaartWapen
Karte Gemeinde Zürich 2007.png
Wappen Stadt Zürich.svg
Vlag
Zürich-drapeau.svg
 LandFlag of Switzerland.svg Switserland
 KantonWappen Zürich matt.svg Zürich
 Koördinate47°22′N 08°32′O / 47°22′N 08°32′O / 47.367; 8.533
 Stigting1ste eeu v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal91,88 vk km
 Hoogte bo seevlak408 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2014)404 783[1]
 - Bevolkingsdigtheid4 405,6/vk km
 TydsoneUTC+1 (MET)
 Klimaat[2] 
 - TipeGematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur7,8 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie-1,2 / 16,9 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae1 020 mm
 StadspresidentCorine Mauch
 Amptelike webwerfStadt Zürich

Zürich (Frans: Zurich, Italiaans: Zurigo, Romansch: Turitg) is die grootste stad en ekonomiese sentrum van Switserland met 'n bevolking van 404 783 (soos op 31 Desember 2014) binne die stadsgrense. Sowat 1,9 miljoen of byna 'n kwart van die totale Switserse bevolking is in die groter metropolitaanse gebied van Zürich (Metropolraum Zürich) saamgetrek.[3]

Zürich is die ekonomiese, wetenskaplike en maatskaplike spilpunt van Switserland. Die stad is in die oostelike Switserse Middelland-streek geleë en fungeer as die hoofstad van die gelyknamige kanton. Die belangrikste internasionale lughawe van Switserland, Zürich-Kloten, is naby die stad geleë en maak van die stad, net soos sy hoofstasie, 'n internasionale vervoerspilpunt. Danksy sy ligging aan die Zürichmeer, sy goed bewaarde historiese stadskern, sy ryk kultuurlewe en sy polsende naglewe is Zürich ook 'n eersterangse toeristetrekpleister in Switserland.

In die Romeinse tydperk het die stad onder sy Latynse naam Turicum bekend gestaan, terwyl dit in die plaaslike Duits-Alemanniese dialek Züri genoem word. Zürich het van 'n Romeinse militêre basis tot 'n belangrike nedersetting gegroei wat in 1262 die status van "Vrye Ryksstad" verwerf het en in 1351 by die Switserse Konfederasie aangesluit het. In die tydperk van die Protestantse Hervorming het die kerkhervormer Ulrich Zwingli sy invloed op die godsdienstige lewe laat geld. So het die Reformasie in Switserland sy aanvang in 1523 in Zürich geneem.

In die 19de eeu het die nywerheidsomwenteling van Zürich die ekonomiese metropool van Switserland gemaak. Die eerste Switserse spoorlyn, wat die stad met Baden verbind het, is hier in 1847 ingewy. Dertig jaar later het Zürich se effektebeurs, tans een van die vernaamstes ter wêreld, sy deure geopen. Danksy talle groot banke (waaronder UBS en Credit Suisse) en versekerings (Zürich Insurance Group en Swiss Re) wat hier hulle hoofkwartiere het, het Zürich tot een van die wêreld se voorste finansiële sentrums ontwikkel.

Zürich is daarnaas die tweede belangrikste sentrum van die internasionale goudhandel. 'n Groot getal media-ondernemings, waaronder Switserland se uitsaaikorporasie, het hul hoofkwartiere in Zürich. Ondanks sy relatief klein bevolking word Zürich derhalwe as een van die wêreldstede beskou en al jare lank as een van die stede met die hoogste lewensgehalte gelys, maar sedert 2012 ook as die duurste, nog voor Tokio en Genève.

Die kulturele lewe het sy hoogtepunt tydens die Eerste Wêreldoorlog bereik. Politieke vlugtelinge en kunstenaars van dwarsoor Europa het na die Switserse metropool gestroom, waaronder die Ierse skrywer James Joyce. Joyce het in 1915 vanuit Triest na Zürich verhuis en hier vier jaar lank gebly om die grootste deel van sy roman Ulysses te skryf. In 1940 het hy na Zürich teruggekeer. Hy is in die volgende jaar oorlede en op die plaaslike Fluntern-begraafplaas ter ruste gelê.

Zürich het in die oorlogsjare ook die bakermat van dadaïsme geword – 'n kunsstroming wat in die Cabaret Voltaire in Spiegelgasse ontstaan het.[4]

Other Languages
Akan: Zürich
Alemannisch: Zürich
አማርኛ: ዙሪክ
aragonés: Zúrich
Ænglisc: Turic
العربية: زيورخ
ܐܪܡܝܐ: ܬܣܝܪܝܟ
مصرى: زوريخ
asturianu: Zúrich
azərbaycanca: Sürix
تۆرکجه: زوریخ
Boarisch: Zirich
беларуская: Цюрых
беларуская (тарашкевіца)‎: Цюрых
български: Цюрих
বাংলা: জুরিখ
brezhoneg: Zürich
bosanski: Zürich
català: Zuric
Chavacano de Zamboanga: Zurich
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Zürich
нохчийн: Цюрих
čeština: Curych
Чӑвашла: Цюрих
Cymraeg: Zürich
dansk: Zürich
Deutsch: Zürich
dolnoserbski: Zürich
डोटेली: ज्युरिक
Ελληνικά: Ζυρίχη
English: Zürich
Esperanto: Zuriko
español: Zúrich
eesti: Zürich
euskara: Zürich
estremeñu: Zurich
فارسی: زوریخ
suomi: Zürich
français: Zurich
arpetan: Tsurique
Nordfriisk: Zürich
Gaeilge: Zürich
Gàidhlig: Zürich
galego: Zürich
客家語/Hak-kâ-ngî: Zürich
עברית: ציריך
हिन्दी: ज़्यूरिख़
hrvatski: Zürich
hornjoserbsce: Zürich
Kreyòl ayisyen: Zirik
magyar: Zürich
հայերեն: Ցյուրիխ
Bahasa Indonesia: Zürich
Interlingue: Zúrich
Ilokano: Zürich
Ido: Zürich
íslenska: Zürich
italiano: Zurigo
Basa Jawa: Zürich
ქართული: ციურიხი
қазақша: Цюрих
한국어: 취리히
Кыргызча: Цюрих
Latina: Turicum
Ladino: Zurich
Lëtzebuergesch: Zürich
Limburgs: Zeurich
lumbaart: Zürigh
lietuvių: Ciurichas
latviešu: Cīrihe
олык марий: Цӱрих
македонски: Цирих
മലയാളം: സൂറിച്ച്
монгол: Цюрих хот
मराठी: झ्युरिक
Bahasa Melayu: Zürich
မြန်မာဘာသာ: ဇူးရစ်ချ်မြို့
Dorerin Naoero: Zürich
Nāhuatl: Zurich
Napulitano: Zurigo
Plattdüütsch: Zürich
Nederlands: Zürich (stad)
norsk nynorsk: Zürich
norsk: Zürich
Novial: Zürich
Chi-Chewa: Zürich
occitan: Zuric
Ирон: Цюрих
ਪੰਜਾਬੀ: ਜ਼ਿਊਰਿਖ
Deitsch: Zurich
Pälzisch: Zürich
polski: Zurych
Piemontèis: Zurigh
پنجابی: زیورچ
پښتو: څوریخ
português: Zurique
Runa Simi: Zürich
rumantsch: Turitg
română: Zürich
русский: Цюрих
sicilianu: Zurìcu (citati)
Scots: Zürich
srpskohrvatski / српскохрватски: Zürich
Simple English: Zürich
slovenčina: Zürich
slovenščina: Zürich
shqip: Zyrihu
српски / srpski: Цирих
Basa Sunda: Zürich
svenska: Zürich
Kiswahili: Zürich
ślůnski: Zürich
தமிழ்: சூரிக்கு
тоҷикӣ: Зюрих
Tagalog: Zürich
Türkçe: Zürih
татарча/tatarça: Tsürix
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: سيۇرىخ
українська: Цюрих
اردو: زیورخ
oʻzbekcha/ўзбекча: Syurix
vèneto: Zurigo
vepsän kel’: Cürih
Tiếng Việt: Zürich
Volapük: Zürich
Winaray: Zurich
Wolof: Zurich
吴语: 苏黎世
მარგალური: ციურიხი
ייִדיש: ציריך
Yorùbá: Zürich
中文: 苏黎世
Bân-lâm-gú: Zürich
粵語: 蘇黎世