Ysland
English: Iceland

Ísland
Ysland
Vlag van YslandWapen van Ysland
VlagWapen
Volkslied: Lofsöngur
(Yslands vir: "Lofsang")
Ligging van Ysland
HoofstadReykjavik

64°08′N 21°56′W / 64°08′N 21°56′W / 64.133; -21.933

Grootste stadReykjavik
Amptelike taleYslands
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Guðni Th. Jóhannesson
Katrín Jakobsdóttir
Onafhanklikheid
Vorming
• Vestiging
• Yslandse Statebond
• Unie met Noorweë
• Deense monargie
• Eerste grondwet
• Koninkryk
• Republiek


9de eeu
9301262
12621814
13801944
5 Januarie 1874
1 Desember 1918
17 Junie 1944
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
102 775[1] km2  (106de)
39 682 myl2
2,7
Bevolking
 - 6 November 2018-skatting
 - Digtheid
 
355 620[2] (172ste)
3,2 / km2 (233ste)
8,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$17,728 miljard[3] (142ste)
$52 150[3] (18de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$24,848 miljard[3]
$73 092[3] (6de)

MOI (2015)Green Arrow Up Darker.svg 0,921[4] (9de)  –  baie hoog
Gini (2015)23,6[5]() –  laag
GeldeenheidKróna (ISK)
Tydsone
 - Somertyd
WET (UTC±00)
nie toegepas nie (UTC±00)
Internet-TLD.is
Skakelkode+354

Ysland (Yslands: Ísland [ˈistlant]) is 'n Europese eilandnasie tussen Groenland en die vasteland van Europa. Met 'n oppervlakte van 102 775 vierkante kilometer en 'n bevolking van omtrent 350 000 is Ysland die kleinste en, vanweë sy ligging in die Noord-Atlantiese Oseaan ver van die Europese vasteland af, ook die mees geïsoleerde van die Nordiese of Skandinawiese lande. Sestig persent van die Yslandse bevolking is in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Reykjavik in die suidweste van die land gekonsentreer.

Die nuwe eiland Surtsey in 1963, sestien dae nadat 'n seevulkaan uitgebars en die eiland uit die see begin opstyg het

Ysland is die grootste vulkaaneiland ter wêreld, die tweede grootste eiland in Europa (ná Groot-Brittanje) en ook die mees ylbevolkte land van Europa.[6] Alhoewel Ysland in politieke opsig deel uitmaak van Europa, lê die eiland op die geologiese grenslyn tussen Europa en Noord-Amerika, die Mid-Atlantiese Rug (MAR). Ysland het sy ontstaan dan ook aan vulkaniese uitvloeisels van hierdie rif te danke. Die aardkors breek hier op en die rif groei nog steeds jaarliks met enkele sentimeters.

'n Gordel van onlangs aktiewe vulkane en breuke in die aardkors loop dwarsdeur die eiland, van Axafjördur in die noorde tot by die eilandgroep Vestmannaeyjar in die suide. 'n Vertakking van hierdie gordel loop tot by Reykjanes, terwyl die skiereiland Snæfellsnes in Wes-Ysland deur 'n vulkaniese buitesone omring word. In die afgelope 1100 jaar sedert die Noorse volksplanting op die eiland was daar tussen 150 en 200 vulkaanuitbarstings in die aktiewe sones, en op sommige plekke het selfs aansienlike vulkaankeëls gevorm.

Die vulkaan Hekla in die suidweste het in die tydperk tussen 1100 en 1970 ten minste vyftien keer uitgebars. Gedurende argeologiese opgrawings is vroeë boerderye ontdek wat onder Hekla se aswolke begrawe was. 'n Hewige uitbarsting in die jaar 1783 het weiland en vee grootskaals verniel en in die hongersnood, wat op die natuurramp gevolg het, het sowat 'n kwart van die destydse Yslandse bevolking gesterf. Onlangse vulkaanuitbarstings het onder meer in 1963 'n nuwe eiland, Surtsey, langs die suidweskus laat ontstaan, terwyl die stad Vestmannaeyjar-Karpstadur op die nabygeleë eiland Heimaey net tien jaar later gedeeltelik verwoes is.

Ysland was onbewoon tot teen die 9de eeu, toe Kelties-Britanniese en Wiking-setlaars hulle as boere op die eiland gevestig het. Ysland het die langste demokratiese tradisie van alle lande ter wêreld met 'n vroeë parlement, die Alþingi, wat uit die jaar 930 dateer.

Ysland was aanvanklik 'n Noorse besitting en het later 'n deel van die Deense koninkryk gevorm. In 1918 het die land 'n selfregerende gebied geword en in 1944 'n onafhanklike republiek met 'n direk verkose president. Die land is lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).

In ekonomiese opsig het die land van 'n geïsoleerde agrariese gemeenskap tot 'n hoëtegnologie-ekonomie ontwikkel wat vir sy burgers 'n baie hoë lewenstandaard verseker.

Other Languages
Аҧсшәа: Исландиа
Acèh: Islandia
Akan: Iceland
Alemannisch: Island
አማርኛ: አይስላንድ
aragonés: Islandia
Ænglisc: Īsland
العربية: آيسلندا
asturianu: Islandia
Aymar aru: Islandiya
azərbaycanca: İslandiya
تۆرکجه: ایسلند
башҡортса: Исландия
Boarisch: Island
žemaitėška: Islandėjė
Bikol Central: Islanda
беларуская: Ісландыя
беларуская (тарашкевіца)‎: Ісьляндыя
български: Исландия
भोजपुरी: आइसलैंड
Bislama: Iceland
bamanankan: Aisland
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: আইসল্যান্ড
brezhoneg: Island
bosanski: Island
буряад: Исланд
català: Islàndia
Chavacano de Zamboanga: Islandia
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Bĭng-dō̤
нохчийн: Исланди
Cebuano: Islandya
Chamoru: Islandia
کوردی: ئایسلەند
corsu: Islanda
qırımtatarca: İslandiya
čeština: Island
kaszëbsczi: Islandëjô
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Исландъ
Чӑвашла: Исланди
Cymraeg: Gwlad yr Iâ
dansk: Island
Deutsch: Island
Zazaki: İslanda
dolnoserbski: Islandska
डोटेली: आइसल्याण्ड
ދިވެހިބަސް: އައިސްލަންޑަން
eʋegbe: Iceland
Ελληνικά: Ισλανδία
emiliàn e rumagnòl: Islanda
English: Iceland
Esperanto: Islando
español: Islandia
eesti: Island
euskara: Islandia
estremeñu: Islándia
فارسی: ایسلند
Fulfulde: Islannda
suomi: Islanti
Võro: Island
føroyskt: Ísland
français: Islande
arpetan: Islande
Nordfriisk: Islönj
furlan: Islande
Frysk: Yslân
Gaeilge: An Íoslainn
Gagauz: İslandiya
Gàidhlig: Innis Tìle
galego: Islandia
Avañe'ẽ: Iylanda
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: आइसलँड
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌴𐌹𐍃𐌰𐌻𐌰𐌽𐌳
ગુજરાતી: આઈસલેંડ
Gaelg: Yn Eeslynn
Hausa: Ayislan
客家語/Hak-kâ-ngî: Pên-tó
Hawaiʻi: ʻĀina Hau
עברית: איסלנד
हिन्दी: आइसलैण्ड
Fiji Hindi: Iceland
hrvatski: Island
hornjoserbsce: Islandska
Kreyòl ayisyen: Islann
magyar: Izland
հայերեն: Իսլանդիա
interlingua: Islanda
Bahasa Indonesia: Islandia
Interlingue: Island
Igbo: Iceland
Ilokano: Islandia
Ido: Islando
íslenska: Ísland
italiano: Islanda
Patois: Aislan
la .lojban.: island
Jawa: Èslan
ქართული: ისლანდია
Qaraqalpaqsha: İslandiya
Taqbaylit: Island
Адыгэбзэ: Ислэнд
Kabɩyɛ: Isilandɩ
Kongo: Islande
қазақша: Исландия
kalaallisut: Islandi
ភាសាខ្មែរ: ប្រទេសអាយឡែន
한국어: 아이슬란드
Перем Коми: Исланд
къарачай-малкъар: Исландия
kurdî: Îslenda
kernowek: Island
Кыргызча: Исландия
Latina: Islandia
Ladino: Islandia
Lëtzebuergesch: Island
лезги: Исландия
Lingua Franca Nova: Island
Luganda: Isilandi
Limburgs: Iesland
Ligure: Islanda
lumbaart: Islanda
lingála: Islandi
لۊری شومالی: ایسلند
lietuvių: Islandija
latgaļu: Īslandeja
latviešu: Islande
मैथिली: आइसलैंड
мокшень: Исланда
Malagasy: Islandy
олык марий: Исландий
Māori: Tiorangi
македонски: Исланд
മലയാളം: ഐസ്‌ലാന്റ്
монгол: Исланд
मराठी: आइसलँड
Bahasa Melayu: Iceland
Malti: Iżlanda
Mirandés: Eislándia
မြန်မာဘာသာ: အိုက်စလန်နိုင်ငံ
مازِرونی: ایسلند
Dorerin Naoero: Aiterand
Plattdüütsch: Iesland
Nedersaksies: Ieslaand
नेपाली: आइसल्याण्ड
Nederlands: IJsland
norsk nynorsk: Island
norsk: Island
Novial: Islande
Nouormand: Islaunde
Diné bizaad: Tin Kéyah
occitan: Islàndia
Livvinkarjala: Islandii
Oromoo: Aayislaandi
Ирон: Исланди
ਪੰਜਾਬੀ: ਆਈਸਲੈਂਡ
Pangasinan: Island
Kapampangan: Islandya
Papiamentu: Islandia
Picard: Islinde
पालि: आइसलैंड
Norfuk / Pitkern: Iseland
polski: Islandia
Piemontèis: Islanda
پنجابی: آئس لینڈ
Ποντιακά: Ισλανδία
پښتو: آیسلنډ
português: Islândia
Runa Simi: Islandya
rumantsch: Islanda
română: Islanda
armãneashti: Islanda
tarandíne: Islanne
русский: Исландия
русиньскый: Ісландія
Kinyarwanda: Isilande
संस्कृतम्: आइसलैंड
саха тыла: Исландия
sardu: Islanda
sicilianu: Islandia
Scots: Iceland
سنڌي: آئس لينڊ
davvisámegiella: Islánda
Sängö: Islânde
srpskohrvatski / српскохрватски: Island
Simple English: Iceland
slovenčina: Island
slovenščina: Islandija
Gagana Samoa: Aiselani
chiShona: Iceland
Soomaaliga: Ayslaan
shqip: Islanda
српски / srpski: Исланд
Sranantongo: Islenikondre
SiSwati: Echweni
Sesotho: Iceland
Seeltersk: Ieslound
Basa Sunda: Islandia
svenska: Island
Kiswahili: Iceland
ślůnski: Islandyjo
తెలుగు: ఐస్‌లాండ్
tetun: Izlándia
тоҷикӣ: Исландия
Türkmençe: Islandiýa
Tagalog: Iceland
Tok Pisin: Aislan
Türkçe: İzlanda
Xitsonga: Iceland
татарча/tatarça: Исландия
chiTumbuka: Iceland
тыва дыл: Исландия
удмурт: Исландия
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: ئىسلاندىيە
українська: Ісландія
اردو: آئس لینڈ
oʻzbekcha/ўзбекча: Islandiya
vèneto: Islanda
vepsän kel’: Islandii
Tiếng Việt: Iceland
West-Vlams: Ysland
Volapük: Lisladeän
walon: Izlande
Winaray: Islandya
Wolof: Islaand
吴语: 冰岛
მარგალური: ისლანდია
ייִדיש: איסלאנד
Yorùbá: Íslándì
Vahcuengh: Binghdauj
Zeêuws: Iesland
中文: 冰岛
文言: 冰島
Bân-lâm-gú: Peng-tó
粵語: 冰島
isiZulu: I-Ayisilandi