Xinjiang

Verspreiding van etniese groepe in Xinjiang, Volksrepubliek China
Ligging van die Outonome Gewes Xinjiang (Oeigoer) in China
Verspreiding van taalfamilies in Xinjiang, Volksrepubliek China
Vlag van Oos-Turkestan en die Oeigoere, Kök Bayraq ("blou banier")

Xinjiang (Oeigoers: شىنجاڭ, Shinjang; Chinees: 新疆; pinyin: Xīnjiāng), amptelik die Xinjiang Oeigoer Outonome Gewes, is 'n outonome gewes in die noordweste van die Volksrepubliek China. Die bevolking is in 2014 op 22 980 000 geskat. Die administratiewe gebied van die gewes strek oor 'n oppervlakte van 1 664 897 vierkante kilometer. Die hoofstad en grootste stad is Ürümqi.

Xinjiang grens in die suidooste aan die outonome gewes Tibet, in die ooste aan die provinsies Qinghai en Gansu, in die noordooste aan Mongolië, in die noorde aan Rusland, in die noordweste aan Kasakstan en Kirgisië, in die weste aan Tadjikistan en Afghanistan asook in die suidweste aan Pakistan en Indië. Die gebergtes Karakoram, Kunlun Shan en Tian Shan vorm die grense in die weste en suide.

Die gebied is die tuiste van die Oeigoere, 'n Turkse volk in Sentraal-Asië. Hulle is aan ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Kasakke, Kirgisiërs, Oesbeke, Turke en Turkmene verwant. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Turkestan, Oos-Turkmenistan of Oeigoeristan verwys. Die Oeigoere vorm met 46,4% die grootste etniese groep van die streek, gevolg deur Han-Chinese met 39%, Kasakke met 7% en Hui-Chinese met 4,5%.[1] Die Oeigoere ervaar die Chinese bewind as verdrukkend. Massale immigrasie van etniese Han-Chinese is egter besig om die inheemse bevolking te verdring en hulle kultuur te vernietig.[2]

Verwysings

  1. (en) Xinjiang 新疆”. The China Story. Australian Centre on China in the World: 2 Augustus 2012. URL besoek op 19 Junie 2016.
  2. (af) Beijing vrees onrus onder minderhede”. Die Burger: 5 Junie 1996.
Other Languages
Acèh: Xinjiang
አማርኛ: ሢንጅያንግ
aragonés: Xīnjiāng
العربية: سنجان
asturianu: Sinkiang
беларуская (тарашкевіца)‎: Сіньцьзян-Уйгурскі аўтаномны раён
भोजपुरी: जिनजियांग
brezhoneg: Xinjiang
ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ: Xinjiang Uyghur
català: Xinjiang
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Sĭng-giŏng
čeština: Sin-ťiang
Cymraeg: Xinjiang
dansk: Xinjiang
Deutsch: Xinjiang
dolnoserbski: Ujgurska
Ελληνικά: Σιντσιάνγκ
English: Xinjiang
Esperanto: Ŝjinĝjiango
español: Sinkiang
eesti: Xinjiang
euskara: Xinjiang
suomi: Sinkiang
føroyskt: Xinjiang
français: Xinjiang
Frysk: Sinkiang
Gaeilge: Xinjiang
贛語: 新疆
galego: Xinjiang
Gaelg: Xinjiang
客家語/Hak-kâ-ngî: Sîn-kiông
עברית: שינג'יאנג
हिन्दी: शिंजियांग
hrvatski: Xinjiang
hornjoserbsce: Ujgurska
interlingua: Xinjiang
Bahasa Indonesia: Xinjiang
íslenska: Xinjiang
italiano: Xinjiang
Basa Jawa: Xinjiang
ქართული: სინძიანი
Latina: Xinjiang
Ladino: Sinkiang
Lingua Franca Nova: Xinjiang
lietuvių: Sindziangas
latviešu: Siņdzjana
Malagasy: Xinjiang
മലയാളം: സിൻജിയാങ്
Bahasa Melayu: Xinjiang
Nederlands: Xinjiang
norsk nynorsk: Xinjiang
norsk: Xinjiang
Novial: Xinjiang
occitan: Xinjiang
ਪੰਜਾਬੀ: ਸ਼ਿਨਚਿਆਂਙ
polski: Sinciang
پنجابی: شینجیانگ
português: Xinjiang
Runa Simi: Sinkiyan Uyq'ur
română: Xinjiang
саха тыла: Синдьээҥ
sicilianu: Xinjiang
Scots: Xinjiang
davvisámegiella: Nuorta-Turkestan
srpskohrvatski / српскохрватски: Xinjiang
Simple English: Xinjiang
slovenčina: Sin-ťiang
shqip: Sinkiang
српски / srpski: Синкјанг
Basa Sunda: Sinjiang
svenska: Xinjiang
ślůnski: Siynciyan
Tagalog: Xinjiang
اردو: سنکیانگ
oʻzbekcha/ўзбекча: Sinszyan-Uygʻur muxtor rayoni
vèneto: Xinjiang
Tiếng Việt: Tân Cương
Winaray: Xinjiang
хальмг: Шинҗән
粵語: 新疆