Xhosas

Xhosas
Nelson Mandela.jpgSthAfrica.ThaboMbeki.01.jpgArchbishop-Tutu-medium.jpgSteveBiko DaanWildschut.jpg
Nelson MandelaThabo MbekiDesmond TutuSteve Biko
Totale bevolking:8 104 752 (2011-sensus)
Belangrike bevolkings  in:2001-skattings:

Oos-Kaap: 5 092 152
Wes-Kaap: 1 403 233
Gauteng: 796 841
Vrystaat: 201 145
KwaZulu-Natal: 340 832

Taal:Xhosa (baie praat ook Zoeloe, Engels en/of Afrikaans)
Geloofsoortuiging:Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe:Nguni-stam, Basotho, Zoeloes, Khoisan

Die Xhosas (Xhosa: amaXhosa [kǁʰɔ́ːsa] ) is 'n etniese groep van Suid-Afrika wat die Xhosataal praat en histories in die Oos-Kaap[1] gewoon het maar nou ook elders in Suid-Afrika woon, veral in Gauteng en die Wes-Kaap.

Xhosavroue in tradisionele drag.

Die Xhosas word verdeel in 'n aantal subgroepe met verwante, maar afsonderlike erfenisse. Die hoof subgroepe is die Bhaca, Bomvana, Hlubi, Mfengu, Mpondo, Mpondomise, Xesibe, en Thembu.[2] Daar word gemeen dat die naam "Xhosa" afkomstig is van 'n legendariese leier genaamd uXhosa. Daar is ook 'n teorie dat die woord xhosa afkomstig is van 'n woord in 'n Khoikhoi of San taal wat "kwaai" of "kwaad" beteken. Die Xhosas verwys na hulleself as amaXhosa en na hulle taal as isiXhosa.

Tans is daar ongeveer 8 miljoen Xhosas wat oor Suid-Afrika versprei is en Xhosa is Suid-Afrika se tweede mees algemene huistaal, naas Zoeloe, waaraan Xhosa nou verwant is. Voor 1994 is Xhosas soos ander swart bevolkingsgroepe in Suid-Afrika onder die Apartheidstelsel van hulle burgerskap ontneem en was hulle veronderstel om in die Transkei en Ciskei tuislande (nou beide deel van die Oos-Kaapprovinsie) selfbeskikking te bereik. Baie Xhosas woon vandag in Kaapstad, Oos-Londen en Port Elizabeth.

Teen 2003 het die meerderheid Xhosasprekers, ongeveer 5,3 miljoen, steeds in die Oos-Kaap gebly, gevolg deur die Wes-Kaap (ongeveer 1 miljoen), Gauteng (671 045), die Vrystaat (246 192), KwaZulu-Natal (219 826), Noordwes (214 461), Mpumalanga (46 553), die Noord-Kaap (51 228) en Limpopo (14 225).[3]

Other Languages
العربية: كوسيون
беларуская: Коса
български: Кхоса
brezhoneg: Xhosa (pobl)
català: Xoses
čeština: Xhosové
Cymraeg: Xhosa (pobl)
dansk: Xhosa
Deutsch: Xhosa (Volk)
Ελληνικά: Κόσα
English: Xhosa people
Esperanto: Kosoj
español: Xhosa
euskara: Xhosa
suomi: Xhosat
français: Xhosas (peuple)
galego: Pobo xosa
hrvatski: Xhosa
italiano: Xhosa
日本語: コサ人
Kabɩyɛ: Sosa
한국어: 코사족
лакку: Коса
latviešu: Kosi
кырык мары: Косавлӓ
Nederlands: Xhosa (volk)
norsk nynorsk: Xhosaer
norsk: Xhosa
polski: Xhosa
português: Xhosa
русский: Коса (народ)
Scots: Xhosa fowk
srpskohrvatski / српскохрватски: Xhosa
Simple English: Xhosa people
svenska: Xhosa (folk)
Kiswahili: Waxhosa
українська: Коса (народ)
isiXhosa: AmaXhosa
中文: 科薩人