World Economic Forum

Kenteken van die World Economic Forum
Frederik Willem de Klerk en Nelson Mandela skud hande tydens die jaarlikse byeenkoms van die World Economic Forum in Davos, 1992

Die World Economic Forum (Wêreld Ekonomiese Forum – WEF) is 'n jaarlikse byeenkoms van die hoof- uitvoerende beamptes (HUBs) van die grootste maatskappye ter wêreld, internasionale politici (presidente, eerste ministers en ministers), intellektuele en joernaliste, altesaam sowat 2 500 persone. Die WEF organiseer jaarliks in die winter 'n jaarvergadering in Davos, Switserland, en diverse streekskonferensies wêreldwyd. Dit 'n invloedryke platform, aangesien die mees invloedryke persone, waaronder baie staatshoofde saamkom om die belangrikste hedendaagse en toekomstige wêreldprobleme te bespreek.

Die WEF is in 1971 gestig deur Klaus M. Schwab, 'n Switserse hoogleraar en sakeman. Die hoofkantoor is gevestig in Genève waar dit geregistreer is as 'n nie-winsgewende stigting. Hier werk rondom die 400 mense van meer as 50 nationaliteite.

Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Сусьветны эканамічны форум
Bahasa Indonesia: Forum Ekonomi Dunia
Lingua Franca Nova: Foro Economial Mundial
Bahasa Melayu: Forum Ekonomi Dunia
srpskohrvatski / српскохрватски: Svjetski ekonomski forum
Simple English: World Economic Forum