Wildebees

Wildebees
Tydperk: 2.5–0 m. jaar gelede
O
S
D
C
P
T
J
K
N
'n Blouwildebees in Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Subfamilie: Alcelaphinae
Genus: Connochaetes
Lichtenstein, 1812
Spesies

Connochaetes gnou – Swartwildebees
Connochaetes taurinus – Blouwildebees

'n Wildebees (Connochaetes) is 'n genus van ewehoewige soogdiere wat aan die familie van horingdraers (Bovidae) behoort. Die genus bestaan uit twee spesies:

Verspreiding: ██ Swartwildebees in geel ██ Blouwildebees in blou ██ Oorvleuelende verspreiding in bruin

Wildebeeste kom op die grasvlaktes van suidelike en oostelike Afrika voor. Die grootste kuddes word in die Serengeti-woestyn aangetref. Hulle migreer in droë tye na voedselryke gebiede en kan duisende kilometer per jaar aflê.

Wildebeeste word 1,15 tot 1,40 meter hoog (van die grond tot die skof) en weeg tussen 150 en 250 kg wanneer hulle volgroeid is. Hulle kan meer as 20 jaar oud word.

Die koeie kalf (skenk geboorte) in die somer. Die kalwers kan soms 10 minute na geboorte al saam met die kudde op die vlug slaan. Die teelseisoen begin direk na die koeie gekalf het. Die dominante bulle merk (en verdedig) hulle grondgebied met mis en urine.

Wildebeeste speel 'n belangrike rol in die ekostelsel. Hulle mis bemes die grond en hulle vertrap die plante wat tot nuwe groei lei. Hulle bied ook voedsel vir roofdiere soos leeus en hiënas.

Verskil tussen blou- en swartwildebeeste

Die blouwildebees se horings is buffelvormig (agtertoe en op), terwyl die swartwildebees se horings na vorentoe, af en dan op buig. Blouwildebeeste se sterte is donker, maar swartwildebeeste se sterte is perdagtig wit. Die maanhare van die blouwildebees hang plat, terwyl die swartwildebees se maanhare regop staan.

Other Languages
አማርኛ: ወንደቢ
العربية: نو (حيوان)
авар: Гну
azərbaycanca: Qnu
башҡортса: Гну
български: Гнута
brezhoneg: Gnou
català: Nyu
Cebuano: Connochaetes
čeština: Pakůň
dansk: Gnuer
Deutsch: Gnus
Ελληνικά: Γκνου
English: Wildebeest
Esperanto: Gnuo
español: Connochaetes
euskara: Ñu
فارسی: کل یالدار
suomi: Gnuut
français: Gnou
Gaeilge: Gnú
Gàidhlig: Wildebeest
galego: Ñu
हिन्दी: विल्डबीस्ट
hrvatski: Gnu
magyar: Gnú
interlingua: Gnu
Bahasa Indonesia: Wildebeest
Ido: Gnuo
italiano: Connochaetes
日本語: ヌー
ქართული: გნუ
қазақша: Гнулар
한국어: 누 (동물)
Кыргызча: Гну
лезги: Гну
lietuvių: Antilopės gnu
latviešu: Antilopes gnu
олык марий: Гну
Bahasa Melayu: Gnu
မြန်မာဘာသာ: ဆတ်ကျွဲ
Nederlands: Gnoes
norsk nynorsk: Gnu
norsk: Gnuer
Sesotho sa Leboa: Kgokong
polski: Gnu
پنجابی: جنگلی بینسا
português: Gnu
Runa Simi: Ñu
русский: Гну
srpskohrvatski / српскохрватски: Gnuovi
Simple English: Wildebeest
chiShona: Ngongoni
српски / srpski: Гну
svenska: Gnuer
Kiswahili: Nyumbu
Türkçe: Gnu
удмурт: Гну
українська: Гну
Tiếng Việt: Linh dương đầu bò
Winaray: Connochaetes
中文: 角马