Wikipedia:Voorbladartikel

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 355 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 63 935. Dus verskyn een uit elke 180 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

Belfast se stadsaal is in die neobarok-styl ontwerp en vanaf 1898 tot 1906 opgerig.

Belfast (Iers: Béal Feirste, letterlik: "monding van die sandbanke"; Skots: Bilfawst of Bilfaust; Skots-Gaelies: Beul Feirste) is die hoofstad en grootste stad van Noord-Ierland, een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk, met 'n oppervlak van 115 vierkante kilometer en 'n bevolking van 281 000 volgens die sensus van 2011 (333 871 ná die munisipale hervorming in 2015). Die metropolitaanse gebied van Belfast (Belfast Metropolitan Urban Area) het 'n bevolking van 641 638.

Die naam Belfast is afgelei van die Iers-Gaeliese Bél Feirste ("monding van die Farset", die Ierse term feirste verwys na 'n sandbank of 'n sanderige fjord). Die stad was oorspronklik teen die Farsetrivier geleë, maar intussen is die Lagan die belangrikste rivier van Belfast. Die Farsetrivier vloei tans onder High Street en het byna in vergetelheid geraak.

Die vroegste nedersettings in die gebied dateer uit die Bronstydperk. Vanaf die 18de eeu het Belfast tot 'n belangrike stedelike sentrum in Ierland gegroei wat vandag as die administratiewe hoofstad van Noord-Ierland dien. Die nywerheidsomwenteling het van die stad 'n belangrike industriële en handelspilpunt gemaak waaraan vanweë sy indrukwekkende 19de eeuse argitektuur die bynaam Athene van die Noorde gegee is, maar in die laat 20ste eeu het sy tradisionele nywerheidsbedrywe, waaronder skeepsbou, 'n groot mate van agteruitgang beleef.

Die politieke geskiedenis van Belfast is deur die konflik tussen die Protestantse en Rooms-Katolieke gemeenskappe oorheers waardeur die stad in "Protestantse" en "Katolieke" woongebiede verdeel is. Met die ondertekening van 'n vredesooreenkoms vir Noord-Ierland, die sogenaamde Goeie Vrydagooreenkoms van 10 April 1998, het die konflikpartye hul steun vir vreedsame ontwikkeling bevestig en sodoende die pad vir ekonomiese groei en die regenerasie van die middestad en die dokgebiede gebaan.

...lees verder
Die nasionale vlag van Australië.

Die nasionale vlag van Australië is amptelik op 3 September 1901 aanvaar. Die vlag vertoon ’n Blou Britse vaandel met die Ster van die Gemenebes onder die skildhoek en die vyf sterre van die Suiderkruis op die wapperkant.

Die vlag se oorspronklike ontwerp (met ’n sespuntige Ster van die Gemenebes) is in 1901 gekies uit inskrywings in ’n wêreldwye kompetisie wat gehou is nadat die Federasie op die been gebring is, en is vir die eerste keer op 3 September 1901 in Melbourne vertoon; hierdie datum is verklaar as die Australiese Nasionale Vlagdag. ’n Effens gewysigde ontwerp is in 1902 deur koning Edward VII goedgekeur. Oor die volgende paar jaar is die presiese spesifikasies van die vlag telkens gewysig, soms doelbewus en soms as gevolg van ’n misverstand. Die huidige spesifikasies is in 1934 in die staatskoerant gepubliseer en in 1954 is die vlag wetlik gedefinieer in die Vlagwet van 1953 en erken as die “Australiese Nasionale Vlag”.

Naas hierdie vlag is daar ook ander vlae wat Australië, sy mense en kernbedrywe van die regering verteenwoordig.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alexandrië - Alpe - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Brasilië - Bredasdorp - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Japan - Johannesburg - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Republiek Masedonië - Réunion - Reykjavik - Rio de Janeiro - Rusland - São Paulo - Senegal - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tahiti - Thailand - Tornado - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Waalse Gewes - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Buffel - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Swangerskap - Tierluislang - Ysbeer


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Apartheid - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boerekrygsgevangenes - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Duitse Demokratiese Republiek - Etruskers - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Khmer-ryk - Kosakke - Koue Oorlog - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Memphis (Egipte) - Middeleeuse kookkuns - Mongoolse Ryk - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Nikolaas II van Rusland - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Palmyra - Perikles - Plinius die ouere - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Helen Suzman - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

Twee Australiese rugbyspelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - All Blacks - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Marie Koopmans-De Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jode in Suid-Afrika - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Mabel Malherbe - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Oosters-Ortodokse Kerk - Paralimpiese Somerspele 2008 - Paryse Metro - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Seksualiteit in antieke Rome - Sider - Sisiliaanse Mafia - Skaak - Slawiese mitologie - Springbokke - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Tafeltennis - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Europa - Vlag van Indië - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Andromeda-sterrestelsel - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mars - Melkweg - Pluto - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Veranderlike ster


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Hardeskyf - Hernubare energie - Kamera - Laser - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.

Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Вікіпэдыя:Абраныя артыкулы
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: উইকিপিডিয়া:ফিচার নিবন্ধ
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Wikipedia:Bō̤-ciéng hō̤ ùng
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: विकिपीडिया:Boreantlim borim panam
客家語/Hak-kâ-ngî: Wikipedia:Thi̍t-set Thiàu-muk
kalaallisut: Wikipedia:Anbefalet
Plattdüütsch: Wikipedia:Uns Beste
Nedersaksies: Wikipedie:Etalazie
Nederlands: Wikipedia:Etalage
srpskohrvatski / српскохрватски: Wikipedia:Izabrani članci
oʻzbekcha/ўзбекча: Vikipediya:Tanlangan maqolalar