Wikipedia:Verifieerbaarheid

Die belangrikste faktor in 'n artikel se toevoeging tot Wikipedia is verifieerbaarheid, nie die waarheid nie. "Verifieerbaarheid" in hierdie geval beteken dat enige leser behoort na te kan gaan dat die inhoud van Wikipedia reeds in 'n betroubare bron gepubliseer is. Redigeerders behoort 'n betroubare bron vir aanhalings of enige ander materiaal wat bevraagteken word (of bevraagteken kan word) te verskaf. Sulke materiaal wat nie na 'n betroubare bron verwys nie, kan verwyder word.

Wikipedia:Verifieerbaarheid is 'n kernbeleid by Wikipedia. Die ander sluit in Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing en Wikipedia:Neutrale standpunt. Die beleid bepaal gesamentlik die tipe en kwaliteit van materiaal wat aanvaarbaar in Wikipedia-artikels is. Hulle moet nie afsonderlik van mekaar geïnterpreteer word nie en redigeerders behoort te probeer om hulself met al drie vertroud te maak.

Bewyslas

Vir hulp aangaande die korrekte aanhaling van bronne, sien gerus Wikipedia:Haal bronne aan.

Die bewyslas lê by die redigeerder wat inligting byvoeg of terugrol na dit verwyder is. Materiaal wat bevraagteken word, of wat bevraagteken kan word, benodig 'n betroubare bron. Die bron moet dan ook in die artikel genoem word. Aanhalings moet toegeken word. As daar vir die onderwerp van 'n artikel geen betroubare, derde-party bronne beskikbaar is nie, behoort Wikipedia nie 'n artikel daaroor te hê nie.

Enige wysiging wat nie na sy bronne verwys nie mag verwyder word, maar ander redigeerders mag beswaar daarteen hê indien hulle nie eers die kans gegun word om bronne te verskaf nie. Die materiaal wat bevraagteken word kan op die artikel se besprekingsblad gemeld word en die sjabloon daarby gevoeg word.

Waak daarteen om redigeerders te ontstel deur onverifieerbare inligting te lank in artikels te hou: sulke inligting verdien ook geen plek in artikels oor lewendige persone nie. Jimmy Wales, die stigter van Wikipedia, het die volgende te sê gehad: "I can NOT emphasize this enough. There seems to be a terrible bias among some editors that some sort of random speculative 'I heard it somewhere' pseudo information is to be tagged with a 'needs a cite' tag. Wrong. It should be removed, aggressively, unless it can be sourced. This is true of all information, but it is particularly true of negative information about living persons."[1]

Other Languages
Bahasa Indonesia: Wikipedia:Pemastian
Bahasa Melayu: Wikipedia:Pengesahan
Simple English: Wikipedia:Verifiability