Wetenskaplike metode

Die wetenskaplike metode is 'n sistematiese manier om kennis te versamel. Dit is gegrond op waarnemings, metings, voorspellinge, eksperimente, bevestiging en weerlegging.

Algemeen

Die konsekwente gebruik van die wetenskaplike metode onderskei die wetenskap van pseudo-wetenskap en ander vorms van kennisversameling. Die onderskeid tussen wetenskap en pseudo-wetenskap word ook die onderskeidingskriteria genoem en is daar uitgebreide verhandelings deur Karl Popper oor hierdie onderwerp geskryf.

Alle wetenskaplikes werk natuurlik nie op dieselfde manier om kennis uit te bou nie: sommige wetenskaplikes maak staat op inspirasie en insig, terwyl andere meer sistematies te werk gaan in hul ondersoeke. Die presiese manier waarop die wetenskaplike werkwyse uitgevoer word kan nie losgemaak word van die vakgebied en politieke konteks waarin dit uitgevoer word nie en die ekonomiese druk op die wetenskaplike kan ook nie buite rekening gelaat word nie.

Wetenskaplikes is dit eens dat die wetenskaplike metode se belangrikste rol is om seker te maak dat die versamelde kennis vry is van subjektiewe invloede en om foute daarin op te spoor.

Other Languages
العربية: منهج علمي
беларуская: Навуковы метад
беларуская (тарашкевіца)‎: Навуковы мэтад
български: Научен метод
bosanski: Naučna metoda
čeština: Vědecká metoda
Esperanto: Scienca metodo
فارسی: روش علمی
Հայերեն: Մեթոդ
interlingua: Methodo scientific
Bahasa Indonesia: Metode ilmiah
Interlingue: Method scientific
日本語: 科学的方法
Basa Jawa: Métodhe èlmiah
қазақша: Ғылыми әдіс
한국어: 과학적 방법
македонски: Научен метод
Bahasa Melayu: Kaedah saintifik
नेपाल भाषा: वैज्ञानिक तवः
norsk nynorsk: Vitskapleg metode
Norfuk / Pitkern: Saientifik methud
srpskohrvatski / српскохрватски: Naučna metoda
Simple English: Scientific method
slovenčina: Vedecká metóda
slovenščina: Znanstvena metoda
српски / srpski: Naučna metoda
українська: Науковий метод
中文: 科学方法
粵語: 科學方法