Wene

Wene
Stadt Wien logo.svg
Collage von Wien.jpg

KaartWapen
Wien in Austria.svg
Wien Wappen.svg
Vlag
Flag of Vienna.svg
 LandVlag van Oostenryk Oostenryk
 DeelstaatFlag of Vienna.svg Wene
 Koördinate48°12′N 16°22′O / 48°12′N 16°22′O / 48.200; 16.367
 Stigting1ste eeu n.C.
 Stadstatus1212
 Oppervlakte: 
 - Totaal414,87 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak151–542 m
 Bevolking: 
 - Totaal (1 Januarie 2017)1 867 582[2]
 - Bevolkingsdigtheid4 501,6/vk km
 - Metropolitaanse gebied (2015)2 680 667[3]
 TydsoneUTC +1 (MET)
 - SomertydUTC +2 (MEST)
 Klimaat 
 - TipeOorgangsklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur11,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie−1,4 / 19,9 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae600 mm
 BurgemeesterMichael Ludwig (SPÖ)
 Amptelike Webwerfwien.gv.at

Wene of Wenen (Duits: Wien [viːn] , Oostenryks: Wean) is die hoofstad van Oostenryk en vorm tegelykertyd een van die nege federale deelstate (Bundesland Wien) van dié land. Met 'n bevolking van ongeveer 1,87 milljoen is Wene die grootste stad en die kulturele en politieke spilpunt van die Alperepubliek. Dit is na Berlyn en nog voor Hamburg die naasgrootste Duitssprekende stad in Europa.

'n Standbeeld van die godin Athene voor die parlementsgebou

Die stad is geleë aan weerskante van die Donau, 40 kilometer van die Oostenryks-Slowaakse grens en 50 km van die Slowaakse hoofstad Bratislava af. Wene, wat ondanks sy periferiese ligging in die ooste van Oostenryk tot dié land se belangrikste politieke, ekonomiese, wetenskaplike en kulturele sentrum ontwikkel het, word as enklawe – en as een van Oostenryk se nege deelstate – volledig omring deur die deelstaat Neder-Oostenryk. Dit is die setel van Oostenryk se seremoniële staatshoof, die federale president (Bundespräsident), die federale regering (Bundesregierung), verskeie administratiewe federale liggame en die regering van Wene wat 'n dubbele politieke funksie uitoefen as munisipale en deelstaatregering. So fungeer die Weense burgemeester gelyktydig as eerste minister van die deelstaat Wene (Landeshauptmann).

Wene is een van die mees bekende stede in Europa en neem 'n prominente plek in die geskiedenis van die Westerse beskawing, wêreldkultuur en -geskiedenis in. Die historiese stadskern is deur Unesco in 2001 as wêrelderfenisgebied gelys. Maar selfs Wene se tradisionele koffiehuiskultuur word deur Unesco as immateriële wêrelderfenis erken.

In sy lang geskiedenis, wat oor meer as 2000 jaar strek, het Wene feitlik alle kenmerkende historiese fases van 'n Europese metropool deurloop, van 'n beskeie begin as Keltiese en Romeinse nedersetting tot sy huidige status as wêreldstad. Die langste fase was dié van keiserlike hoofstad en regeringsetel, 'n funksie wat Wene tussen 1558 en 1918 vervul het – tot 1806 as setel van die Heilige Romeinse Ryk en vervolgens as hoofstad van die Keiserryk Oostenryk-Hongarye, 'n veelvolkestaat wat ná die woelinge van die Eerste Wêreldoorlog verbreek het. Wene se status is daarna afgeskaal tot dié van 'n kleiner, landgebonde en merendeels Duitssprekende Republiek Oostenryk.

Vanaf 1938 is Oostenryk sewe jaar lank by Adolf Hitler se Groot-Duitse Ryk ingesluit, en Der Führer, 'n boorling van Braunau in Oostenryk wat jare lank in Wene gewoon het, het besondere guns aan die stad betoon deur die inlywing van omliggende nedersettings. Hierdie Groß-Wien ("Groot Wene"), soos dit – analoog met Groß-Berlin – bekend gestaan het, is deur die geallieerde moondhede, wat Oostenryk in vier besettingsones verdeel het, weer ontbind en sy oorspronklike grense herstel. Anders as die res van die land is Wene in vier sones verdeel – die binnestad of Innere Stadt is tot internasionale sone verklaar. Met die ondertekening van die Oostenrykse Staatsverdrag in 1955 is die geallieerde besetting beëindig en Wen se status as hoofstad van 'n soewereine Republiek Oostenryk herstel.

Al is Wene deur die verwoestinge van die Tweede Wêreldoorlog geraak (meer as sestig persent van alle skade deur bomaanvalle en ander oorlogshandelinge in Oostenryk is in die hoofstad aangeteken), het 'n ambisieuse heropbouprogram verseker dat Wene in sy ou glorie kon herrys. Vandag is dit een van min groot Wes-Europese metropole waarvan die historiese middestad grotendeels bewaar gebly het – met al sy uitsigte wat oor die eeue deur generasies van stadsbeplanners en tuinargitekte ontwerp is. So word die stadskern se kimlyn steds oorheers deur die torings van die Sint Stefanuskatedraal en het die stadskarakter in sy geheel – in vergelyking met die tydperk voor 1914 – nie merkbaar verander nie.

Terwyl 'n verskeidenheid moderne bouprojekte sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog verwesenlik is, het ook talle voorbeelde van Romeins-Duitse boukuns en argitektuur uit die Oostenryks-Hongaarse Keisertyd bewaar gebly. Leidende Jugendstil-kunstenaars en -boumeesters soos Klimt en Schiele het eweneens hul spore gelaat. Meer as eenhonderd museums (met eersterangse, maar soms ook baie eksentriese versamelings) en die veelsydige kulturele lewe, wat een van sy hoogtepunte gedurende die balseisoen in Januarie en Februarie bereik, en sy reputasie as die "Wêreldhoofstad van musiek",[4] wat deur beroemde klassieke komponiste soos Ludwig van Beethoven, Wolfgang Amadeus Mozart, Gustav Mahler, Johann Strauss en Arnold Schönberg gevestig is, maak van Wene 'n eersterangse internasionale toeristebestemming wat jaarliks meer as elf miljoen besoekers lok.

Wene was, vanweë sy ligging in 'n grensgebied tussen Wes- en Oos-Europa, steeds blootgestel aan 'n verskeidenheid kulturele invloede, maar ook 'n trekpleister vir honderdduisende migrante uit afgeleë Alpevalleie, die Boheemse platteland, die vlaktes van Galisië of die donker woude van Transsilvanië wat hier 'n heenkome probeer vind het.[5] Danksy ongekende groei het Wene se bevolking in 1910 die twee-miljoen-kerf oorskry. Later, gedurende en ná die Groot Oorlog, wat in 1914 uitgebreek het, het vlugtelinge en ander ontworteldes na die Donaumetropool gestroom.

Die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE), die Verenigde Nasies se Industriële Ontwikkelingsorganisasie (UNIDO), die Organisasie van Petroleum Uitvoerende Lande (Opul), die Internasionale Atoomenergie Agentskap (IAEA), sowel as ander VN-kantore en verskeie internasionale instellings en maatskappye is gevestig in Wene.

Other Languages
Аҧсшәа: Вена
Acèh: Wina
адыгабзэ: Венэ
Akan: Vienna
Alemannisch: Wien
አማርኛ: ቪየና
aragonés: Viena
Ænglisc: Uigenna
العربية: فيينا
ܐܪܡܝܐ: ܒܝܝܢܐ
مصرى: ڤيينا
অসমীয়া: ভিয়েনা
asturianu: Viena
авар: Вена
Aymar aru: Wien
azərbaycanca: Vyana
تۆرکجه: وین
башҡортса: Вена
Boarisch: Wean
žemaitėška: Viena
Bikol Central: Vienna
беларуская: Вена
беларуская (тарашкевіца)‎: Вена
български: Виена
Bislama: Vienna
bamanankan: Vienna
বাংলা: ভিয়েনা
བོད་ཡིག: ཝི་ཨེ་ན།
brezhoneg: Vienna
bosanski: Beč
буряад: Венэ
català: Viena
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Vienna
нохчийн: Вена
Cebuano: Viena
Chamoru: Vienna
کوردی: ڤیێنا
corsu: Vienna
qırımtatarca: Viyana
čeština: Vídeň
Чӑвашла: Вена
Cymraeg: Fienna
dansk: Wien
Deutsch: Wien
Zazaki: Wiyana
dolnoserbski: Wien
डोटेली: भियना
eʋegbe: Vienna
Ελληνικά: Βιέννη
English: Vienna
Esperanto: Vieno
español: Viena
eesti: Viin
euskara: Viena
estremeñu: Viena
فارسی: وین
suomi: Wien
Võro: Viin
føroyskt: Wien
Nordfriisk: Wien
furlan: Viene
Frysk: Wenen
Gaeilge: Vín
Gagauz: Vena
Gàidhlig: Vienna
galego: Viena
Avañe'ẽ: Viéna
Gaelg: Veen
Hausa: Vienna
客家語/Hak-kâ-ngî: Wien
עברית: וינה
हिन्दी: वियना
Fiji Hindi: Vienna
hrvatski: Beč
hornjoserbsce: Wien
Kreyòl ayisyen: Vyèn
magyar: Bécs
հայերեն: Վիեննա
interlingua: Vienna
Bahasa Indonesia: Wina
Interlingue: Vienna
Ilokano: Vienna
ГӀалгӀай: Вена
Ido: Wien
italiano: Vienna
日本語: ウィーン
Basa Jawa: Wina
ქართული: ვენა
Qaraqalpaqsha: Vena
Kabɩyɛ: Fɩyɛɛnɩ
қазақша: Вена
kalaallisut: Wien
ಕನ್ನಡ: ವಿಯೆನ್ನ
한국어:
Перем Коми: Вин
къарачай-малкъар: Вена
kurdî: Viyana
коми: Вена
kernowek: Wien
Кыргызча: Вена
Latina: Vindobona
Ladino: Viena
Lëtzebuergesch: Wien
лезги: Вена
Lingua Franca Nova: Wien
Limburgs: Wene
Ligure: Vienna
lumbaart: Viena
lingála: Viɛnɛ
لۊری شومالی: ڤیٱن
lietuvių: Viena
latviešu: Vīne
मैथिली: विएना
олык марий: Вена
Māori: Whiena
македонски: Виена
മലയാളം: വിയന്ന
монгол: Вена
मराठी: व्हियेना
кырык мары: Вена
Bahasa Melayu: Vienna
Malti: Vjenna
မြန်မာဘာသာ: ဗီယင်နာမြို့
эрзянь: Вена ош
مازِرونی: وین
Dorerin Naoero: Vienna
Plattdüütsch: Wien (Stadt)
Nedersaksies: Wienen
नेपाली: भियना
नेपाल भाषा: भियना
Nederlands: Wenen
norsk nynorsk: Wien
norsk: Wien
Novial: Wien
Chi-Chewa: Vienna
Livvinkarjala: Vena
ଓଡ଼ିଆ: ଭିଏନା
Ирон: Венæ
ਪੰਜਾਬੀ: ਵਿਆਨਾ
Papiamentu: Viena
Deitsch: Wien
Norfuk / Pitkern: Wienna
polski: Wiedeń
Piemontèis: Vien-a
پنجابی: ویآنا
پښتو: وين
português: Viena
Runa Simi: Wien
rumantsch: Vienna
Romani: Bech
română: Viena
armãneashti: Viena
tarandíne: Vienne
русский: Вена
русиньскый: Відень
саха тыла: Вена
sardu: Vienna
sicilianu: Vienna
Scots: Vienna
davvisámegiella: Wien
srpskohrvatski / српскохрватски: Beč
Simple English: Vienna
slovenčina: Viedeň
slovenščina: Dunaj
chiShona: Vienna
Soomaaliga: Fiyena
shqip: Vjena
српски / srpski: Беч
Sesotho: Vienna
Seeltersk: Wien (Stääd)
svenska: Wien
Kiswahili: Vienna
ślůnski: Wjedyń
தமிழ்: வியன்னா
తెలుగు: వియన్నా
тоҷикӣ: Вена
Türkmençe: Wena
Tagalog: Vienna
Türkçe: Viyana
татарча/tatarça: Вена шәһәре
Twi: Wien
тыва дыл: Вена
удмурт: Вена
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Wyéna
українська: Відень
اردو: ویانا
oʻzbekcha/ўзбекча: Vena (shahar)
vèneto: Viena
vepsän kel’: Ven
Tiếng Việt: Viên
West-Vlams: Weenn
Volapük: Wien
walon: Wîne
Winaray: Vienna
Wolof: Wiyen
吴语: 维也纳
მარგალური: ვენა
ייִדיש: וויען
Yorùbá: Fienna
中文: 維也納
文言: 維也納
Bân-lâm-gú: Wien
粵語: 維也納