Wellington, Wes-Kaap

Hierdie artikel handel oor die dorp in die Wes-Kaap. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.
Wellington
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Wellington se NG moederkerk troon uit bo Kerkstraat
Ligging van Wellington op 'n kaart (Wes-Kaap)
Wellington
Wellington
 Wellington se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°38′30″S 19°0′16″O / 33°38′30″S 19°0′16″O / -33.64167; 19.00444
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Kaapse Wynlande
Munisipaliteit Drakenstein
Stigting 1840[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 30,16 km²  (11,6 vk m)
Hoogte 99 m (325 vt)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 55 543
 - Digtheid 1 842/km² (4 770,8/myl2)
Rasverdeling (2011)[2]
 • Blank15.4%
 • Indiër/Asiër0.4%
 • Kleurling67.3%
 • Swart16.2%
 • Ander0.6%
Taal (2011)[2]
 • Afrikaans 81.2%
 • Xhosa 10.7%
 • Engels 5.9%
 • Ander 2.1%
Poskode (strate) 7655
Webwerf: Wellington Tourism

Wellington is 'n dorp in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, wat in 1840 na die hertog van Wellington genoem is. Dit maak deel uit van die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit waarvan Paarl die setel is. Dit het in 2011 'n bevolking van 55 543 gehad.[2]

Dit was oorspronklik "Wagenmakersvallei" en tot die koms van die motorkar een van Suid-Afrika se belangrikste wamakersentrums. 'n Sentrum vir wyn, koring en vrugte met 'n belangrike inmaakfabriek vir droëvrugte. Geboorteplek van Piet Retief en generaal J.B.M. Hertzog. Belangrike opleidingsentrum en tuiste van Hugenote Kollege, in 1874 gestig as Hugenote-Seminarie, eerste inrigting in Suid-Afrika vir hoër onderwys vir vroue. Tuiste van afdeling van Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en jaarlikse Stokkiesdraaifees.

Die dorp spog met 'n aantal historiese Kaaps-Hollandse huise, waaronder die bekende Twist Niet in Bergstraat. Langs die pad na die nabygeleë dorpie Bovlei kan die kerk van die Nederduitse Gereformeerde sendingstasie Wagenmakersvallei besigtig word. Die kerkgebou is in 1820 gewy.

Noord van die dorp, op die plaas Versailles, staan 'n historiese blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Wellington se sakekern, met die NG kerk Moedergemeente en die sneeubedekte Wemmershoekspits daaragter