Weekdiere

Mollusca
Tydperk: Kambrium–Onlangs
Twee inkvisse
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:Animalia
Filum:Mollusca
Linnaeus, 1758

Weekdiere of Molluske (Mollusca) is 'n belangrike filum van ongewerwelde diere. Hierdie diere het 'n sagte liggaam en het meestal 'n uitwendige skelet (soos 'n skulp). Die meeste van hulle kom in die see voor, veral in vlak waters langs die kus. Dit is die grootste mariene filum, met sowat 93 000 erkende spesies, of 23% van alle beskrewe mariene organismes. Hulle kom ook in varswater en op land voor.

Weekdiere is baie uiteenlopend en word in 'n groot verskeidenheid van vorme in bykans alle wêrelddele aangetref. Spesies is al op berghange asook in die diepsee gevind. Hulle kom egter meestal in nat en tropiese dele voor. Hulle grootte kan wissel van so klein as 1 mm tot to groot as 10 meter.

Meeste weekdiere het skulpe van kalk, maar sommige spesies soos die seekatte en naakslakke, moet daarsonder klaarkom. Hierdie skulpe kan maklik gefossiliseer word. Fossiele van sulke skulpe is in die Kambriumgesteentes gevind, wat daarop dui dat hulle tydens die Prekambrium in die see ontstaan het.

Weekdiere word algemeen as 'n voedselbron benut: onder andere mossels, oesters, inkvisse (tjokka vir kalamarie) en landslakke. Oester word soms verbou vir hulle pêrels, waarmee halssnoere en ander juweliersware gemaak word. Skulpe van weekdiere word ook algemeen opgetel, versamel en vir 'n verskeidenheid ornamente (soos asbakkies) gebruik.

Taksonomie

Weekdiere word in die volgende klasse onderverdeel:

Stam: Weekdiere (Mollusca)

  • Klas: Caudofoveata (Skildvoetiges) - ongeveer 150 spesies
  • Klas: Solenogastres (Wurmmolluske)
  • Klas: Polyplacophora (Kewerslakke) - 800 tot 1000 spesies
  • Klas: Monoplacophora (Musdraers) - ongeveer 20 spesies
  • Klas: Bivalvia (Tweekleppiges) - ongeveer 15 000 spesies
  • Klas: Scaphopoda (Tandskulpe) - ongeveer 350 spesies
  • Klas: Gastropoda (Slakke of buikpotiges) - ongeveer 90 000 spesies
  • Klas: Cephalopoda (Inkvisse of koppotiges) - ongeveer 750 spesies
Other Languages
Alemannisch: Weichtiere
አማርኛ: ዛጎል ለበስ
aragonés: Mollusca
العربية: رخويات
asturianu: Mollusca
azərbaycanca: Molyusklar
تۆرکجه: مولیوسکلار
башҡортса: Моллюскылар
беларуская: Малюскі
беларуская (тарашкевіца)‎: Малюскі
български: Мекотели
বাংলা: মলাস্কা
brezhoneg: Blotvil
bosanski: Mehkušci
català: Mol·luscs
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Niōng-tā̤ dông-ŭk
Cebuano: Kinhason
čeština: Měkkýši
Cymraeg: Molwsg
dansk: Bløddyr
Deutsch: Weichtiere
Ελληνικά: Μαλάκια
English: Mollusca
Esperanto: Moluskoj
español: Mollusca
eesti: Limused
euskara: Molusku
فارسی: نرم‌تنان
føroyskt: Lindýr
français: Mollusca
Nordfriisk: Wokdiarten
Gaeilge: Moileasc
galego: Moluscos
Avañe'ẽ: Syrymbe
עברית: רכיכות
हिन्दी: मोलस्का
hrvatski: Mekušci
hornjoserbsce: Mjechkuše
magyar: Puhatestűek
interlingua: Mollusca
Bahasa Indonesia: Moluska
Ido: Molusko
íslenska: Lindýr
italiano: Mollusca
日本語: 軟体動物
Basa Jawa: Moluska
ქართული: მოლუსკები
한국어: 연체동물
Кыргызча: Моллюск
Latina: Mollusca
Lëtzebuergesch: Weechdéieren
Lingua Franca Nova: Molusco
Limburgs: Weikdere
lietuvių: Moliuskai
latviešu: Gliemji
македонски: Мекотели
മലയാളം: മൊളസ്ക
Bahasa Melayu: Moluska
Napulitano: Mollusca
Plattdüütsch: Weekdeerter
Nederlands: Weekdieren
norsk nynorsk: Blautdyr
norsk: Bløtdyr
occitan: Mollusca
ଓଡ଼ିଆ: ସନ୍ଧିପଦ
ਪੰਜਾਬੀ: ਮੋਲਸਕਾ
polski: Mięczaki
پنجابی: مولسکا
português: Moluscos
Runa Simi: Llamp'uka
română: Moluscă
tarandíne: Mollusca
русский: Моллюски
Kinyarwanda: Ikinyamushongo
Scots: Mollusca
srpskohrvatski / српскохрватски: Mekušci
Simple English: Mollusc
slovenčina: Mäkkýše
slovenščina: Mehkužci
српски / srpski: Мекушци
svenska: Blötdjur
Kiswahili: Moluska
తెలుగు: మొలస్కా
tetun: Molusku
Tagalog: Mollusca
Türkçe: Yumuşakçalar
українська: Молюски
oʻzbekcha/ўзбекча: Mollyuskalar
vèneto: Mołusco
West-Vlams: Molluuskn
Winaray: Mollusca
吴语: 软体动物
ייִדיש: מאלוסקן
中文: 软体动物
Bân-lâm-gú: Nńg-thé tōng-bu̍t
粵語: 軟體動物