Water

Drinkwater in 'n glas.
Die klem van hierdie artikel lê op water in die algemeen. Sien water (molekule) vir inligting oor die chemiese en fisiese eienskappe van suiwer water (H2O, waterstofoksied).

Water is 'n smaaklose, kleurlose stof in sy suiwer vorm wat noodsaaklik is vir alle bekende vorme van lewe en is ook bekend as die mees gebruikte oplosmiddel. Water kom in oorvloed op Aarde voor. Dit bestaan op baie plekke en vorme: meestal in die oseane en by die pole, maar ook in wolke, reënwater, riviere, mere, damme en ander waterdraende formasies. Water beweeg voortdurend deur 'n siklus wat verdamping, neerslag en afloop na die see insluit.

Water wat geskik is vir menslike gebruik is 'n natuurlike hulpbron wat al skaarser word in sekere wêrelddele waar die bevolking groei en die beskikbaarheid daarvan is 'n belangrike sosio-ekonomiese vraagstuk.

Molekulêre eienskappe

Vorms van water

Water op aarde neem verskeie vorme aan: Mens kry waterdamp en wolke in die lug, die golwe en ysberge in die see, gletsers in die berge asook ondergrondse mere om maar 'n paar te noem. Deur verdamping, neerslag en afloop vloei water aanhoudend van een vorm na die ander, in wat as die watersiklus bekend staan.

Vanweë die belangrikheid van neerslag vir landbou en aan die mensdom in die algemeen, bestaan daar verskillende name om die verskillende vorme daarvan te beskrywe: reën is iets waarmee die meeste vertroud is, ander verskynsels is egter nie noodwendig aan al die bewoners op aarde bekend nie. Hael, sneeu, mis of dou is 'n paar voorbeelde van die vorme waarin neerslag kan plaasvind. Klein reëndruppels in die lug breek die sonlig om reënboë te vorm.

Op soortgelyke wyse het die afloopwater 'n belangrike rol in die menslike geskiedenis gespeel, soos riviere wat water verskaf het vir besproeiing in die landbou. Riviere en seë het dit ook dikwels vir mense moontlik gemaak om te reis en handel te dryf. Erosie der hierdie afloopwater het 'n groot rol gespeel in die vorming van die omgewing en het die vorming van valleie en deltas wat ryk- en gelyke grond verskaf vir die vestiging van menslike nedersettings.

Water sypel ook in die grond in na ondergrondse rotsformasies toe. Hierdie grondwater vloei soms na die oppervlak terug om fonteine te vorm en soms selfs meer skouspelagtige warmwaterbronne en geysers. Grondwater word dikwels deur mense vanuit boorgate herwin.

Omdat water baie verskillende stowwe kan bevat, kan dit verskillend proe of ruik. Die meeste mense en ander diere se reuk- en smaaksintuie is tot so 'n mate ontwikkel dat hulle die drinkbaarheid van water kan evalueer: diere vermy die smaak van souterige seewater en die verrottende moeraswater en verkies skoner water soos die in bergstrome.

Water in biologie

Vanuit 'n biologiese oogpunt het water baie kenmerkende eienskappe wat dit krities noodsaaklik maak vir die voortbestaan van lewe en wat dit laat uitstaan bo bykans enige ander chemiese verbinding. Water vervul sy rol deurdat dit organiese verbindings toelaat om te reageer op so 'n wyse dat dit voortplanting bevorder. Dit is 'n goeie oplosmiddel en besit 'n hoë oppervlakspanning, wat dit moontlik maak om organiese verbindings daarin te vervoer.

Vars water is op sy digste teen 4°C en word minder dig soos dit kouer word en vries of warmer word van daardie punt af. As 'n stabiele, polêre molekuul wat in oorvloed in die atmosfeer voorkom, speel dit 'n belangrike rol as absorbeerder van infrarooi straling, wat noodsaaklik is om die kweekhuis-effek in die atmosfeer teweeg te bring. Daarsonder sou die aarde se gemiddelde oppervlaktemperatuur ongeveer −18 °Celsius wees. Water besit ook 'n buitengewone hoë spesifieke warmtekapasiteit wat 'n belangrike rol speel in die regulering van die aarde se klimaat asook die plaaslike klimaat.

Water is 'n baie goeie oplosmiddel en los baie soorte stowwe op, soos onder ander soute en suikers en werk sodoende chemiese interaksies in die hand wat komplekse metabolismes moontlik maak. Ander stowwe, soos olies en ander hidrofobiese stowwe, meng egter nie goed met water nie. selmembrane wat uit lipiede en proteïene bestaan maak van hierdie eienskap gebruik om die interaksies tussen hulle inhoud en eksterne chemikalieë te beheer. Hierdie beheer word ook tot 'n mate deur die oppervlakspanning van water aangehelp.

Waterdruppels is stabiel vanweë die hoë oppervlakspanning van water. Dit kan gesien word wanneer 'n hoeveelheid water op 'n onoplosbare oppervlak soos glas geplaas word: die water bly as druppels bymekaar en vorm nie 'n film oor die oppervlak nie. Hierdie eienskap speel 'n groot rol in transpirasie by plante.

'n Eenvoudige dog belangrike eienskap in die omgewing van water is dat sy algemene vaste vorm, ys, bo-op die vloeistof dryf. Hierdie vastestof-fase is minder dig as water in die vloeistof-vorm vanweë die geometrie van die sterk waterstofbindings wat slegs teen die laer temperature gevorm word. Bykans alle ander stowwe en vir al die 11 minder algemene fases waarin water in vaste vorm voorkom (buiten ys-XI) is die vastestof meer dig as die vloeistofvorm. Varswater is op sy digste by 4 °C en sal deur middel van konveksie sink as dit tot by daardie temperatuur afkoel, sou dit egter van daardie temperatuur af verder afkoel sou dit eerder styg. Hierdie omkeer veroorsaak dat dieper water warmer bly as die vlakker vriesende water. Ysvorming op 'n meer sal dus op die oppervlak plaasvind terwyl die grootste hoeveelheid van die watermassa daaronder rondom 4 °C sal bly. Dit isoleer die meerbodem effektief van die uiterste koue. Byna al die ander chemiese stowwe sal van onder af vries.

Lewe op aarde het ontwikkel en aangepas by die kenmerkende eienskappe van water. Die bestaan van 'n oorvloed vloeistof-, damp- en vastevorms van water op Aarde het 'n belangrike rol gespeel in die oorvloedige lewensvorme wat bykans op elke uithoek van die Aarde en selfs in die uiterste toestande aangetref kan word.

Beskawings van die geskiedenis het tipies rondom riviere en waterweë gefloreer; Mesopotamië, die sogenaamde bakermat van die beskawing, is tussen twee groot riviere geleë. Groot stede soos Londen, Parys, Nieu York en Tokyo het hul sukses deels te danke aan hul maklike bereikbaarheid oor water en die gevolglike uitbreiding van handel. Eilande met veilige hawens, soos Singapoer en Hong Kong het gefloreer juis as gevolg van hierdie rede. In plekke soos Noord-Afrika en die Midde-Ooste waar water skaarser is, het toegang tot skoon drinkwater 'n belangrike rol gespeel in menslike ontwikkeling.

Other Languages
Alemannisch: Wasser
አማርኛ: ውሃ
aragonés: Augua
Ænglisc: Wæter
العربية: ماء
ܐܪܡܝܐ: ܡܝܐ
مصرى: ميه
অসমীয়া: পানী
asturianu: Agua
Atikamekw: Nipi
авар: Лъим
Aymar aru: Uma
azərbaycanca: Su
تۆرکجه: سو
башҡортса: Һыу
Boarisch: Wossa
žemaitėška: Ondou
Bikol Central: Tubig
беларуская: Вада
беларуская (тарашкевіца)‎: Вада
български: Вода
भोजपुरी: पानी
Bislama: Wota
Bahasa Banjar: Banyu
bamanankan: Ji
বাংলা: পানি
བོད་ཡིག: ཆུ།
brezhoneg: Dour
bosanski: Voda
буряад: Уһан
català: Aigua
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Cūi
нохчийн: Хи
Cebuano: Tubig
Chamoru: Hånom
ᏣᎳᎩ: ᎠᎹ
Tsetsêhestâhese: Mahpe
کوردی: ئاو
corsu: Acqua
Nēhiyawēwin / ᓀᐦᐃᔭᐍᐏᐣ: ᓃᐲᔾ
čeština: Voda
Чӑвашла: Шыв
Cymraeg: Dŵr
dansk: Vand
Deutsch: Wasser
Zazaki: Awe
dolnoserbski: Wóda
डोटेली: पानी
ދިވެހިބަސް: ފެން
Ελληνικά: Νερό
emiliàn e rumagnòl: Aqua
English: Water
Esperanto: Akvo
español: Agua
eesti: Vesi
euskara: Ur
estremeñu: Áugua
فارسی: آب
Fulfulde: Ndiyam
suomi: Vesi
Võro: Vesi
føroyskt: Vatn
français: Eau
Nordfriisk: Weeder
furlan: Aghe
Frysk: Wetter
Gaeilge: Uisce
贛語:
Gàidhlig: Uisge
galego: Auga
Avañe'ẽ: Y
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: उदक
ગુજરાતી: પાણી
Gaelg: Ushtey
Hausa: Ruwa
客家語/Hak-kâ-ngî: Súi
עברית: מים
हिन्दी: जल
Fiji Hindi: Paani
hrvatski: Voda
hornjoserbsce: Woda
Kreyòl ayisyen: Dlo
magyar: Víz
Հայերեն: Ջուր
interlingua: Aqua
Bahasa Indonesia: Air
Interlingue: Aqua
Igbo: Mmiri
Ilokano: Danum
Ido: Aquo
íslenska: Vatn
italiano: Acqua
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐃᒪᖅ
日本語:
Patois: Waata
la .lojban.: djacu
Basa Jawa: Banyu
ქართული: წყალი
Qaraqalpaqsha: Suw
Taqbaylit: Aman
Kabɩyɛ: Lɩm
Kongo: Maza
Gĩkũyũ: Mai
қазақша: Су
ភាសាខ្មែរ: ទឹក
ಕನ್ನಡ: ನೀರು
한국어:
Ripoarisch: Wasser
kurdî: Av
Кыргызча: Суу
Latina: Aqua
Ladino: Agua
Lëtzebuergesch: Waasser
лезги: Яд
Luganda: Amazzi
Limburgs: Water
Ligure: Ægoa
lumbaart: Aqua
lingála: Mái
lietuvių: Vanduo
latgaļu: Iudiņs
latviešu: Ūdens
मैथिली: पानी
мокшень: Ведь
Malagasy: Rano
Māori: Wai
Baso Minangkabau: Aia
македонски: Вода
മലയാളം: ജലം
монгол: Ус
मराठी: पाणी
Bahasa Melayu: Air
Mirandés: Auga
မြန်မာဘာသာ: ရေ
مازِرونی: ئو
Dorerin Naoero: Ebok
Nāhuatl: Atl
Napulitano: Acqua
Plattdüütsch: Water
Nedersaksies: Woater
नेपाली: पानी
नेपाल भाषा: लः
Nederlands: Water
norsk nynorsk: Vatn
norsk: Vann
Nouormand: Ieau
Diné bizaad:
occitan: Aiga
Oromoo: Bishaan
ଓଡ଼ିଆ: ଜଳ
Ирон: Дон
ਪੰਜਾਬੀ: ਪਾਣੀ
Kapampangan: Danum
Papiamentu: Awa
Deitsch: Wasser
Pälzisch: Wassa
Norfuk / Pitkern: Wata
polski: Woda
Piemontèis: Eva
پنجابی: پاݨی
پښتو: اوبه
português: Água
Runa Simi: Yaku
română: Apă
armãneashti: Apâ
русский: Вода
русиньскый: Вода
संस्कृतम्: जलम्
саха тыла: Уу
sardu: Aba
sicilianu: Acqua (vìppita)
Scots: Watter
سنڌي: پاڻي
davvisámegiella: Čáhci
srpskohrvatski / српскохрватски: Voda
සිංහල: ජලය
Simple English: Water
slovenčina: Voda
slovenščina: Voda
Gagana Samoa: Vai
chiShona: Mvura
Soomaaliga: Biyo
shqip: Uji
српски / srpski: Вода
Seeltersk: Woater
Basa Sunda: Cai
svenska: Vatten
Kiswahili: Maji
ślůnski: Woda
தமிழ்: நீர்
ತುಳು: ನೀರ್
తెలుగు: నీరు
тоҷикӣ: Об
ไทย: น้ำ
Türkmençe: Suw
Tagalog: Tubig
Türkçe: Su
Xitsonga: Mati
татарча/tatarça: Су
українська: Вода
اردو: پانی
oʻzbekcha/ўзбекча: Suv
vèneto: Aqua
vepsän kel’: Vezi
Tiếng Việt: Nước
West-Vlams: Woater
Volapük: Vat
Winaray: Tubig
Wolof: Ndox
吴语:
isiXhosa: Amanzi
მარგალური: წყარი
ייִדיש: וואסער
Yorùbá: Omi
Vahcuengh: Raemx
中文:
文言:
Bân-lâm-gú: Chúi
粵語:
isiZulu: Amanzi