Walkure

’n Walkure ry op 'n perd en dra die liggaam van 'n dooie man, langs haar is twee rawe en nog twee Walkure
Die Walkure

Die Walkure (Oudnoords valkyrjar) is strydgodinne of oorlogsgodinne uit die Germaanse godsdiens. Hierdie doodsgodinne was op die slagvelde aanwesig, waar hulle soos valke in die lug gehang het op soek na gevalle soldate. Die woord Walkure ís ’n samestelling van twee Oudgermaanse woorde, naamlik: val + keur. Val dui op die gevalle helde wat in die stryd gesneuwel het. Keur dui daarop dat die doodsgodinne die slagoffers keur. Alleen die dapperste soldate is gekeur.

Die Walkure neem die gevalle helde na die Walhalla waar hulle opgelei sal word om onder leiding van die Germaanse Oppergod Odin of Wodan te stry in die Ragnarok of eindstryd teen die ultieme Kwaad. Die lewe in die Walhalla is hemels. Daar is geen tekort aan spys en drank nie.

Walkure staan in diens staan van Odin. Hulle kan ook as kelnerinne beskou word, want hulle versorg die gevalle helde in die Walhalla. Die Walkure het mooi versierde harnasse en skilde gedra. Ook het hulle helms gedra en spiese. Hulle het op perde met vlerke gery.

Walkure deur Arthur Rackham

Alhoewel die Walkure altyd wapens gedra het, het hulle nooit self aan die stryd deelgeneem nie.

Die Walkure het hoofsaaklik drie funksies gehad. Sy moes die dapperste soldate keur vir verdere opleiding in die Walhalla. Ten tweede was dit haar taak om hierdie krygers in die Walhalla te versorg. Ten derde is hulle beskou as boodskappers van Odin.Die Walkure is ook as onsterflike maagde beskou. Die aura of poollig is beskou as die weerkaatsing van die harnasse van die Walkure.

Woorde soos wolk, volk, valk en die Engelse woord walk is verwant aan die Walkure.

Die Skandinawiese monument te Magersfontein bestaan uit vier Walkure, wat Noorweë, Denemarke, Finland en Swede personifiseer.

Bydrae

  • Richard Wagner het één van die mites van de walkure gebruik in sy opera " Die Walküre", die tweede opera uit die vierdelige serie Der Ring des Nibelungen.
  • Die film Valkyrie. Die titel is die Engelse vorm van Walkure. Hierdie film gaan oor Operatie Walkure, 'n komplot om Hitler te vermoor ongeveer 9 maanden voor die Tweede Wêreldoorlog sou eindig. Operatie Walkure is vernoem na die opera van Wagner.

Bibliografie

  • Van Egir tot Ymer: Personages en thema’s uit de Germaanse en Noorse mythologie: Paula Vermeyden en Arend Quak 2000 SUN Nijmegen.
Other Languages
العربية: فالكيري
asturianu: Valquiria
Boarisch: Walkyrn
беларуская: Валькірыі
български: Валкирии
brezhoneg: Valkirienn
català: Valquíria
corsu: Valchiria
čeština: Valkýra
Чӑвашла: Валькири
dansk: Valkyrie
Deutsch: Walküre
Ελληνικά: Βαλκυρίες
English: Valkyrie
Esperanto: Valkirio
español: Valquiria
euskara: Walkiria
فارسی: والکیری
suomi: Valkyria
français: Valkyrie
Gaeilge: Vailcír
galego: Valquiria
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐍅𐌰𐌻𐌰𐌺𐌿𐍃𐌾𐍉
עברית: ולקיריה
hrvatski: Valkire
magyar: Valkűr
Bahasa Indonesia: Valkyrie
íslenska: Valkyrja
italiano: Valchiria
ქართული: ვალკირიები
қазақша: Валькирия
한국어: 발키리
Latina: Valkyria
lietuvių: Valkirijos
latviešu: Valkīras
македонски: Валкири
Bahasa Melayu: Valkyrie
Nederlands: Walkure
norsk nynorsk: Valkyrjer
norsk: Valkyrje
occitan: Valquiria
polski: Walkirie
português: Valquírias
română: Walkirie
русский: Валькирия
Scots: Valkyrie
srpskohrvatski / српскохрватски: Valkire
Simple English: Valkyrie
slovenčina: Valkýra
српски / srpski: Валкире
svenska: Valkyria
Tagalog: Valkyrie
Türkçe: Valkür
українська: Валькірія
Winaray: Valkyria
中文: 女武神