Vlag van Burkina Faso

Vlag van Burkina Faso
Vlag van  Burkina Faso
Gebruik Nasionale vlag Nasionale vlag
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 Augustus 1984
Ontwerp ’n Horisontale tweekleurige vlag van rooi (bo) en groen (onder) met ’n geel ster in die middel

Die nasionale vlag van Burkina Faso is op 4 Augustus 1984 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale tweekleur in groen (bo) en rooi (onder) met ’n vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag. [1]

Simboliek

Die kleure groen, rooi en geel is die Pan-Afrika kleure. Toe die vlag aanvaar is in 1984 moes hierdie kleure simboliseer dat Burkina Faso sy koloniale verlede agtergelaat het om ’n eenheid met Afrika te vorm. [2]

In die Burkinese vlag het die drie kleure ook elk ’n afsonderlike betekenis. Rooi stel die sosialistiese revolusie voor, groen stel die rykdom van die landbou en die vreugde wat die mense oplewer, voor en die geel ster stel die leidende lig van die kommunistiese revolusie wat in 1983 plaasgevind het, voor. [2] Smith gee ’n ander simboliese betekenis vir die kleure: Die rooi simboliseer die land se stryd om selfstandigheid, die groen simboliseer hoop en oorvloed en die geel simboliseer Burkina Faso se minerale rykdom. [3]

Other Languages
azərbaycanca: Burkina Faso bayrağı
беларуская: Сцяг Буркіна-Фасо
беларуская (тарашкевіца)‎: Сьцяг Буркіна-Фасо
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: বুর্কিনা ফাসোর ফিরালহান
Bahasa Indonesia: Bendera Burkina Faso
Bahasa Melayu: Bendera Burkina Faso
Plattdüütsch: Flagg vun Burkina Faso
srpskohrvatski / српскохрватски: Zastava Burkine Faso
Simple English: Flag of Burkina Faso
slovenčina: Vlajka Burkiny
Tiếng Việt: Quốc kỳ Burkina Faso