VfL Wolfsburg

VfL Wolfsburg
logo
Volle naamVerein für Leibesübungen
Wolfsburg Fußball GmbH
Bynaam/meDie Wölfe
Radkappen
Stigting12 September 1945
TuisveldVolkswagen Arena,
Wolfsburg
Kapasiteit30 000
VoorsitterDr. Francisco Javier García Sanz
BestuurderFelix Magath
LigaBundesliga
2011/128. posisie
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
SpankleureSpankleureSpankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure
Die Volkswagen-Arena, Wolfsburg

VfL Wolfsburg is 'n sportklub uit Wolfsburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder andere afdelings vir armdruk, pluimbal, basketbal, rolbal, boks, stoei, gewigoptel, handbal, hokkie, judo, karate, atletiek, fietsry, swem, driekamp, gimnastiek en vlugbal.

Geskiedenis

Sokker in Wolfsburg is relatief jonk, aangesien die stad eers in 1938 gestig is. Die klub se voorganger was BSG Volkswagenwerk Stadt des KdF-Wagen, wat vanaf 1943 in die Gauliga Oos-Hannover gespeel het (Wolfsburg se naam was voorheen Stadt des KdF-Wagen). Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 12 September 1945 herstig as VSK Wolfsburg.

Wolfsburg het die eerste keer in 1954 op die hoogste vlak gespeel toe die Oberliga Noord gehaal is. Nadat die klub egter in 1959 gerelegeer is, moes hulle tot 1997 wag toe daar na die Bundesliga gepromoveer is. In 1995 het die klub die eindstryd van die DFB-Pokal gehaal, maar is met 0-3 deur VfL Borussia Mönchengladbach verslaan. Die klub het sy grootste prestasie in 2009 behaal toe hy, teen alle verwagtinge in, die Bundesliga gewen het en die Duitse sokkerkampioen geword het.

Die klub speel sedert 2002 sy tuiswedstryde in die Volkswagen-Arena. Voorheen was die klub se tuisveld die VfL-Stadion.

Other Languages
aragonés: VfL Wolfsburg
azərbaycanca: Volfsburq FK
беларуская: ФК Вольфсбург
беларуская (тарашкевіца)‎: Вольфсбург (футбольны клюб)
български: ФФЛ Волфсбург
bosanski: VfL Wolfsburg
čeština: VfL Wolfsburg
Deutsch: VfL Wolfsburg
English: VfL Wolfsburg
Esperanto: VfL Wolfsburg
español: VfL Wolfsburgo
euskara: VfL Wolfsburg
français: VfL Wolfsbourg
hrvatski: VfL Wolfsburg
Bahasa Indonesia: VfL Wolfsburg
Interlingue: VfL Wolfsburg
kurdî: Wolfsburg
lietuvių: VfL Wolfsburg
latviešu: VfL Wolfsburg
македонски: ВФЛ Волфсбург
Bahasa Melayu: VfL Wolfsburg
Plattdüütsch: VfL Wulfsborg
Nederlands: VfL Wolfsburg
română: VfL Wolfsburg
srpskohrvatski / српскохрватски: VfL Wolfsburg
Simple English: VfL Wolfsburg
slovenčina: VfL Wolfsburg
slovenščina: VfL Wolfsburg
српски / srpski: ФК Волфсбург
svenska: VfL Wolfsburg
Kiswahili: VfL Wolfsburg
ślůnski: VfL Wolfsburg
Türkçe: VfL Wolfsburg
Tiếng Việt: VfL Wolfsburg