Vervreemding

Die term vervreemding of aliënasie (alienation) word in 'n verskeidenheid kontekste aangewend. Hierdie artikel fokus op die vervreemdingsteorie binne die Sosiologie.

Die term vervreemding verwys na "the distancing of people from experiencing a crystallized totality both in the social world and in the self". [1] Vervreemding verwys na 'n gebrek aan identifikasie met iets: die gemeenskap, die kultuur, die nasionale identiteit, en die self. Hermann [2] skryf dat vervreemding voorkom:

Waar 'n breuk aanwesig is tussen die individu, sy werkaktiwiteite en die sosiale gemeenskap waarbinne hy werk. 'n Teenstrydigheid ontstaan tussen die werklike en verwagte stand van sake. Die individu word deur eksterne magte gemanipuleer, voel onseker oor sy toekoms, ervaar die waardes van die onderneming as vreemd en voel geïsoleer van sy werksgemeenskap en van homself. Hierdie breuk tussen die individu, sy werkaktiwiteite en die sosiale eenheid waarbinne hy werk het magteloosheid, betekenisloosheid, normloosheid, isolasie en selfaliënasie tot gevolg.

Die twee belangrikste teoretici wat vervreemding omskryf en bestudeer het, is Karl Marx en Melvin Seeman. Langman en Kalekin-Fishman [3] let op Marx se belangrike bydrae tot die vervreemdingsteorie: "[Alienation] was central to Roman law, medieval psychiatry, and, above all, English political economy and Hegelian philosophy. But it was Marx’s critique of alienation as a consequence of wage labour that turned alienation into a topic of lively debate." Ná Marx was dit veral Seeman wat van die konsep 'n stuk analitiese gereedskap binne die Sosiologie gemaak het.

Marx se vervreemdingsteorie

Marx het die term Entfremdung gebruik om te verwys na wanneer sosiale magte die individu beheer. [4] Marx het geglo dat vervreemding deel is van Kapitalisme, en in sy Economic and Philosophical manuscripts of 1844 identifiseer hy vier vorme van vervreemding: van sy arbeid, van die produkte van sy arbeid, van homself, en van ander mense. Marx se vervreemdingsteorie word in detail in Ollman [5] bespreek, en ook in Hermann [6] behandel.

Other Languages
azərbaycanca: Yadlaşma (fəlsəfə)
català: Alienació
Deutsch: Entfremdung
español: Alienación
euskara: Alienazio
français: Aliénation
galego: Alienación
עברית: ניכור
Bahasa Indonesia: Alienasi
íslenska: Firring
italiano: Alienazione
日本語: 疎外
қазақша: Жатсыну
한국어: 소외
Kurdî: Aliyenasyon
Nederlands: Vervreemding
norsk nynorsk: Framandgjering
occitan: Alienacion
polski: Alienacja
português: Alienação
srpskohrvatski / српскохрватски: Otuđenje (filozofija)
Simple English: Alienation
српски / srpski: Отуђење
svenska: Alienation
oʻzbekcha/ўзбекча: Begonalashuv
中文: 社會異化