Verenigde State van Amerika

Hierdie artikel handel oor die land in Noord-Amerika. Vir ander gelyknamige state, sien Verenigde State (dubbelsinnig).
United States of America
Verenigde State van Amerika
Vlag van die Verenigde StateGroot Seël van die Verenigde State
VlagGroot Seël
Nasionale leuse: In God We Trust
(sedert 1956 amptelik)
Ander tradisionele leuses:
E Pluribus Unum
(Latyn vir: "Uit baie, een")
Annuit cœptis
(Latyn vir: "Hy het ons ondernemings bevoordeel")
Novus ordo seclorum
(Latyn vir: "Nuwe orde van die eeue")
Volkslied: The Star-Spangled Banner

Mars: The Stars and Stripes Forever[1]
Ligging van die Verenigde State
HoofstadWashington, D.C.

38°53′N 77°01′W / 38°53′N 77°01′W / 38.883; -77.017

Grootste stadNew York Stad

40°43′N 74°00′W / 40°43′N 74°00′W / 40.717; -74.000

Amptelike taleGeen op federale vlak nie1
Engels (de facto)2
Regering

President
• Adjunkpresident
• Huis-spreker
• Hoofregter
Federale presidensiële
grondwetlike republiek
Donald Trump (R)
Mike Pence (R)
Paul Ryan (R)
John Roberts
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Konfederasie
Vrede van Parys
• Grondwet
• Laaste kerkreg toegelaat
van Groot-Brittanje
4 Julie 1776
1 Maart 1781
3 September 1783
21 Junie 1788
24 Maart 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 833 517[2][3] km2  (3/4de)
3 796 742 myl2
6,97
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
325 719 178[4] (3de)
308 745 538[5]
32,8 / km2 (179ste)
85 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$20 413 miljard[6] (2de)
$62 152[6] (11de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$20 413 miljard[6] (1ste)
$62 152[6] (7de)

MOI (2015)Green Arrow Up Darker.svg 0,920[7] (10de)  –  baie hoog
Gini (2013)41,1[8] –  medium
GeldeenheidDollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-05 tot -10)
(UTC-04 tot -10)
Internet-TLD.us .gov .mil .edu
Skakelkode+1
1. Engels is die amptelike taal van 28 deelstate. Engels en Hawaiis is beide amptelike tale in die deelstaat Hawaii. Verder het Nieu-Meksiko en Louisiana wette wat die gebruik van onderskeidelik Spaans en Frans toelaat.
2. Engels is die de facto taal van die Amerikaanse regering en die enigste taal wat deur 82% Amerikaners ouer as vyf tuis gepraat word. Spaans is die tweede mees gesproke taal.

Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA, Engels: United States of America of USA), in die omgangstaal ook net Amerika[n 1] genoem,[9] is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan.

Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate

Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) en 'n bevolking van sowat 325,7 miljoen is die VSA die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Sy grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as 20 412 miljard VSA-$ in 2018 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter wêreld.[6]

Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek met 'n tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Afgevaardigdes bestaan. Die hoofstad van die VSA is Washington, D.C., wat nie deel uitmaak van een van die vyftig deelstate nie, maar in die federale Distrik Columbia geleë is.

Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.[10]

Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem.[11] Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.[12]

Inhoud

Other Languages
Alemannisch: USA
አማርኛ: አሜሪካ
aragonés: Estatos Unitos
مصرى: امريكا
Aymar aru: Istadus Unidus
žemaitėška: JAV
Bikol Central: Estados Unidos
беларуская (тарашкевіца)‎: Злучаныя Штаты Амэрыкі
भोजपुरी: अमेरिका
Bahasa Banjar: Amirika Serikat
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: তিলপারাষ্ট্র
Chavacano de Zamboanga: Estados Unidos de America
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Mī-guók
Tsetsêhestâhese: United States
Nēhiyawēwin / ᓀᐦᐃᔭᐍᐏᐣ: ᑭᐦᒋ ᒨᐦᑯᒫᓇᐢᑭᕀ
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Амєрїканьскꙑ Ѥдьнѥнꙑ Дрьжавꙑ
dansk: USA
Thuɔŋjäŋ: Pawuut Matiic
ދިވެހިބަސް: އެމެރިކާ
eʋegbe: United States
emiliàn e rumagnòl: Stat Unî
English: United States
Esperanto: Usono
español: Estados Unidos
estremeñu: Estaus Uníus
Na Vosa Vakaviti: United States
føroyskt: USA
français: États-Unis
arpetan: Ètats-Unis
贛語: 美國
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: अमेरिकेचीं संयुक्त राज्यां
Bahasa Hulontalo: Amerika Serikat
𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺: 𐌰𐌼𐌰𐌹𐍂𐌹𐌺𐌰
客家語/Hak-kâ-ngî: Mî-koet
Fiji Hindi: United States
Kreyòl ayisyen: Etazini
Bahasa Indonesia: Amerika Serikat
Ido: Usa
íslenska: Bandaríkin
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐊᒥᐊᓕᑲ
la .lojban.: mergu'e
Kabɩyɛ: Etaazuunii
Gĩkũyũ: United States
kalaallisut: Naalagaaffeqatigiit
ភាសាខ្មែរ: សហរដ្ឋអាមេរិក
한국어: 미국
kernowek: Statys Unys
Lingua Franca Nova: Statos Unida de America
Luganda: Amerika
Basa Banyumasan: Amerika Serikat
Malagasy: Etazonia
Baso Minangkabau: Amerika Sarikat
Bahasa Melayu: Amerika Syarikat
Dorerin Naoero: Eben Merika
Plattdüütsch: USA
Nederlands: Verenigde Staten
norsk nynorsk: USA
norsk: USA
Sesotho sa Leboa: United States of America
Chi-Chewa: United States
Livvinkarjala: Amerikan Yhtysvallat
Pangasinan: Estados Unidos
Kapampangan: Estados Unidos
Deitsch: Amerikaa
Norfuk / Pitkern: Yunitid Staits
پنجابی: امریکہ
português: Estados Unidos
rumantsch: Stadis Unids
sicilianu: Stati Uniti
srpskohrvatski / српскохрватски: Sjedinjene Američke Države
Simple English: United States
slovenčina: Spojené štáty
Sranantongo: Kondre Makandrameki
Basa Sunda: Amérika Sarikat
svenska: USA
Kiswahili: Marekani
ไทย: สหรัฐ
Setswana: USA
Tok Pisin: Ol Yunaitet Stet
Xitsonga: Amerikha
chiTumbuka: United States
Twi: Amerika
reo tahiti: Fenua Marite
oʻzbekcha/ўзбекча: Amerika Qoʻshma Shtatlari
Tiếng Việt: Hoa Kỳ
Volapük: Lamerikän
吴语: 美国
Vahcuengh: Meijgoz
中文: 美国
文言: 美國
Bân-lâm-gú: Bí-kok
粵語: 美國
isiZulu: IMelika