Vaatplant

Vaatplante
Tydperk: Vroeë Siluriaan - Onlangs
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:Plantae
Divisies

Die vaatplante, tracheofiete of hoër plante is plante in die koninkryk Plantae wat gespesialiseerde weefsels vir die vervoer van water, minerale, en gefotosinteerde produkte deur die plant. Vaatplante sluit in die varings, kolfmosse, perdesterte, bedeksadiges (blomdraende plante), keëldraende plante en ander naaksadiges. Die wetenskaplike name vir vaatplante is Tracheophyta en Tracheobionta, maar dit word nie gereeld gebruik nie. Nie-vaatplante sluit vroeër ontwikkelde stamme in Plantae soos mosse, horingblad, en lewermosse in en lede van ander ryke soos verskeie alge.

Die vaatplante word op twee maniere onderskei:

  1. Vaatplante het vaatweefsel wat stowwe deur die plant kan vervoer. Dié eienskap maak dit vir vaatplante moontlik om groter te ontwikkel as nie-vaatplante wat nie dié gespesialisseerde geleidende weefsels besit nie en daarom beperk is tot betreklik klein groottes.
  2. In vaatplante is die hoofgenerasiefase die sporofiet, wat 'n diploïed is met twee stelle chromosome per sel. In nie-vaatplant is die hoofgenerasiefase meestal die gametofiet, wat haploïed is met een stel chromosome per sel.

Watervervoer vind in die xileem of floëem plaas: xileem dra water en anorganiese oplossings opwaarts uit die wortels na die blare, terwyl floëem organiese oplossings deur die hele plant vervoer.

Groepe plante wat lignified geleidende weefsel het (xileemvate of tracheïede):

Lede

  • Spoordraende vaatplante
    • Equisetophyta ~ perdestert
    • Lycopodiophyta ~ kolfmosse, spikemosses, quillworts
    • Psilotophyta ~ whisk-ferns
    • Pteridophyta~ varings
  • Saaddraende vaatplante - Superdivisie Spermatophyta
    • Pinophyta ~ keëldraende plante
    • Cycadophyta ~ broodbome
    • Ginkgophyta ~ ginkgoes
    • Gnetophyta ~ gnetophytes
    • Magnoliophyta ~ blomplante
Other Languages
Alemannisch: Gefäßpflanzen
asturianu: Tracheophyta
català: Traqueobiont
Cebuano: Tracheophyta
dansk: Karplanter
Ελληνικά: Ανώτερα φυτά
Esperanto: Vaskula planto
español: Tracheophyta
eesti: Soontaimed
فارسی: آوندداران
français: Tracheophyta
Nordfriisk: Huuger plaanten
Kreyòl ayisyen: Plant vaskilè
interlingua: Tracheophyta
Bahasa Indonesia: Tumbuhan berpembuluh
italiano: Tracheobionta
日本語: 維管束植物
한국어: 관다발식물
Lëtzebuergesch: Gefässplanzen
lietuvių: Induočiai
Bahasa Melayu: Tumbuhan pembuluh
Nederlands: Vaatplanten
norsk nynorsk: Karplantar
norsk: Karplanter
occitan: Tracheobionta
português: Planta vascular
română: Cormobionta
Simple English: Vascular plant
slovenčina: Cievnaté rastliny
српски / srpski: Васкуларне биљке
svenska: Kärlväxter
українська: Судинні рослини
Tiếng Việt: Thực vật có mạch
Winaray: Tracheophyta
中文: 维管植物