Tweede Wêreldoorlog

Tweede Wêreldoorlog
WW2Montage.PNG
Kloksgewys van bo: Troepe van die Gemenebes in die woestyn; Sjinese burgers word lewendig begrawe deur Japannese soldate; Die stadsentrum van Stalingrad ná die bevryding; Japannese vliegtuie maak gereed vir opstyging; Sowjetse troepe veg in Berlyn; 'n Duitse duikboot word aangeval.
Datum1 September 19392 September 1945
LiggingEuropa, Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan, Suidoos-Asië, Sjina, Midde-Ooste, Middellandse See, Afrika, en kortliks die kuste van Noord- en Suid-Amerika.
ResultaatOorwinning deur die Geallieerdes.
Gebieds-
veranderinge
Sien Nasleep
Strydende partye
Geallieerdes

Flag of the Soviet Union.svg Sowjetunie (1941–1945)
Flag of the United States (1912-1959).svg Verenigde State (1941–1945)
Flag of the United Kingdom.svg Verenigde Koninkryk

Flag of the Republic of China.svg Sjina (1937–1945)

Flag of France.svg Frankryk
Flag of Poland.svg Pole
Canadian Red Ensign (1921–1957).svg Kanada
Flag of Australia.svg Australië
State Flag of Greece (1863-1924 and 1935-1973).svg Griekeland (1940–1945)
Flag of the Netherlands.svg Nederland (1940–1945)
Flag of Belgium.svg België (1940–1945)
Flag of Yugoslavia (1918–1943).svg Joego-Slawië (1941–1945)
Flag of South Africa (1928–1994).svg Suid-Afrika
Flag of New Zealand.svg Nieu-Seeland
Flag of Norway.svg Noorweë (1940–1945)
Flag of the Czech Republic.svg Tsjeggo-Slowakye
Flag of Ethiopia (1897-1936; 1941-1974).svg Ethiopië (1942–1945)
Flag of Brazil (1889–1960).svg Brasilië (1942–1945)
Flag of Denmark.svg Denemarke (1940–1945)
Flag of Luxembourg.svg Luxemburg (1940–1945)

Flag of Mexico (1934-1968).svg Meksiko (1942–1945)

Satellietstate:
Flag of the Philippines (navy blue).svg Filippyne (1941–1945)
British Raj Red Ensign.svg Indië
Flag of the People's Republic of Mongolia (1940-1992).svg Mongolië (1945)
Dominion of Newfoundland Red Ensign.svg Newfoundland

Spilmoondhede

Flag of the German Reich (1935–1945).svg Nazi-Duitsland
Flag of Japan.svg Japan (1937–1945)

Flag of Italy (1861–1946).svg Italië (1940–1943)

Flag of Hungary (1915-1918, 1919-1946).svg Hongarye (1940–1945)
Flag of Romania.svg Roemenië (1941–1944)

Flag of Bulgaria.svg Bulgarye (1941–1944)

Co-oorlogvoering:
Flag of Finland.svg Finland (1941–1944)
Flag of Thailand.svg Thailand (1942–1945)

Flag of Iraq (1921–1959).svg Irak (1941)

Satellietstate:
Flag of Independent State of Croatia.svg Kroasië (1941–1945)
Flag of First Slovak Republic 1939-1945.svg Slowakye
Flag of Albania (1939–1943).svg Albanië (1939–1944)
Flag of Montenegro (1905–1918, 1941–1944).svg Montenegro (1941–1944)

Flag of Serbia (1941–1944).svg Serwië (1941–1944)

Satellietstate van Japan se Groot Oos-Asiese welstandsfeer:
Flag of Manchukuo.svg Mantsjoekwo
Flag of the Republic of China-Nanjing (Peace, Anti-Communism, National Construction).svg Sjina-Nanjing (1940–1945)
Flag of the Mengjiang.svg Mengjiang
Philippines Flag Original.svg Filippyne (1944–1945)
Flag of the State of Burma (1943–1945).svg Burma (1943–1945)
1931 Flag of India.svg Azad Hind (1943–1945)

Aanvoerders
Geallieerdes

Flag of the Soviet Union.svg Josef Stalin (1941–1945)
Flag of the United States (1912-1959).svg Franklin Roosevelt (1941–1945)
Flag of the United States (1912-1959).svg Harry Truman (1945)
Flag of the United Kingdom.svg George VI
Flag of the United Kingdom.svg Neville Chamberlain (1939–1940)
Flag of the United Kingdom.svg Winston Churchill (1940–1945)
Flag of the Republic of China.svg Tsjiang Kai-sjek
Flag of the Republic of China.svg Mao Zedong
Flag of France.svg Charles de Gaulle
Flag of Poland.svg Władysław Raczkiewicz
Canadian Red Ensign (1921–1957).svg Mackenzie King
Flag of Australia.svg John Curtin
State Flag of Greece (1863-1924 and 1935-1973).svg George II
Flag of the Netherlands.svg Wilhelmina
Flag of Belgium.svg Leopold III
Flag of Yugoslavia (1918–1943).svg Pieter II
Flag of South Africa (1928–1994).svg Jan Smuts
Flag of New Zealand.svg Pieter Fraser
Flag of Norway.svg Haakon VII
Flag of the Czech Republic.svg Edvard Beneš
Flag of Ethiopia (1897-1936; 1941-1974).svg Haile Selassie (1942–1945)
Flag of Brazil (1889–1960).svg Getúlio Vargas
Flag of Denmark.svg Christiaan X
Flag of Luxembourg.svg Charlotte

Flag of Mexico (1934-1968).svg Manuel Ávila Camacho

Satellietstate:
Flag of the Philippines (navy blue).svg Manuel Quezon (1941–1944)
Flag of the Philippines (navy blue).svg Sergio Osmeña (1944–1945)
British Raj Red Ensign.svg Victor Hope (1939–1943)
British Raj Red Ensign.svg Archibald Wavell (1943–1945)
Flag of the People's Republic of Mongolia (1940-1992).svg Gonchigiin Bumtsend
Dominion of Newfoundland Red Ensign.svg Humphrey Walwyn

Spilmoondhede

Flag of the German Reich (1935–1945).svg Adolf Hitler (†)
Flag of Japan.svg Hirohito
Flag of Italy (1861–1946).svg Benito Mussolini (†)
Flag of Italy (1861–1946).svg Victor Emanuel III
Flag of Hungary (1915-1918, 1919-1946).svg Miklós Horthy (1941–1944)
Flag of Hungary (1915-1918, 1919-1946).svg Ferenc Szálasi (1944–1945)
Flag of Romania.svg Michael I
Flag of Bulgaria.svg Boris III (1941–1943)

Flag of Bulgaria.svg Simeon II (1943–1944)

Co-oorlogvoering:
Flag of Finland.svg Risto Ryti (1940–1944)
Flag of Finland.svg Gustaf Mannerheim (1944–1945)
Flag of Thailand.svg Ananda Mahidol

Flag of Iraq (1921–1959).svg Faisal II (1941)

Satellietstate:
Flag of Albania (1939–1943).svg Shefqet Vërlaci (1939–1941)
Flag of Albania (1939–1943).svg Mustafa Merlika-Kruja (1941–1943)
Flag of Albania (1943–1944).svg Mehdi Frashëri (1943–1944)
Flag of Independent State of Croatia.svg Tomislaf II
Flag of First Slovak Republic 1939-1945.svg Josef Tiso
Flag of Montenegro (1905–1918, 1941–1944).svg Michael

Flag of Serbia (1941–1944).svg Milan Nedić

Satellietstate van Japan se Groot Oos-Asiese welstandsfeer:
Flag of Manchukuo.svg Puyi
Flag of the Republic of China-Nanjing (Peace, Anti-Communism, National Construction).svg Wang Jingwei
Flag of the Mengjiang.svg Demchugdongrub
Philippines Flag Original.svg José P. Laurel (1944–1945)
Flag of the State of Burma (1943–1945).svg Ba Maw (1943–1945)
1931 Flag of India.svg Subhas Chandra Bose (1943–1945)

Ongevalle en verliese
Militêre sterfgetal:
Meer as 16 000 000

Burgerlike sterfgetal:
Meer as 45 000 000
Totaal:
Meer as 61 000 000

Militêre sterfgetal:
Meer as 8 000 000

Burgerlike sterfgetal:
Meer as 4 000 000
Totaal:
Meer as 12 000 000

Die Tweede Wêreldoorlog was 'n wêreldwye militêre konflik wat geduur het van 1939 tot 1945, alhoewel verwante konflik al vroeër begin het. Die oorlog was 'n samesmelting van twee konflikte: een wat in Asië begin het as die Tweede Chinees-Japannese Oorlog en die ander wat in Europa begin het met die Inval van Pole. Dit was die mees wydverspreide oorlog in die geskiedenis, en het direkte betrekking gehad tot meer as 100 miljoen mense uit meer as 30 lande.

Die oorlog is veroorsaak deur die onbevredigende besleg van die Eerste Wêreldoorlog en die ekspansionistiese ambisies van die drie hoof spilmoondhede (Duitsland, Italië en Japan), maar ook die Sowjetunie se strategiese belange in Finland, Bulgarye en die Europese see-engtes. Vanweë die geskille met Josef Stalin en sy minister van buitelandse sake, Molotof, oor die afbakening van die Sowjetunie se belangesfere in Europa, wat 'n voorvereiste vir die Sowjet-toetrede tot die Anti-Britse koalisie van Duitsland, Italië en Japan was, het Adolf Hitler uiteindelik die besluit geneem om die Sowjetryk met 'n verrassende aanval uit te skakel.[1]

Hierdie globale konflik het die meeste van die wêreld se nasies in twee kampe verdeel: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. As gevolg van die groot skaal waarop die oorlog plaasgevind het, het meer as 60 miljoen mense omgekom, wat beteken dat dié konflik ook die dodelikste in die aangetekende geskiedenis van die mens is.[2] Die oorlog was tot dusver ook die enigste waartydens sowel kernwapens (deur die Verenigde State in Japan) asook biologiese en chemiese wapens (deur Japan in China) gebruik is.

Die Tweede Wêreldoorlog was dan ook die verreikendste oorlog in die geskiedenis en die betrokke lande het saam meer as 100 miljoen militêre personeel gehad wat aan die oorlog deelgeneem het. Totale oorlog het die onderskeiding tussen burgerlike en militêre hulpmiddels tot niet gemaak en was ook die toneel vir een nasie se mobilisering van sy ekonomiese, industriële en wetenskaplike vermoëns tot inspanning van die oorlog. Amper twee derdes van die gestorwenes was siviele burgers. Die Sjoa (Engels: Holocaust), wat grotendeels in Oos-Europa plaasgevind het, was verantwoordelik vir die stelselmatige uitmoor van ongeveer ses miljoen Jode en ander sosiale en politieke minderhede (Sinti en Roma, Kommuniste, ens.) deur die Spilmoondhede.

Die konflik het geëindig met 'n oorwinning deur die Geallieerdes. In die nasleep daarvan het die Verenigde State en die Sowjetunie ontwaak as die twee voorste wêreldmoondhede. Selfbeskikking het tot dekolonisasie- en onafhanklikheidsbewegings in Afrika en Asië gelei, terwyl Europa self die pad na integrasie begin loop het.

Agtergrond

Duitsland ná die Eerste Wêreldoorlog.
Uitbreiding van Nazi-Duitsland vanaf 1933.
Die koloniale gebiede in 1936.

Die onmiddellike oorsaak van die Tweede Wêreldoorlog word algemeen beskou as die Duitse inval van Pole en die Japannese aanvalle op Sjina, die VSA en die Britse en Nederlandse kolonies in Asië. In elkeen van die gevalle was die aanvalle die resultaat van besluite wat deur outoritêre heersende elites in Duitsland en Japan gemaak is. Die Tweede Wêreldoorlog het begin nadat die aggressie met amptelike oorlogsverklarings of gewapende weerstand teëgestaan is.

In Duitsland het die ekonomiese teëspoed wat gevolg het op die Eerste Wêreldoorlog, en die strawwe vredesmaatreëls waarmee dit gepaardgegaan het, dit vir die Nazi-party moontlik gemaak om aan die bewind te kom en 'n nasionalistiese en ekspansionistiese beleid in plek te stel wat sou lei tot die inval van Pole en die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog.

Japan is in die 1930's grootliks deur 'n militaristiese kliek van Leër en Vloot leiers regeer wat daarop ingestel was om Japan tot 'n koloniale mag te ontwikkel. Hulle doelwit was onder andere om die land se afhanklikheid van die invoer van basiese grondstowwe en olie weens 'n gebrek aan natuurlike hulpbronne te verminder deur direkte beheer oor sodanige hulpbronne elders te verkry. Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en Sjina in 1937. Die VSA en die Verenigde Koninkryk het gereageer met lenings en koverte militêre hulpverlening aan Sjina asook die instel van sanksies teen Japan. Die maatreëls sou Japan moontlik tot die onderhandelingstafel gedwing het, maar die Japannese leierskap was oortuig dat die Franse, Nederlandse en Britse regerings meer begaan was oor die oorlog in Europa terwyl die Sowjetunie Japan nie ekonomies of militêr bedreig het nie. Die leierskap het gevolglik besluit om die Nederlands-Indië, Maleisië en die Filippyne in te val wat bekend sou staan as die "Groot Oos-Asiëoorlog in die Stille Oseaan".

Oorsaak van die oorlog in Europa

Die strydende partye in die Tweede Wêreldoorlog.

Duitsland en Frankryk het reeds vir 80 jaar om oorheersing oor kontinentale Europa geworstel en het twee vroeëre oorloë geveg: die Frans-Duitse Oorlog en die Eerste Wêreldoorlog. Intussen het die mag van die Sowjetunie gegroei en gedreig om dié van Duitsland en Frankryk te oorskry soos die nywerheid ook na dié land toe uitgebrei het. Alhoewel Duitsland die Russe oorspronklik in 1914 oorwin het, het die oorlog in geheel vir Duitsland in besonder rampspoedig geëindig, met miljoene dood, die verlies van gebiede en ekonomiese ontberings. Van die meer omstrede bepalings van die Vrede van Versailles was dat Duitsland en sy bondgenote algehele skuld vir die Eerste Wêreldoorlog moes aanvaar, dat dit aansienlike gebiedstoegewings sou moes maak en skadevergoeding aan die Geallieerdes moes maak. Die verdrag is reeds so vroeg as 1922 ondermyn en teen die middel-dertigs openlik verontagsaam.

Europa tussen 1935 en 1939.

In die ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog het Adolf Hitler, die leier van die Nazi-party, die mag in Duitsland oorgeneem na hy die demokratiese regering, die Weimar Republiek, uitgeskakel het. In Mein Kampf, 'n outobiografiese boek geskryf deur Hitler toe hy in die tronk was, noem hy dat hy bedoel het om die lande om Duitsland in te val en te verower en hulle sodoende Duits te maak. Hy het teen die Kommuniste en etniese minderhede, soos Jode, uitgevaar. Ná hy aan bewind gekom het, het hy Duitsland met 'n grootskaalse program van bewapening voorberei vir nog 'n oorlog. Tydens die Groot Depressie het baie sakeondernemings bankrot gespeel en selfmoordsyfers het gestyg. Hitler en die Italiaanse Benito Mussolini het 'n ekonomiese verbetering belowe, iets wat baie ondersteuners gelok het.

Adolf Hitler Josef Stalin
Winston Churchill Franklin D. Roosevelt
Kloksgewys van links-bo: Adolf Hitler, Josef Stalin, Franklin D. Roosevelt en Winston Churchill.

Tydens die Spaanse Burgeroorlog van 1936 tot 1939 is die Spaanse demokratiese regering, wat grotendeels deur die Sowjetunie en ander lede van die Volkebond ondersteun is, omvergegooi deur 'n fascistiese politieke party onder leiding van Francisco Franco, 'n Nazi-ondersteuner.

In die laat 1930's het Hitler die Verdrag van Versailles verbreek: dié verdrag was verantwoordelik vir die vrede na die Eerste Wêreldoorlog en het vereis dat Duitsland, onder andere, die land sal ontwapen en sy leër beperk tot 100 000 man. Hitler het egter die Rynland hermilitariseer en die Duitse leër, die vloot en die lugmag groter gemaak.

Die Britse en Franse regerings het 'n paaibeleid gevolg in die hoop om 'n nuwe Europese oorlog te vermy: hul bevolkings was steeds vermoeid na die reuse sterfgetalle van die Eerste Wêreldoorlog. Dié beleid het sy klimaks bereik in die Ooreenkoms van München in 1938, waardeur die skynbaar onvermydelike uitbreek van die oorlog voorkom is toe die Verenigde Koninkryk en Frankryk ingestem het tot Duitsland se anneksering en onmiddellike besetting van die Duits-sprekende streke van Tsjeggo-Slowakye. In ruil hiervoor het Hitler sy woord gegee dat Duitsland geen verdere aansprake op gebiede in Europa sou maak nie.[3][4] Neville Chamberlain het verklaar dat die ooreenkoms "vrede vir ons tyd" teenwoordig het. In Maart 1939 het Duitsland egter die res van Tsjeggo-Slowakye ingeval en 'n effektiewe einde aan enige pogings van versoening gemaak.

Wjatsjeslaw Molotow onderteken die Molotow-Ribbentrop-verdrag in Moskou.

Die mislukking van die Ooreenkoms van München het bewys dat Hitler nie betroubaar was wat onderhandelings aanbetref nie en dat sy aspirasies vir oorheersing van Europa verder gestrek het as wat die Verenigde Koninkryk en Frankryk kon duld. Pole en Frankryk het op 19 Mei 1939 amptelik belowe om mekaar van militêre ondersteuning te voorsien, sou een van die lande aangeval word. Die Britte het reeds in Maart van dié jaar hul ondersteuning aan Pole aangebied.

Op 23 Augustus 1939 het Duitsland en die Sowjetunie die Molotow-Ribbentrop-verdrag onderteken. Die verdrag het 'n geheime protokol ingesluit wat Sentraal-Europa in Duitse en Sowjetse areas van belangstelling ingedeel het, insluitende 'n voorwaarde wat Pole opgedeel het. Elke land het die ander beloof dat hy vry sou wees om sy dele te regeer soos hy dit goeddink, selfs al het dit militêre besetting ingesluit. Die ooreenkoms het voorsiening gemaak vir die verkoop van olie en kos deur die Sowjetunie aan Duitsland; dít het die gevaar van 'n Britse blokkade verminder (so 'n blokkade het veroorsaak dat Duitsland amper uitgehonger het tydens die Eerste Wêreldoorlog). Hitler was bereid om oorlog teen Pole te verklaar en ook teen die Verenigde Koninkryk en Frankryk, indien nodig. Hy het beweer dat daar Duitse griewe was rakende die kwessies omtrent die Vrye Stad Danzig en die Poolse Korridor. In werklikheid was hy egter van plan om alle Poolse gebiede te verower en dit deel van die "Deutsches Reich" te maak.[n 1] Die ondertekening van 'n nuwe alliansie tussen die Verenigde Koninkryk en Pole op 25 Augustus het nie sy planne aansienlik verander nie.

Op 1 September 1939 het Duitsland Pole binnegeval, wat veroorsaak het dat Frankryk en die Verenigde Koninkryk oorlog teen Duitsland verklaar het. Die Verenigde Koninkryk het saam met hom die reuse Britse Ryk gebring en die meeste lede van die Britse Statebond het kort daarna by hulle aangesluit.

Oorsaak van die oorlog in Asië

Japannese troepe marsjeer Shenyang binne tydens die Mukden-insident 1931.

Westerse lande het, volgens die beleid van die Verdrag van Versailles, begin om Japan as 'n koloniale moondheid te erken en sommige politieke en militêre leiers het daarop aangedring dat Japan daarop geregtig was om, onder die heerskappy van Keiser Hirohito, Asië te verower en te herenig.

Japan het Mantsjoerye in 1931 ingeval en Sjina in 1937 om sodoende die land se karige stapels natuurlike bronne te vermeerder: Japan het gely aan oorbevolking en wou die land se koloniale ryk uitbrei. Die Japannese het aanvanklike aantogte gemaak, maar was vertraag en tydelik teëgesit in die Slag van Sjanghai. Die stad is egter in Desember 1937 deur die Japannese verower, saam met die destydse hoofstad Nanking (ook gespel "Nanjing"). As gevolg hiervan het die Sjinese Nasionaliste-regering hul setel verskuif na Wuhan en daarna na Tsjoengking tot aan die einde van die oorlog. Verowerde gebiede van Sjina is blootgestel aan wreedaardige besettings, met baie wreedaardige dade teen die Sjinese burgers, waaronder die Bloedbad van Nanking en wydverspreide gebruik van chemiese wapens. Japan en Sjina het nooit amptelik oorlog verklaar nie: beide het gevrees dat 'n oorlogsverklaring Europa en die Verenigde State sou vervreem.

Die Stille Oseaan in 1939.

In die lente van 1939 het die Sowjetse en Japannese magte in Mongolië gebots. Die groeiende Japannese teenwoordigheid in die Verre Ooste is as 'n groot strategiese bedreiging deur die Sowjetunie gesien en die Sowjetse vrees vir 'n oorlog wat op twee verskillende geografiese plekke geveg moes word, was die primêre rede vir die Molotow-Ribbentrop-verdrag met die Duitse Ryk, alhoewel sommige geskiedkundiges glo dat die Ooreenkoms van München die primêre oorsaak van die verdrag was. Die Japannese inval van Mongolië het gefaal, aangesien hul magte deur die Sowjetse eenhede, onder leiding van Generaal Georgi Zjoekof, afgeslaan is. Na dié mislukte inval het daar vrede tussen die Sowjetunie en Japan geheers tot en met 1945. Japan het daarin belanggestel om sy ryk uit te brei, wat tot konflik gelei het met die Verenigde State oor die Filippyne en die beheer van die seeroetes na die Nederlandse Oos-Indië. Die Sowjetunie het op die weste gekonsentreer en het slegs die minimum troepe agtergelaat om die grens teen Japan te bewaak.

Vliegtuie van die Flying Tigers met hul opmerklike haai-agtige versierings.

Japannese magte het die Franse kolonie Frans-Indosjina op 22 September 1940 binnegeval. Die Verenigde State van Amerika (na hulle die V.S.-Japannese handelsverdrag van 1911 opgesê het), die Verenigde Koninkryk, Australië en Nederland (wat die olie van die Nederlandse Oos-Indië beheer het) het in 1941 gereageer deur boikotte in te stel op die uitvoer van natuurlike hulpbronne na Japan. Die westerse magte het ook begin om lenings aan Sjina te voorsien, saam met geheime militêre ondersteuning, bekend as die Flying Tigers ("Vlieënde Tiere").

Japan moes kies tussen sy onttrekking uit Sjina en Indo-China, die onderhandeling van 'n middeweg, om hulpbronne elders te koop of om oorlog te verklaar en lande te verower wat beskik het oor olie, ystererts, bauxiet en ander grondstowwe. Japan se leiers het geglo dat die Geallieerdes te besig was met die oorlog teen Duitsland en Italië, om hul aan Japan te steur. Verder, dat die Verenigde State steeds nie gereed was vir oorlog nie en eerder 'n middeweg sou wou vind, as om 'n volskaalse oorlog te voer. Japan het dus voortgegaan met hul planne vir 'n oorlog in die Stille Oseaan, deur byna-gelyktydige aanvalle te loods teen Maleisië, Thailand, Hongkong, Hawaii, die Filippyne en Wake-eiland.

Vir propaganda-doeleindes het Japan se leiers verklaar dat die doel van hul militêre veldtogte die skepping van 'n "Groot Oos-Asiese welstandsfeer" is. Dié sfeer, het hulle beweer, sou 'n samewerkende genootskap van Asiatiese nasies wees, wat deur Japan van Europese koloniale oorheersing bevry is en dus selfstandig en selfgedetermineerd sou kon bestaan. In die praktyk was besette lande en hul bevolkings egter geheel en al ondergeskik aan Japannese gesag.

Other Languages
Alemannisch: Zweiter Weltkrieg
žemaitėška: Ontra svieta vaina
беларуская (тарашкевіца)‎: Другая сусьветная вайна
Bislama: Wol Wo Tu
brezhoneg: Eil Brezel-bed
Chavacano de Zamboanga: Segunda Guerra Mundial
qırımtatarca: Ekinci Cian cenki
dolnoserbski: Druga swětowa wójna
emiliàn e rumagnòl: Secånda guèra mundièl
English: World War II
Esperanto: Dua mondmilito
estremeñu: II Guerra Mundial
Nordfriisk: Naist Wäältkrich
Gàidhlig: An Dàrna Cogadh
客家語/Hak-kâ-ngî: Thi-ngi-chhṳ Sṳ-kie Thai-chan
Fiji Hindi: World War II
hornjoserbsce: Druha swětowa wójna
Bahasa Indonesia: Perang Dunia II
Patois: Wol Waar II
Basa Jawa: Perang Donya II
къарачай-малкъар: Экинчи дуния къазауат
Ripoarisch: Zweide Weltkresch
Lëtzebuergesch: Zweete Weltkrich
Lingua Franca Nova: Gera Mundal Du
لۊری شومالی: قی جھوٙنی دویوم
Basa Banyumasan: Perang Donya II
Baso Minangkabau: Parang Dunia II
Bahasa Melayu: Perang Dunia Kedua
မြန်မာဘာသာ: ဒုတိယ ကမ္ဘာစစ်
مازِرونی: جهونی جنگ دوم
Dorerin Naoero: Eaket Eb II
Plattdüütsch: Tweete Weltkrieg
Nedersaksies: Tweede Wereldoorlog
नेपाल भाषा: तःहताः २
norsk nynorsk: Andre verdskrigen
davvisámegiella: Nubbi máilmmisoahti
srpskohrvatski / српскохрватски: Drugi svjetski rat
Simple English: World War II
slovenščina: Druga svetovna vojna
српски / srpski: Други светски рат
Basa Sunda: Perang Dunya II
Türkmençe: İkinji Jahan Urşy
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: ئىككىنچى دۇنيا ئۇرۇشى
oʻzbekcha/ўзбекча: Ikkinchi jahon urushi
vepsän kel’: Toine mail'man soda
Volapük: Volakrig telid