Transkei

Transkei
Republic of Transkei
iRiphabliki yeTranskei
Flag of South Africa (1928–1994).svg
1976 – 1994Flag of South Africa.svg
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: iMbumba yaManyama
Xhosa vir Eendrag Maak Mag
Volkslied: Nkosi Sikelel' iAfrika
Xhosa vir God seën Afrika
Ligging of Transkei
Ligging van Transkei in Suid-Afrika
HoofstadMthatha (voorheen Umtata)
Taal/TaleXhosa (amptelik)
-Suid-Sotho en Engelse vertalings verlang om wette te proklameer
Afrikaans toegelaat in administrasie en wetgewer
RegeringRepubliek
PresidentKaiser Matanzima (1976-1987)
Bantu Holomisa (1987-1994)
WetgewerParlement
Historiese tydperkApartheid
 - Stigting26 Oktober 1976
 - Weer ingelyf in Suid-Afrika27 April 1994
Oppervlakte
 - 199445 000 km2
17 375 sq mi
Bevolking
 - 1994 skatting2 400 000 
     Digtheid53,3 /km² 
138,1 /sq mi
GeldeenheidSuid-Afrikaanse Rand

Die voormalige Transkei was die eerste en grootste van die voormalige onafhanklike Swart tuislande (Bantoestans), wat onder die bewind van die Nasionale Party geskep is, met 'n oppervlak van 38 712 vierkante kilometer en 3,2 miljoen inwoners. Die gebied is sedert die 15de eeu die historiese tuisland van die Xhosa- en Pondo-stamme, en in 1989 het naastenby die helfte van die Xhosas in Suid-Afrika in die Transkei gewoon.

Transkei het uit die gebiede Fingoland, Tembuland, Griekwaland-Oos, Pondoland en Galekaland bestaan. Die hoofstad was Umtata (die huidige Mthatha), wat in 1879 gestig is, met sowat 50 000 inwoners, en die enigste seehawe Port St. Johns.

Die gebied staan bekend vir sy verruklike natuurtonele, veral langs die Wildekus, 'n subtropiese kusstreek met 'n lengte van sowat 280 kilometer. Oud-president Nelson Mandela was 'n boorling van Mvezo, 'n dorpie in Transkei.

Geskiedenis

Topografiese kaart van die Transkei

Onder die Britse koloniale bewind is Transkei sedert die 19de eeu deur 'n aantal rade van inheemse stamhoofde geregeer. Hierdie rade is in 1931 in 'n Algemene Raad onder voorsitterskap van 'n Blanke amptenaar verenig. In 1951 is ook streeksrade in die lewe geroep, en in 1956 vervang 'n Gebiedsraad van alle Xhosas die Algemene Raad.

Transkei was sedert die jaar 1963 selfregerend en het op 26 Oktober 1976 formeel onafhanklik geword, alhoewel die nuwe staat nie deur ander lande behalwe Suid-Afrika erken is nie. Die Verenigde Nasies en die Organisasie vir Afrika-eenheid het die onafhanklikheidsverklaring skerp veroordeel. Hulle het die Suid-Afrikaanse regering ook daarvan beskuldig dat die grense tussen Transkei en Lesotho opsetlik gesluit is.

In 1977 het Transkei en Suid-Afrika in 'n ernstige geskil oor die gebied Oos-Griekwaland geraak, wat deur Transkei opgeëis is. Op 10 April 1978 het Transkei selfs sy diplomatieke betrekkinge met die Republiek van Suid-Afrika verbreek, nadat Oos-Griekwaland nie aan Transkei afgestaan is nie en by die Suid-Afrikaanse provinsie Natal ingelyf is.

In 1987 het Bantu Holomisa ná 'n militêre staatsgreep Kaizer Daliwonga Matanzima as staatshoof vervang. Ná die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, is die Transkei heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika. Dit maak nou deel uit van die provinsie Oos-Kaap.

Other Languages
تۆرکجه: ترانسکی
башҡортса: Транскей
català: Transkei
čeština: Transkei
dansk: Transkei
Deutsch: Transkei
English: Transkei
Esperanto: Transkejo
español: Transkei
euskara: Transkei
فارسی: ترانسکی
suomi: Transkei
français: Transkei
עברית: טרנסקאי
Bahasa Indonesia: Transkei
italiano: Transkei
한국어: 트란스케이
Bahasa Melayu: Transkei
Nederlands: Transkei
norsk: Transkei
ਪੰਜਾਬੀ: ਟ੍ਰਾਂਸਕੇਈ
polski: Transkei
português: Transquei
русский: Транскей
srpskohrvatski / српскохрватски: Transkei
Simple English: Transkei
српски / srpski: Транскеј
svenska: Transkei
Kiswahili: Transkei
Türkçe: Transkei
українська: Транскей
isiXhosa: I-Transkei
Yorùbá: Transkei
中文: 特蘭斯凱