Therapsida

’n Skets van ’n Pristerognathus, ’n katgrootte terosefaliër-terapside.
Therapsida
Tydperk: Vroeë PermHoloseen 275–0 m. jaar gelede
’n Skelet van die terapside Inostrancevia alexandri.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Subfilum:Vertebrata
Superklas:Tetrapoda
Klas:Synapsida
Orde:Therapsida
(Broom, 1905)
Therapsida
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klade:Synapsida
Klade:Sphenacodontoidea
Orde:Therapsida
(Broom, 1905)
Klades
  • †Biarmosuchia
  • Eutherapsida
    • †Dinocephalia
      • †Anteosauria
      • †Tapinocephalia
  • Neotherapsida
    • †Anomodontia
      • †Dromasauria
      • †Dicynodontia
  • Theriodontia
    • Cynodontia
      • Mammalia
    • †Gorgonopsia
    • †Therocephalia

Therapsida, of die terapsides, is ’n groep sinapsides en sluit soogdiere en hul voorsate in.[1][2] Baie van die kenmerke wat vandag beskou word as uniek aan soogdiere, was reeds by die vroeë terapsides aanwesig – ook die regop houding. Die vroegste fossiel wat as Therapsida geklassifiseer is, is Tetraceratops insignis uit die Vroeë Perm-periode.[3][4] Terapsides het 275 miljoen jaar gelede ontwikkel uit die uitgestorwe orde Pelycosauria (meer spesifiek uit Sphenacodontia). Hulle het die pelikosouriërs in die Middel-Perm vervang as die oorheersende landdiere en is op hul beurt in die Trias deur die archosouromorfe vervang, hoewel een groep terapsides, Kannemeyeriiformes, nog in die Laat-Trias volop was. Die terapsides het Cynodontia ingesluit, die groep wat in die Laat Trias sowat 225 miljoen jaar gelede gelei het tot die soogdiere. Van die terapsides wat nie soogdiere was nie, het net Cynodontia en Dicynodontia die Trias-Jura-uitwissing oorleef. Die laaste groep van dié diere, Tritylodontidae, het in die Vroeë Kryt uitgesterf, sowat 100 miljoen jaar gelede.

Other Languages
العربية: ثيرابسيد
català: Teràpsids
čeština: Therapsidi
Deutsch: Therapsiden
Ελληνικά: Θηριαψιδωτά
English: Therapsid
español: Therapsida
euskara: Therapsida
فارسی: ددکمانان
suomi: Terapsidit
français: Therapsida
galego: Terápsidos
עברית: תראפסידה
hrvatski: Terapsidi
magyar: Therapsida
Bahasa Indonesia: Therapsida
italiano: Therapsida
日本語: 獣弓類
한국어: 수궁류
Latina: Therapsida
македонски: Терапсиди
Nederlands: Therapsida
ଓଡ଼ିଆ: Therapsid
polski: Terapsydy
português: Therapsida
русский: Терапсиды
srpskohrvatski / српскохрватски: Terapsidi
Simple English: Therapsid
slovenčina: Terapsidy
svenska: Therapsider
Tagalog: Therapsida
Türkçe: Therapsida
українська: Терапсиди
Tiếng Việt: Bộ Cung thú
Winaray: Therapsida
中文: 獸孔目