Teheran

Teheran
تهران Tehrān
Tehran skyline may 2007.jpg
Ligging van Teheran op 'n kaart (Iran)
Teheran
Teheran
Ligging in Iran
Koördinate: 35°41′46″N 51°25′23″O / 35°41′46″N 51°25′23″O / 35.69611; 51.42306
Land Vlag van Iran Iran
Provinsie Teheran
Shahrestan (distrik) Teheran
Shemiranat
Stigting Voor 9de eeu
Regering
 - Burgemeester Mohammad Ali Najafi
Oppervlak
 - Stad 730 km²  (280 vk m)
Hoogte 1 200 m (3 937 vt)
Bevolking (2012)
 - Stad 8 244 535
 - Digtheid 10 327 6/km² (26 748 3/vk m)
 - Metropolitaans 13 828 365
Tydsone IRST (UTC+3:30)
 - Somer (DST) IRDT (UTC+4:30)
Poskode
Skakelkode(s) 021
Webwerf: tehran.ir

Teheran (Persies: تهران Tehrān ), die hoofstad van Iran, is in die gelyknamige provinsie in die noorde van die land geleë. Met 'n bevolking van meer as 15 miljoen in die metropolitaanse gebied is dit ook die grootste stad in die land en een van die grootste metropole ter wêreld.

Die stad, wat teen die hellings van die Elboers-bergreeks en aan die voet van die rustende vulkaan Damavand geleë is (hierdie piek op 'n hoogte van 5 670 m verrys sowat 80 km noordoos van Teheran), en in die noorde deur die hellings van die bergpiek Towchal (byna 4 000 m bo seespieël) begrens word, is eers sowat twee eeue gelede tot die hoofstad van Iran verhef. Intussen het die stad tot die land se belangrikste ekonomiese en wetenskaplike sentrum gegroei.

Die huidige stadsgebied beslaan sowat 730 km2. Vanweë hul ligging temidde van berghellings is Teheran se stadsdele teen verskillende hoogtes geleë. Die suidelike stadsdele grens aan die Dasht-e Kevir-soutwoestyn en is sowat 1 000 m bo seevlak geleë, die stadsentrum ietwat hoër teen sowat 1 200 m bo seevlak en die welvarende noordelike voorstede, waar tradisioneel die meeste regeringsgeboue en ambassades geleë is, teen 1 700 m bo seevlak. Teheran het 'n klimaat met vier seisoene – warm somers, koue winters, en relatief kort lentes en najare.

Teheran – 'n metropool temidde van berge

Die meeste arm Tehrani's, soos die hoofstadbewoners in Iran genoem word, is in die suidelike stadsgebied saamgetrek wat in vergelyking met die noordelike stadsdele deur 'n warmer, minder aangename klimaat gekenmerk word. Die noorde was van oudsher die gewildste woongebied vir Teheran se welgesteldes.

Teheran is die administratiewe, ekonomiese, kulturele en vervoermiddelpunt van Iran wat met sy stedelike leefstyl en die groot verskeidenheid werkgeleenthede steeds meer nuwe aankomelinge lok. Sodoende het die stad van 'n beskeie nedersetting met 'n bevolking van omstreeks 15 000 in 1800 tot die middel van die 19de eeu reeds tot 'n belangrike stad met meer as 100 000 inwoners gegroei. In die 1930's het die inwonertal die kwartmiljoenkerf verbygesteek, en volgens die sensus van 1997 was dit in dié jaar al een van die wêreld se grootste metropole met meer as tien miljoen inwoners.

Hierdie ongekende proses van verstedeliking het met ekonomiese vooruitgang en motorisering van groot dele van die bevolking gepaard gegaan, maar het naas sosiale ook ernstige omgewingsvraagstukke veroorsaak. Die uitlaatgasse, wat deur nywerhede en miljoene voertuie in die atmosfeer ingestuur word, belemmer nie net die uitsig op die berge van die omgewing nie, maar lei jaarliks tot duisende sterftes.

Other Languages
Acèh: Tèhran
адыгабзэ: Тегеран
Alemannisch: Teheran
አማርኛ: ቴህራን
aragonés: Teherán
العربية: طهران
ܐܪܡܝܐ: ܛܗܪܐܢ
مصرى: طهران
অসমীয়া: তেহৰাণ
asturianu: Teḥrán
azərbaycanca: Tehran
تۆرکجه: تهران
башҡортса: Тәһран
Boarisch: Teheran
žemaitėška: Teherans
Bikol Central: Tehran
беларуская: Тэгеран
беларуская (тарашкевіца)‎: Тэгеран
български: Техеран
বাংলা: তেহরান
བོད་ཡིག: ཏེ་ཧི་རན།
brezhoneg: Tehran
bosanski: Teheran
буряад: Тегеран
català: Teheran
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Tehran
нохчийн: ТехӀран
کوردی: تاران
qırımtatarca: Tehran
čeština: Teherán
Чӑвашла: Тегеран
Cymraeg: Tehran
dansk: Teheran
Deutsch: Teheran
Zazaki: Tehran
डोटेली: तेहरान
Ελληνικά: Τεχεράνη
English: Tehran
Esperanto: Teherano
español: Teherán
eesti: Teheran
euskara: Teheran
estremeñu: Teherán
فارسی: تهران
suomi: Teheran
Võro: Teheran
føroyskt: Tehran
français: Téhéran
Frysk: Teheran
Gaeilge: Teheran
Gagauz: Tahran
Gàidhlig: Tehran
galego: Teherán
گیلکی: تئران
Hausa: Tehran
客家語/Hak-kâ-ngî: Tehran
עברית: טהראן
हिन्दी: तेहरान
Fiji Hindi: Tehran
hrvatski: Teheran
hornjoserbsce: Teheran
Kreyòl ayisyen: Teheran
magyar: Teherán
հայերեն: Թեհրան
interlingua: Teheran
Bahasa Indonesia: Teheran
Interlingue: Teheran
Ilokano: Tehran
ГӀалгӀай: Тегеран
Ido: Tehran
íslenska: Teheran
italiano: Teheran
日本語: テヘラン
Basa Jawa: Teheran
ქართული: თეირანი
Qaraqalpaqsha: Tehran
Taqbaylit: Ṭehran
Адыгэбзэ: Дыхьэрэн
Kabɩyɛ: Teeraŋ
Kongo: Teheran
қазақша: Тегеран
kalaallisut: Tehran
ಕನ್ನಡ: ತೆಹ್ರಾನ್
한국어: 테헤란
kurdî: Tehran
kernowek: Tehran
Кыргызча: Тегеран
Latina: Teheranum
Lëtzebuergesch: Teheran
лезги: Тегьран
Limburgs: Teheran
Ligure: Teheran
lumbaart: Teheran
لۊری شومالی: تیرۊ
lietuvių: Teheranas
latviešu: Teherāna
Malagasy: Teheran
олык марий: Тегеран
Māori: Tehran
македонски: Техеран
മലയാളം: ടെഹ്റാൻ
монгол: Тегеран
मराठी: तेहरान
Bahasa Melayu: Teheran
မြန်မာဘာသာ: တီဟီရန်မြို့
эрзянь: Тегеран ош
مازِرونی: تهرون
Napulitano: Teheran
नेपाली: तेहरान
नेपाल भाषा: तेहरान
Nederlands: Teheran
norsk nynorsk: Teheran
norsk: Teheran
Chi-Chewa: Tehran
occitan: Teheran
Livvinkarjala: Tegeran
ଓଡ଼ିଆ: ତେହେରାନ
Ирон: Тæхран
ਪੰਜਾਬੀ: ਤਹਿਰਾਨ
Papiamentu: Teheran
Norfuk / Pitkern: Tegeraan
polski: Teheran
Piemontèis: Teheran
پنجابی: تہران
پښتو: تهران
português: Teerã
Runa Simi: Tehran
rumantsch: Teheran
română: Teheran
tarandíne: Teheran
русский: Тегеран
русиньскый: Тегеран
саха тыла: Тегеран
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱛᱮᱦᱨᱟᱱ
sardu: Teheran
sicilianu: Teheran
Scots: Tehran
davvisámegiella: Teheran
srpskohrvatski / српскохрватски: Teheran
සිංහල: ටෙහ්රාන්
Simple English: Tehran
slovenčina: Teherán
slovenščina: Teheran
chiShona: Tehran
Soomaaliga: Tahraan
shqip: Teherani
српски / srpski: Техеран
svenska: Teheran
Kiswahili: Tehran
ślůnski: Teheran
தமிழ்: தெகுரான்
తెలుగు: టెహరాన్
тоҷикӣ: Теҳрон
Türkmençe: Tähran
Tagalog: Teherán
Türkçe: Tahran
татарча/tatarça: Тәһран
Twi: Teheran
удмурт: Тегеран
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: تېھران
українська: Тегеран
اردو: تہران
oʻzbekcha/ўзбекча: Tehron
vèneto: Tehran
vepsän kel’: Tehran
Tiếng Việt: Tehran
Volapük: Tehran
Winaray: Tehran
吴语: 德黑兰
მარგალური: თეირანი
ייִדיש: טעהראן
Yorùbá: Tehran
中文: 德黑兰
文言: 德黑蘭
Bân-lâm-gú: Tehran
粵語: 德黑蘭