Svalbard

Svalbard
Die ligging van Svalbard in Europa
Die ligging van Svalbard in Europa
Geografie
LiggingNoordelike Atlantiese Oseaan
Koördinate78°54′N 18°01′O / 78°54′N 18°01′O / 78.900; 18.017
ArgipelSvalbard
Oppervlakte61 022 vk km
Hoogste puntNewtontoppen 1 713 m
Administrasie
Vlag van Noorweë Noorweë
ProvinsieSvalbard
Sysselmann van SvalbardOdd Olsen Ingerø (2009-)
HoofstadLongyearbyen
Grootste stadLongyearbyen (2 932 (2011)[1])
Demografie
Bevolking2 932
Bevolkingsgroepe72% Noorweegs
16% Russies/Oekraïns
12% Ander
.sj is toegeken as Internet-topvlakdomein maar word nie gebruik nie[2]

Svalbard is ’n argipel in die Noordpoolstreek wat die mees noordelike deel van Noorweë vorm. Dit lê ongeveer 650 km noord van die Europese vasteland, halfpad tussen Noorweë op die vasteland en die Noordpool. Die eilandgroep lê tussen 74° en 81° noord (binne die Arktiese Sirkel) en 10° en 35° oos. Spitsbergen is die grootste eiland, gevolg deur Nordaustlandet en Edgeøya. Die administratiewe sentrum is Longyearbyen en ander nedersettings sluit die Russiese myngemeenskap van Barentsburg, die navorsingsgemeenskap by Ny-Ålesund en Sveagruva, ’n mynbuitepos, in. Die argipel is onder die administrasie van die Goewerneur van Svalbard.

Die eilande is die eerste keer as ’n walvisjagbasis in die 17de en 18de eeue gebruik, maar is daarna weer verlaat. Aan die begin van die 20ste eeu is begin met die ontginning van steenkool en verskeie permanente gemeenskappe is daar gevestig. Die Spitsbergenverdrag van 1920 erken Noorweegse soewereiniteit en die Svalbard-wet van 1925 het Svalbard ’n regmatige deel van die Koninkryk van Noorweë gemaak. Hierdie wet het ook verseker dat Svalbard ’n vrye ekonomiese en gedemilitariseerde gebied is. Die Noorweegse Store Norske en die Russiese Arktikugol is die enigste mynmaatskappye wat op die eilande werksaam is. Navorsing en toerisme het belangrike aanvullende industrieë geword. Twee groot navorsingsfasiliteite is die Universiteitsentrum in Svalbard en die Svalbard Wêreldsaadkelder. Daar is geen paaie tussen nedersettings nie en daar word van sneeumobiele, vliegtuie en bote gebruik gemaak. Svalbard Lughawe, Longyear dien as die poort na Europa.

Die argipel het ’n Arktiese klimaat maar het heelwat hoër temperature as ander areas wat op dieselfde breedtegraad lê. Die flora trek voordeel uit die lang middernagson om op te maak vir die poolnag. Svalbard is die broeiplek vir baie seevoëls en daar is ook ysbere, rendiere en seesoogdiere. Twee derdes van die argipel word ingeneem deur sewe nasionale parke en 23 natuurreservate, wat die grootliks onaangeraakte dog brose omgewing beskerm. Sestig persent van die argipel is gletser en daar is baie berge en fjords.

Geografie

’n Topografiese kaart van Svalbard
Nasa-Satellietbeeld van Svalbard

Svalbard is ’n argipel tussen die Arktiese Oseaan, Barentssee, Groenlandsee en die Noorse See en maak die noordelikste deel van Noorweë uit.[3] Die verdrag definieer Svalbard as alle eilande, eilandjies en rotse van 74° tot 81° noorderbreedte en van 10° tot 35° oosterlengte.[4][5] Die eilande beslaan ’n oppervlak van 61 022 km² en Spitsbergen, wat meer as die helfte van die argipel uitmaak, is die grootste eiland, gevolg deur Nordaustlandet en Edgeøya.[1] Al die nedersettings is op Spitsbergen behalwe vir die meteorologiese buiteposte op Beereiland en Hopen.[3] Die Noorweegse staat het beheer geneem oor alle onopleëiste grond (dit is 95.2% van die argipel) ten tyde van die inwerkingtreding van die Spitsbergenverdrag; Store Norske besit 4%, Arktikugol besig 0.4% en ander privaateienaars besit 0.4%.[6]

Svalbard is geleë in die noordwestelike hoek van die Eurasiese plaat. Die seebodem na die suide en ooste is vlak (ongeveer 200 tot 300 m) terwyl die noorde en weste tot ongeveer 4 km diep is. Noord van Svalbard is pakys en die Noordpool en die Noorweegse vasteland lê na die suide. Die Russiese argipel Franz Josef-land en Nowaja Zemlja lê na die ooste en Groenland na die weste.[7]

Omdat dit noord van die Arktiese Sirkel geleë is, ervaar Svalbard die middernagson in die somer asook die poolnag in die winter. By 74° noord duur die middernagson 99 dae en die poolnag 84 dae terwyl dit by 81° noord onderskeidelik 141 en 128 dae duur.[8] In Longyearbyen duur die middernagson van 20 April tot 23 Augustus en die poolnag van 26 Oktober tot 15 Februarie.[4] In die winter kan die kombinasie van ’n volmaan en reflekterende sneeu addisionele lig bied.[8]

Vergletsering dek ongeveer 36 502 km², of 60% van Svalbard; 30% is onvrugbare rots terwyl 10% begroei is.[7] Die grootste gletser is Austfonna (8 412 km² op Nordaustlandet, gevolg deur Olav V Land en Vestfonna. Gedurende die somer is dit moontlik om van Sørkapp in die suide tot by die noorde van Spitsbergen te ski, met slegs ’n klein gedeelte wat nie deur sneeu of gletser bedek is nie. Kvitøya is 99,3% bedek deur gletser.[9]

Die landvorme van Svalbard is geskep deur herhaaldelike ystydperke, waar gletsers van die plato in die fjords, valleie en berge gesny het.[10] Die hoogste piek is Newtontoppen (1 712 m) gevolg deur Perriertoppen (1 712 m), Ceresfjellet (1 675 m), Chadwickryggen (1 640 m) en Galileotoppen (1 637 m). Die langste fjord is Wijdefjorden (108 km) gevolg deur Isfjorden (107 km), Van Mijenfjorden (83 km), Woodfjorden (64 km) en Wahlenbergfjorden (46 km).[11] Svalbard is deel van die Hoog-Arktiese Groot Vulkaniese Provinsie[12] en het Noorweë se grootste aardbewing op 6 Maart 2009 beleef; die aardbewing het 6.5 op die Richterskaal gemeet.[13]

Other Languages
Acèh: Svalbard
አማርኛ: ስቫልባር
aragonés: Svalbard
Ænglisc: Scearpbeorgas
العربية: سفالبارد
asturianu: Svalbard
azərbaycanca: Şpitsbergen
žemaitėška: Svalbards
беларуская: Шпіцберген
беларуская (тарашкевіца)‎: Шпіцбэрген
български: Шпицберген
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: স্ভালবার্ড
brezhoneg: Svalbard
bosanski: Svalbard
català: Svalbard
нохчийн: Шпицберген
čeština: Špicberky
Чӑвашла: Шпицберген
Cymraeg: Svalbard
dansk: Svalbard
Zazaki: Svalbard
dolnoserbski: Svalbard
English: Svalbard
Esperanto: Svalbardo
español: Svalbard
eesti: Svalbard
euskara: Svalbard
فارسی: سوالبار
føroyskt: Svalbarð
français: Svalbard
arpetan: Svalbârd
Nordfriisk: Svalbard
Gàidhlig: Svalbard
galego: Svalbard
Gaelg: Svalbard
עברית: סבאלברד
हिन्दी: स्वालबार्ड
hrvatski: Svalbard
hornjoserbsce: Svalbard
magyar: Spitzbergák
Հայերեն: Շպիցբերգեն
Bahasa Indonesia: Svalbard
Interlingue: Svalbard
Ilokano: Svalbard
íslenska: Svalbarði
italiano: Isole Svalbard
Basa Jawa: Svalbard
ქართული: შპიცბერგენი
қазақша: Шпицберген
kalaallisut: Svalbard
kernowek: Svalbard
Кыргызча: Шпицберген
Latina: Svalbardum
Lëtzebuergesch: Spitzbergen (Inselgrupp)
Limburgs: Sjpitsberge
lietuvių: Svalbardas
latviešu: Svalbāra
മലയാളം: സ്വാൽബാർഡ്
Bahasa Melayu: Svalbard
Plattdüütsch: Spitzbargen
Nedersaksies: Spitsbargen
norsk nynorsk: Svalbard
norsk: Svalbard
occitan: Svalbard
Papiamentu: Svalbard
Norfuk / Pitkern: Swaalbard
polski: Svalbard
پنجابی: سوالبارد
português: Svalbard
rumantsch: Svalbard
română: Svalbard
русский: Шпицберген
sicilianu: Svalbard
Scots: Svalbard
davvisámegiella: Svalbárda
srpskohrvatski / српскохрватски: Svalbard
Simple English: Svalbard
slovenčina: Svalbard
slovenščina: Spitsbergi
shqip: Svalbard
српски / srpski: Свалбард
Basa Sunda: Svalbard
svenska: Svalbard
Kiswahili: Svalbard
Tagalog: Svalbard
Türkçe: Svalbard
татарча/tatarça: Шпицберген
українська: Шпіцберген
oʻzbekcha/ўзбекча: Shpitsbergen
vèneto: Svalbard
Tiếng Việt: Svalbard
West-Vlams: Spitsbergn
Winaray: Esvalbard
хальмг: Свалбард
Yorùbá: Svalbard
Zeêuws: Spitsberhen
中文: 斯瓦尔巴
Bân-lâm-gú: Svalbard
粵語: 冷岸群島