Susilo Bambang Yudhoyono

Susilo Bambang Yudhoyono
Susilo Bambang Yudhoyono


6de President van Indonesië
Ampstermyn
20 Oktober 2004 – 20 Oktober 2014
ViseJusuf Kalla (2004-2009)
Boediono (2009-2014)
Voorafgegaan deurMegawati Sukarnoputri
Opgevolg deurJoko Widodo

Voorsitter van die Demokratiese Party
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
23 Februarie 2013
Voorafgegaan deurAnas Urbaningrum

Minister van Koördinering van Politiek, Sosiale en Sekuriteit
Ampstermyn
27 Augustus 2000 – 1 Junie 2001
PresidentAbdurrahman Wahid
Voorafgegaan deurSoejardi Soedirja
Opgevolg deurAgum Gumelar
Ampstermyn
9 Augustus 2001 – 1 Junie 2004
PresidentMegawati Sukarnoputri
Voorafgegaan deurAgum Gumelar
Opgevolg deurHari Sabarno

Minister van Mynwese en Energie
Ampstermyn
23 Oktober 1999 – 26 Augustus 2000
PresidentAbdurrahman Wahid
Voorafgegaan deurKuntoro Mangkusubroto
Opgevolg deurPurnomo Yusgiantoro

Persoonlike besonderhede
Geboorte9 September 1949 (1949-09-09) (69 jaar oud)
Pacitan, Oos-Java, Indonesië
Politieke partyDemokratiese Party
Eggenoot/eggenoteKristiani Herawati (sedert 1976)
Kind(ers)2
Alma materMagelang Military Academy
United States Army Command and General Staff College
Webster University
Bogor Agricultural Institute
ReligieIslam
HandtekeningSusilo Bambang Yudhoyono signature.svg

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Indonesië Indonesië
Diens/TakIndonesiese Nasionale Weermag
Jare in diens1973–2000
RangGeneraal
ToekenningsAdhi Makayasa (1973)

Susilo Bambang Yudhoyono (gebore 9 September 1949) is was sesde president van Indonesië vanaf 2004 tot 2014. Hy is die eerste regstreeks gekose president van Indonesië. In die verkiesing van 2004 verslaan hy die vorige president Megawati Soekarnoputri.

Indonesiërs het nie familiename soos in die Weste gebruiklik is nie. Susilo Bambang Yudhoyono is bekend onder verskillende name: tydens sy tyd as generaal in die leër was hy bekend as Yudhoyono. In die media word hy ook Susilo genoem en in Indonesië is hy bekend as SBY ("EsBeeJee").

Yudhoyono is gebore in Pacitan, Oos-Java en is die seun van 'n offisier in die leër. Hy studeer af aan die Indonesiese Militêre Akademie in 1973 en trou met die dogter van 'n ander leëroffisier. In 1975 neem hy deel aan die Indonesiese inval van Oos-Timor en dien daar vir 'n geruime tyd.

Onder Abdurrahman Wahid word Yudhoyono in 2000 benoem tot Minister van Mynwese. Hy is gou bevorder en gou beklee hy die sleutelposisie van Minister van Veiligheid en Politieke sake. Een van sy take was om die leër uit die politiek te kry. Gegewe Wahid se slegte gesondheid is Yudhoyono as die leidende figuur in die Wahid-regering gesien.

Yudhoyono word byna onmiddellik in sy ou funksie deur die nuwe president, Megawati Soekarnoputri herbenoem. Na die bom op Bali in Oktober 2002 lei hy die vervolging en die arrestasies van die (vermoedelike) verantwoordelikes. Hy kry binne sowel as buite Indonesië 'n reputasie as één van die weinige Indonesiese politici wat die oorlog teen terrorisme ernstig opneem.

Other Languages
беларуская (тарашкевіца)‎: Сусіла Бамбанг Юдхаёна
Bahasa Hulontalo: Susilo Bambang Yudhoyono
Bahasa Indonesia: Susilo Bambang Yudhoyono
Basa Banyumasan: Susilo Bambang Yudhoyono
Baso Minangkabau: Susilo Bambang Yudhoyono
srpskohrvatski / српскохрватски: Susilo Bambang Yudhoyono
Simple English: Susilo Bambang Yudhoyono
oʻzbekcha/ўзбекча: Susilo Bambang Yudhoyono
Tiếng Việt: Susilo Bambang Yudhoyono