Suid-Tirol

Outonome Provinsie Bozen - Suid-Tirol
Autonome Provinz Bozen – Südtirol
(Duits)
Provincia Autonoma di Bolzano – Alto Adige (Italiaans)
Provinzia Autonoma de Bulsan-Südtirol (Ladinies)
Flag of South Tyrol.svgSuedtirol CoA.svg
(Vlag van Suid-Tirol)(Wapen van Suid-Tirol)
Ligging van Suid-Tirol in Italië
Ligging van Suid-Tirol in Italië
Kaart van Suid-Tirol
Kaart van Suid-Tirol
Amptelike tale (Sensus 2011)Duits (62,3%), Ladinies (4,1%), Italiaans (23,4%)
HoofstadBolzano
Grootste stadBolzano
Eerste Minister (Landeshauptmann)Arno Kompatscher (SVP)
Oppervlakte
 - Totaal
7 400 vk km
Bevolking
 - Totaal (31 Desember 2016)
 - Bevolkingsdigtheid
524 256
70,8/vk km
Die Brenner-bergpas, geleë naby die grens tussen Oostenryk en Italië, verbind Europa noord van die Alpe met die Mediterreense suide
Oostenryks-Alpynse en Romaanse kulturele invloede en leefstyle versmelt in Suid-Tirol tot 'n unieke eenheid: die historiese middestad van Sterzing
Arkades in Neumarkt
Sononder oor die Drei Zinnen-rotsformasie in die Alpynse Dolomiete-bergreeks wat sowat 'n derde van Suid-Tirol se oppervlakte beslaan
Suidaansig van die bergpiek Piz Ciavazes (2828 m bo seevlak, regs) en die sogenaamde Sellatorings (links) in die Dolomiete-reeks

Suid-Tirol (Duits: Südtirol, Italiaans: Alto Adige, Ladinies: Südtirol), amptelik Outonome Provinsie Bozen - Suid-Tirol (Duits: Autonome Provinz Bozen – Südtirol, Italiaans: Provincia Autonoma di Bolzano – Alto Adige, Ladinies: Provinzia Autonóma de Balsan/Bulsan) is 'n merendeels Duitssprekende streek in Noord-Italië waaraan in 1972 verregaande outonomie toegestaan is, geleë in die Alpebergreeks langs die belangrike Brennerroete. Dit grens aan Oostenryk in die noorde en Switserland in die noordweste.

Suid-Tirol se bevolking is op 31 Desember 2016 op 524 256 beraam. Die streek het 'n oppervlakte van 7 400 km². Die hoofstad en grootste stad is Bolzano. Die amptelike tale is Duits, Ladinies en Italiaans. Suid-Tirol het voor 1918 deel uitgemaak van Tirol in Oostenryk-Hongarye en ná die Eerste Wêreldoorlog onder Italiaanse bewind gekom. Suid-Tirol vorm saam met Trentino die outonome gewes Trentino-Suid-Tirol.

Suid-Tirol word deur 'n sterk streekskultuur gekenmerk wat sy historiese wortels in die kolonisasie deur Alperomaanse en Beierse setlaars en die historiese bande met die Duitssprekende taal- en kultuurgebied in die noorde, met name Oostenryk waarvan dit tot 1919 deel uitgemaak het. Die Europese proses van verregaande samewerking en vereniging het die noue samewerking met ander dele van die historiese gebied Tirol anderkant die Oostenrykse grens vergemaklik. Met die stigting van die sogenaamde Europastreek Tirol-Suid-Tirol-Trentino is eerste stappe in die rigting van institusionele samesluiting onderneem.

Die grootste deel van Suid-Tirol, wat onder die welvarendste streke in Italië en die hele Europese Unie gereken word, het 'n landelike karakter. Tradisioneel was landbou die belangrikste ekonomiese bedryf. Vanaf die middel van die 20ste eeu het dienstesektore soos handel, vervoer en toerisme 'n opswaai getoon.

  • bevolking

Bevolking

Suid-Tirol het 'n trikulturele bevolking van meer as 'n halfmiljoen, waarvan 69,1 persent Duitssprekende Tirolers, 26,5 persent Italiaans- en 4,4 persent Ladiniessprekendes (nasate van die oorspronklike Retoromaanse bevolking wat veral in die Dolomietevalleie saamgetrek is). Nedersettings met 'n oorwegend Italiaanssprekende bevolking sluit Bozen (Bolzano) en dorpe suid daarvan soos Leifers, Salurn, Branzoll en Pfatten in. 98 persent van die Suid-Tiroolse bevolking is lidmate van die Rooms-Katolieke Kerk.

Other Languages
Alemannisch: Südtirol
azərbaycanca: Cənubi Tirol
Boarisch: Sidtiroul
български: Южен Тирол
brezhoneg: Sutirol
català: Tirol del Sud
kaszëbsczi: Pôłniowi Tirol
dansk: Sydtyrol
Deutsch: Südtirol
emiliàn e rumagnòl: Elt Égg’
English: South Tyrol
Esperanto: Sudtirolo
hornjoserbsce: Južny Tirol
Bahasa Indonesia: Provinsi Bolzano-Bozen
한국어: 볼차노현
lumbaart: Südtirol
lietuvių: Pietų Tirolis
Nedersaksies: Zuud-Tirool
Nederlands: Zuid-Tirol
norsk nynorsk: Provinsen Bolzano
norsk: Syd-Tirol
Runa Simi: Urin Tirul
rumantsch: Tirol dal Sid
srpskohrvatski / српскохрватски: Bolzano (provincija)
Simple English: South Tyrol
slovenščina: Južna Tirolska
српски / srpski: Болцано (округ)
svenska: Sydtyrolen
Tagalog: Bolzano
Türkçe: Güney Tirol
Tiếng Việt: Nam Tirol
West-Vlams: Zuud-Tirol
ייִדיש: דרום טיראל
Bân-lâm-gú: Bolzano Chū-tī Séng