Stockholm

Stockholm
Stockholm.jpg

Kaart Wapen
Stockholm Municipality in Stockholm County.png
Stockholm vapen.svg
Vlag
Flag of Stockholm.svg
 Land Vlag van Swede  Swede
 Landskap Södermanland en Uppland
 Län Stockholms län
 Kommun Stockholms kommun
 Koördinate 59°20′N 18°4′O / 59°20′N 18°4′O / 59.333; 18.067
 Stigting 13de eeu
 Oppervlakte:  
 - Tätort 377 vk km
 - Kommun 188 vk km
 - Storstadsområde 6 519 vk km
 Hoogte bo seevlak 15 m
 Bevolking:  
 - Tätort (2012) 1 372 565
 - Kommun (2013) 897 700
 - Storstadsområde (Maart 2011) 2 119 760
 - Bevolkingsdigtheid 3 321/vk km (tätort)
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gem. jaarlikse temperatuur 6,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie –2,8 / 17,0 °C
 - Gem. jaarlikse neerslae 532 mm
 Amptelike Webwerf stockholm.se

Stockholm (uitgespreek [ˈstɔkhɔlm]) is die hoofstad en grootste stad van Swede met 'n oppervlakte van 187 vierkante kilometer en 'n bevolking van 897 700 in 2012.

As die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land word Stockholm veral deur die kontras van land en water (die stad strek oor veertien eilande en lê digby 'n eilandgroep met sowat 24 000 klein eilandjies), historiese en moderne boukuns (die ou stadskern Gamla Stan, waarvan die vroegste dele uit die 13de eeu dateer, is een van die grootste Middeleeuse stadsbuurte in Europa en uniek in sy soort), landelike voorstede en besige sakesentrum, en die lange, helder nagte van die Skandinawiese somer en kort winterdae gekenmerk.

Riddarholmen en die ou stadskern Gamla Stan (Ou Stad)

Vanweë sy ligging op veertien eilande word Stockholm as een van die pragtigste stede ter wêreld beskou en dikwels ook die "Venesië van die Noorde" genoem; sy 13de eeuse stigter het 'n strategiese plek gekies waar die uitgestrekte Mälarmeer in die Oossee uitmond. Water beslaan sowat 'n derde van Stockholm se oppervlakte sodat brûe en jaghawens 'n belangrike bestanddeel van die stad geword het. 'n Doeltreffende omgewingsbeleid het verseker dat hengelaars selfs in die middestad van Stockholm salms kan vang - die stad se wateroppervlaktes pronk in die algemeen met drinkwaterkwaliteit. Danksy die invloed van die see en die warm Golfstroom het Stockholm 'n gematigde klimaat met aangename somers en sneeuvalle tussen Januarie en Maart.

Stockholm het lankal tot die belangrikste toeristebestemming in Skandinawië ontwikkel en vervul in baie opsigte 'n rol as die kulturele hoofstad van die Nordiese lande. Stockholm staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys.

Etimologie

Die oudste verwysings na die stad, wat die naam Stockholm gebruik, dateer uit die 13de eeu en kom in twee Latynse dokumente van Julie 1252 en 19 Augustus 1252 voor. Daar word aangeneem dat die stadsnaam van die versterkings tussen die Mälarmeer en die Oossee afgelei is wat met boomstamme (Sweeds: trästockar) gebou is.

Volgens 'n ander teorie is die naam van die Oud-Sweedse woord stock afgelei wat letterlik "'n groep van" beteken het - Stockholm kan dus ook as "'n groep van eilande" vertaal word.

Die naam in ander tale [1]

Reeds in sy vroeë geskiedenis - die ontstaantydperk van die eerste skriftelike verwysings na Stockholm - het Finssprekende bewoners van die Botniese Golf se oostelike kusgebiede in die stad gevestig en dit Tukholma genoem (tukki is die Finse woord vir "boomstam"). Die groot aantal Duitssprekende inwoners het daarenteen die Sweedse benaming Stockhom bybehou.

In twee van Swede se amptelike minderheidstale, Meänkieli (Tornedal-Fins) en Samies, word Stockholm respektiewelik Stokholmi en Stockholbma genoem. In Latyn word 'n kort vorm, Holmia, as benaming vir Stockholm gebruik.

Byname

Stockholm se talle byname sluit "Venesië van die Noorde" [2] (Nordens Venedig), Eken ("Eikeboom"), "Pêrel van Europa" (Europas Pärla), Kungsbudane en "Koningin van die Mälarmeer" (Mälardrottningen) in. 'n Bekende skertsnaam is Noll-åtta ("Nul-agt").

Die munisipaliteit Stockholm bemark die hoofstadgebied sedert 2006 as The Capital of Scandinavia ("Die Hoofstad van Skandinawië") en wys daarop dat die stad homself as die natuurlike middelpunt van Skandinawië, sy ekonomiese sentrum en toonaangewende kultuurstad beskou. Die bynaam en bewerings, wat daarmee gepaard gaan, het besware van ander Skandinawiese hoofstede uitgelok. [3]

Other Languages
Аҧсшәа: Стоқҳольм
Acèh: Stockholm
Akan: Stockholm
Alemannisch: Stockholm
አማርኛ: ስቶኮልም
aragonés: Estocolmo
Ænglisc: Stoccholm
العربية: ستوكهولم
ܐܪܡܝܐ: ܣܛܘܩܗܘܠܡ
asturianu: Estocolmu
Aymar aru: Stockholm
azərbaycanca: Stokholm
башҡортса: Стокгольм
Boarisch: Stockholm
žemaitėška: Stuokhuolms
Bikol Central: Stockholm
беларуская: Стакгольм
беларуская (тарашкевіца)‎: Стакгольм
български: Стокхолм
Bislama: Stockholm
bamanankan: Stokolm
বাংলা: স্টকহোম
brezhoneg: Stockholm
bosanski: Stockholm
català: Estocolm
Chavacano de Zamboanga: Estocolmo
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Stockholm
нохчийн: Стокгольм
Cebuano: Estokolmo
ᏣᎳᎩ: ᏍᏔᎧᎰᎻ
کوردی: ستۆکھۆڵم
corsu: Stoccolma
čeština: Stockholm
kaszëbsczi: Sztokhòlm
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Стоколмъ
Чӑвашла: Стокгольм
Cymraeg: Stockholm
dansk: Stockholm
Deutsch: Stockholm
Zazaki: Stokholm
dolnoserbski: Stockholm
डोटेली: स्टकहोम
eʋegbe: Stockholm
Ελληνικά: Στοκχόλμη
emiliàn e rumagnòl: Stucólma
English: Stockholm
Esperanto: Stokholmo
español: Estocolmo
eesti: Stockholm
euskara: Stockholm
estremeñu: Estocolmu
فارسی: استکهلم
suomi: Tukholma
Võro: Stokholm
føroyskt: Stokkhólmur
français: Stockholm
arpetan: Stockholm
Nordfriisk: Stockholm
Frysk: Stokholm
Gaeilge: Stócólm
Gagauz: Stockholm
Gàidhlig: Stockholm
galego: Estocolmo
Avañe'ẽ: Etohom
Gaelg: Stockholm
Hausa: Stockholm
客家語/Hak-kâ-ngî: Stockholm
Hawaiʻi: Kekokehome
עברית: סטוקהולם
हिन्दी: स्टॉकहोम
Fiji Hindi: Stockholm
hrvatski: Stockholm
hornjoserbsce: Stockholm
Kreyòl ayisyen: Stokolm
magyar: Stockholm
Հայերեն: Ստոկհոլմ
interlingua: Stockholm
Bahasa Indonesia: Stockholm
Interlingue: Stockholm
Ilokano: Stockholm
íslenska: Stokkhólmur
italiano: Stoccolma
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᔅᑑᒃᓱᓪᒻ
Patois: Stakuom
Basa Jawa: Stockholm
ქართული: სტოკჰოლმი
Taqbaylit: Stukulm
Адыгэбзэ: Стокголм
Kabɩyɛ: Stɔkhɔlm
Kongo: Stockholm
қазақша: Стокгольм
kalaallisut: Stockholm
한국어: 스톡홀름
Перем Коми: Стёколна
Kurdî: Stokholm
kernowek: Stockholm
Кыргызча: Стокгольм
Latina: Holmia
Ladino: Estokolma
Lëtzebuergesch: Stockholm
Limburgs: Stockholm
Ligure: Stoccolma
lumbaart: Stuculma
lingála: Stockholm
لۊری شومالی: ئستوکھولم
lietuvių: Stokholmas
latviešu: Stokholma
मैथिली: स्टकहोम
мокшень: Стокольма
Malagasy: Stockholm
олык марий: Стокгольм
Māori: Stockholm
Baso Minangkabau: Stockholm
македонски: Стокхолм
монгол: Стокгольм
मराठी: स्टॉकहोम
кырык мары: Стокгольм
Bahasa Melayu: Stockholm
Malti: Stokkolma
မြန်မာဘာသာ: စတော့ဟုမ်းမြို့
مازِرونی: استکهلم
Dorerin Naoero: Stockholm
Nāhuatl: Estocolmo
Plattdüütsch: Stockholm
Nedersaksies: Stockholm
नेपाली: स्टकहोम
नेपाल भाषा: स्तकहोम
Nederlands: Stockholm
norsk nynorsk: Stockholm
norsk: Stockholm
Nouormand: Stockholm
occitan: Estocòlme
Livvinkarjala: Stokgol'mu
ਪੰਜਾਬੀ: ਸਟਾਕਹੋਮ
Papiamentu: Stockholm
Picard: Stockholm
Norfuk / Pitkern: Stockholm
polski: Sztokholm
Piemontèis: Stocòlma
پنجابی: سٹاکہوم
português: Estocolmo
Runa Simi: Stockholm
rumantsch: Stockholm
română: Stockholm
armãneashti: Stockholm
tarandíne: Stoccolme
русский: Стокгольм
саха тыла: Стокhольм
sardu: Stoccolma
sicilianu: Stoccolma
Scots: Stockholm
davvisámegiella: Stockholbma
Sängö: Stockholm
srpskohrvatski / српскохрватски: Stockholm
Simple English: Stockholm
slovenčina: Štokholm
slovenščina: Stockholm
chiShona: Stockholm
Soomaaliga: Stockholm
shqip: Stokholmi
српски / srpski: Стокхолм
Sranantongo: Stockholm
Seeltersk: Stockholm
Basa Sunda: Stockholm
svenska: Stockholm
Kiswahili: Stockholm
ślůnski: Sztokholm
tetun: Estokolmu
тоҷикӣ: Стокҳолм
Türkmençe: Stokgolm
Tagalog: Estokolmo
Tok Pisin: Stockholm
Türkçe: Stockholm
татарча/tatarça: Стокгольм
reo tahiti: Stockolm
удмурт: Стокгольм
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Stokgolm
українська: Стокгольм
اردو: سٹاکہوم
oʻzbekcha/ўзбекча: Stokgolm
vèneto: Stocólma
vepsän kel’: Stokhol'm
Tiếng Việt: Stockholm
West-Vlams: Stockholm
Volapük: Stockholm
walon: Stocom
Winaray: Estokolmo
Wolof: Stokolm
მარგალური: სტოკჰოლმი
ייִדיש: שטאקהאלם
Yorùbá: Stockholm
Zeêuws: Stockholm
Bân-lâm-gú: Stockholm
isiZulu: IStokholmu