Ster

’n Stervormende gebied in die Groot Magellaanse Wolk.
Bron: Nasa/ESA
’n Foto van die Son, ’n G-tipe hoofreeksster. (Die kleure is nie eg nie.)

’n Ster is ’n swaar, helder bol plasma wat deur swaartekrag byeengehou word. Die naaste ster aan die Aarde is die Son, wat die bron is van die grootste deel van die energie op die planeet. Talle ander sterre is snags van die Aarde af sigbaar as hulle nie deur atmosferiese verskynsels verberg word nie. Hulle lyk soos ’n magdom klein ligpunte weens hul geweldige afstand. Die meeste duidelik waarneembare sterre is histories gegroepeer in sterrebeelde en asterismes, en die helderste sterre het alledaagse name gekry. Sterrekundiges het oor die eeue heen verskeie katalogusse saamgestel wat gestandaardiseerde name aan die sterre gee.

Vir die grootste deel van sy bestaan skyn ’n ster vanweë die kernfusie van waterstof tot helium in sy kern – dit laat energie vry wat deur die binnekant van die ster beweeg en daarna na die buitenste ruim uitgestraal word. Wanneer ’n ster se waterstof byna op is en hy groot genoeg is, word natuurlike elemente swaarder as helium gevorm, óf deur ster-nukleosintese tydens sy bestaan óf deur supernova-nukleosintese wanneer ’n baie swaar ster ontplof. Sterrekundiges kan die massa, ouderdom, metaalinhoud (chemiese samestelling) en baie ander eienskappe van ’n ster vasstel deur sy beweging deur die ruimte, ligsterkte en spektrum onderskeidelik. Die totale massa van ’n ster bepaal sy evolusie en wat aan die einde van sy leeftyd daarmee gebeur. Ander eienskappe van ’n ster word bepaal deur sy evolusiegeskiedenis, soos sy deursnee, rotasie, beweging en temperatuur. Met ’n grafiek van die temperatuur van sterre teenoor hul ligsterkte, bekend as ’n Hertzsprung-Russell-diagram (HR-diagram), kan die ouderdom en evolusiefase van ’n ster bepaal word.

Sterre word gevorm uit wolke van hoofsaaklik waterstof, met ook helium en klein hoeveelhede swaarder elemente. Wanneer die ster se kern dig genoeg geword het, word waterstof in helium omgesit deur kernfusie, en energie word in die proses vrygestel.[1] Die res van die ster se binnekant gelei energie weg van die kern deur ’n kombinasie van stralings- en konveksieprosesse. Die ster se interne druk voorkom dat dit onder sy eie swaartekrag instort. Wanneer al die waterstof by die kern opgebruik is, sit ’n ster met ’n gemiddelde massa soos die Son uit[2] en word ’n rooireus. In swaarder sterre vind die samesmelting van swaarder elemente plaas by die kern of in lae om die kern. Die ster ontwikkel dan tot ’n gedegenereerde vorm en laat ’n deel van sy materie in die interstellêre omgewing vry, waar dit ’n nuwe generasie sterre sal vorm met ’n groter verhouding van swaar elemente.[3] Intussen word die kern ’n steroorblyfsel: ’n witdwerg, neutronster of, as sy massa groot genoeg is, ’n swartkolk.

Dubbel- en veelvoudige sterstelsels bestaan uit twee of meer sterre wat verbind word deur hul swaartekrag en gewoonlik in ’n stabiele baan om mekaar wentel. Wanneer twee sulke sterre baie na aan mekaar lê, kan hul swaartekrag-interaksie ’n groot invloed op hul evolusie hê.[4] Sterre kan deel vorm van ’n baie groter swaartekraggebonde struktuur, soos ’n sterreswerm of sterrestelsel.

Other Languages
Alemannisch: Stern
አማርኛ: ኮኮብ
aragonés: Estrela
العربية: نجم
ܐܪܡܝܐ: ܟܘܟܒܐ
مصرى: نجمه
অসমীয়া: তৰা
asturianu: Estrella
Aymar aru: Warawara
azərbaycanca: Ulduz
تۆرکجه: اولدوز
башҡортса: Йондоҙҙар
Boarisch: Stean
žemaitėška: Žvāzdie
беларуская: Зорка
беларуская (тарашкевіца)‎: Зорка
български: Звезда
भोजपुरी: तारा
Bahasa Banjar: Bintang
বাংলা: তারা
brezhoneg: Steredenn
bosanski: Zvijezda
буряад: Одон
català: Estrella
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Diâng-sĭng
нохчийн: Седа
Cebuano: Bitoon
ᏣᎳᎩ: ᏃᏈᏏ
Tsetsêhestâhese: Hotohke
کوردی: ئەستێرە
čeština: Hvězda
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Ꙃвѣꙁда
Чӑвашла: Çăлтăр
Cymraeg: Seren
dansk: Stjerne
Deutsch: Stern
Zazaki: Estare
डोटेली: तारा
Ελληνικά: Αστέρας
emiliàn e rumagnòl: Strèla
English: Star
Esperanto: Stelo
español: Estrella
euskara: Izar
estremeñu: Estrella
فارسی: ستاره
suomi: Tähti
Võro: Taivatäht
føroyskt: Stjørna
français: Étoile
Nordfriisk: Stäär
furlan: Stele
Frysk: Stjer
Gaeilge: Réalta
Gàidhlig: Reul
Avañe'ẽ: Mbyja
Gaelg: Rollage
客家語/Hak-kâ-ngî: Hèn-sên
עברית: כוכב
हिन्दी: तारा
Fiji Hindi: Tara
hrvatski: Zvijezda
Kreyòl ayisyen: Etwal
magyar: Csillag
հայերեն: Աստղ
interlingua: Stella
Bahasa Indonesia: Bintang
Ilokano: Bituen
ГӀалгӀай: Седкъа
Ido: Stelo
íslenska: Sólstjarna
italiano: Stella
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐅᓪᓗᕆᐊᖅ
日本語: 恒星
Patois: Staar
la .lojban.: tarci
Basa Jawa: Lintang
ქართული: ვარსკვლავი
Qaraqalpaqsha: Juldız
Taqbaylit: Itri
Kabɩyɛ: Tɩɩŋa
Gĩkũyũ: Njata
қазақша: Жұлдыз
ಕನ್ನಡ: ನಕ್ಷತ್ರ
한국어: 항성
къарачай-малкъар: Джулдуз
Ripoarisch: Steern
kurdî: Stêr
Кыргызча: Жылдыз
Latina: Stella
Ladino: Estreya
Lëtzebuergesch: Stär
лезги: Гъед
Lingua Franca Nova: Stela
Limburgs: Staar
lumbaart: Stela
lietuvių: Žvaigždė
latviešu: Zvaigzne
Malagasy: Kintana
македонски: Ѕвезда
മലയാളം: നക്ഷത്രം
монгол: Од
मराठी: तारा
кырык мары: Шӹдӹр (астрономи)
Bahasa Melayu: Bintang
Mirandés: Streilha
မြန်မာဘာသာ: ကြယ်
эрзянь: Теште
مازِرونی: اساره
Dorerin Naoero: Edetang
Nāhuatl: Citlalli
Napulitano: Stella
Plattdüütsch: Steern (Astronomie)
नेपाली: तारा
नेपाल भाषा: नगु
norsk nynorsk: Stjerne
norsk: Stjerne
Novial: Stele
Nouormand: Êtaile
occitan: Estela
Ирон: Стъалы
ਪੰਜਾਬੀ: ਤਾਰਾ
Kapampangan: Batuin
Picard: Étoéle
Norfuk / Pitkern: Sdar
polski: Gwiazda
Piemontèis: Stèila
پنجابی: تارہ
português: Estrela
Runa Simi: Quyllur
Romani: Chexay
română: Stea
armãneashti: Steauâ
русский: Звезда
русиньскый: Звізда
संस्कृतम्: तारा
саха тыла: Сулус
sardu: Istedda
sicilianu: Stidda
Scots: Starn
سنڌي: تارو
davvisámegiella: Násti
srpskohrvatski / српскохрватски: Zvijezda
සිංහල: තරු
Simple English: Star
slovenčina: Hviezda
slovenščina: Zvezda
chiShona: Nyenyedzi
Soomaaliga: Xidig
shqip: Ylli
српски / srpski: Звезда
Seeltersk: Stiern
Basa Sunda: Béntang
svenska: Stjärna
Kiswahili: Nyota
ślůnski: Gwjozda
தமிழ்: விண்மீன்
тоҷикӣ: Ситора
Türkmençe: Ýyldyz
Tagalog: Bituin
Türkçe: Yıldız
татарча/tatarça: Йолдыз
удмурт: Кизили
українська: Зоря
اردو: ستارہ
oʻzbekcha/ўзбекча: Yulduz
vèneto: Stéła
vepsän kel’: Tähtaz
Tiếng Việt: Sao
walon: Sitoele
Winaray: Bitoon
吴语: 恆星
хальмг: Одн
isiXhosa: Inkwenkwezi
მარგალური: მურიცხი
ייִדיש: שטערן
Yorùbá: Ìràwọ̀
中文: 恒星
文言: 恆星
Bân-lâm-gú: Hêng-chheⁿ
粵語: 恆星