St. Kitts en Nevis

Federation of Saint Christopher and Nevis
Federation of Saint Kitts and Nevis
Federasie St. Christopher en Nevis
Federasie St. Kitts en Nevis
Vlag van St. Kitts en NevisWapen van St. Kitts en Nevis
VlagWapen
Nasionale leuse: Country Above Self
(Engels vir: "Land bo homself")
Volkslied: O Land of Beauty!
(Engels vir: "O land van skoonheid!")

Koninklike volkslied: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Ligging van St. Kitts en Nevis
HoofstadBasseterre

17°18′N 62°44′W / 17°18′N 62°44′W / 17.300; -62.733

Grootste stadBasseterre
Amptelike taleEngels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Federale parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Tapley Seaton
Timothy Harris
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk

27 Februarie 1967
19 September 1983
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
261 km2  (188ste)
101 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
54 821[1] (209de)
46 204
164 / km2 (64ste)
424,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,588 miljard[2]
$27 576[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1,029 miljard[2]
$17 873[2]

MOI (2015)Green Arrow Up Darker.svg 0,765[3] (74ste)  –  hoog
GeldeenheidDollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD.kn
Skakelkode+1-869

St. Kitts en Nevis (Engels: Saint Kitts and Nevis, ), amptelik die Federasie St. Kitts en Nevis of Federasie St. Christopher en Nevis (Federation of Saint Christopher and Nevis of Federation of Saint Kitts and Nevis[4]), is 'n eilandnasie in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 261 km² en 'n bevolking van 54 821 in 2016. Dit bestaan uit twee eilande: St. Kitts en Nevis wat tot die Klein Antille behoort.

Nasa-Satellietbeeld van St. Kitts en Nevis
Kaart van St. Kitts en Nevis

St. Kitts en Nevis is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die suidooste van Sint Eustatius, Saba, Sint Bartolomeus‎, Saint-Martin/Sint Maarten en Anguilla, in die suidweste van Antigua en Barbuda en in die noordweste van Montserrat geleë. Die hoofstad en grootste stad is Basseterre, wat op die hoofeiland St. Kitts geleë is.

Die eilande St. Kitts en Nevis is in 1493 deur Christophorus Columbus tydens sy tweede reis vir Europa ontdek; hulle is onderskeidelik San Martín (vir Nevis) en Sant Yago (vir St. Kitts) genoem. Die naam van sy beskermheilige San Cristóbal is deur Christophorus Columbus nie aan St. Kitts gegee nie, maar aan die eiland Saba, sowat 20 myl verder noordwes. Dit het egter deur 'n karteringsfout by St. Kitts beland en die Engelse het die vertaling daarvan – St. Christopher – vir dié eiland gebruik. In die 17de eeu was "Kit(t)" 'n algemene bynaam vir Christophorus, waaruit St. Kitts vir dié eiland ontstaan het.

In 1623 het Engelse op dié eilande gevestig, binnekort gevolg deur Franse, en albei het saamgestem om dié eilande te deel. St. Kitts en Nevis het die beginpunt vir die kolonisasie van die Engelse en die Franse in die Karibiese gebied geword. Die Britte het vanaf hier Antigua en Barbuda, Montserrat en Anguilla gekoloniseer en die Franse Guadeloupe en Martinique. Tydens die laat 17de eeu het die Engelse en Franse oor die beheer van dié eilande gebaklei en dit is in 1713 deur Frankryk aan Engeland afgestaan. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 27 Februarie 1967 het St. Kitts en Nevis volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 19 September 1983 het St. Kitts en Nevis van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. St. Kitts en Nevis is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. St. Kitts en Nevis is die kleinste soewereine land in die Amerikas en die Westelike Halfrond, sowel volgens oppervlak asook bevolking. Dié eilande is gesogte vakansieplekke en die ekonomie is veral op toerisme gebaseer.[5]

Krieket is St. Kitts en Nevis se gewildste sportsoort en spelers mag vir die Wes-Indiese nasionale krieketspan uitdraf. Saam met Antigua en Barbuda, Barbados, Grenada, Guyana, Jamaika, St. Lucia en Trinidad en Tobago het dié eilandnasie die Krieketwêreldbeker 2007 aangebied, wat deur Australië gewen is.

Verwysings

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 20 Mei 2018.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) St. Kitts and Nevis”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 20 Mei 2018.
  3. (en) 2016 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2016. URL besoek op 20 Mei 2018.
  4. (en) 1983 Saint Kitts and Nevis Constitution”. URL besoek op 20 Mei 2018.
  5. (en) Saint Kitts and Nevis”. CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 20 Mei 2018.
Other Languages
Alemannisch: St. Kitts und Nevis
azərbaycanca: Sent-Kits və Nevis
žemaitėška: Sent Kitsos ėr Nevis
беларуская: Сент-Кітс і Невіс
беларуская (тарашкевіца)‎: Сьвяты Кітс і Нэвіс
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: সেন্ট কিট্‌স বারো নেভিস
Chavacano de Zamboanga: San Cristóbal y Nieves
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Saint Kitts gâe̤ng Nevis
qırımtatarca: Sent Kitts ve Nevis
dolnoserbski: Saint Kitts a Nevis
Nordfriisk: St. Kitts an Nevis
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: सेंट किट्स आणि नेव्हिस
客家語/Hak-kâ-ngî: Saint Kitts lâu Nevis
hornjoserbsce: Saint Kitts a Nevis
Kreyòl ayisyen: Sen Kits ak Nevi
Արեւմտահայերէն: Սէյնթ Քիթս եւ Նեւիս
Bahasa Indonesia: Saint Kitts dan Nevis
Interlingue: Sant Kitts e Nevis
Lëtzebuergesch: Saint Kitts an Nevis
Lingua Franca Nova: San Kitts e Nevis
Bahasa Melayu: Santo Kitts dan Nevis
Plattdüütsch: St. Kitts un Nevis
norsk nynorsk: Saint Kitts og Nevis
Livvinkarjala: Sent-Kits da Nevis
Norfuk / Pitkern: Saint Kitts a' Nevis
Piemontèis: Saint Kitts e Nevis
संस्कृतम्: सेंट किट्
davvisámegiella: Saint Christopher ja Nevis
srpskohrvatski / српскохрватски: Saint Kitts i Nevis
Simple English: Saint Kitts and Nevis
српски / srpski: Сент Китс и Невис
SiSwati: IKhisinevi
татарча/tatarça: Сент-Китс һәм Невис
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: سېنت كىتس ۋە نېۋىس
українська: Сент-Кіттс і Невіс
oʻzbekcha/ўзбекча: Sent Kitts va Nevis
vepsän kel’: Sent Kits da Nevis
Tiếng Việt: Saint Kitts và Nevis
Bân-lâm-gú: Saint Kitts kap Nevis