Spesie

Biological classification L Pengo vflip af.svgLeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

In biologie, is 'n spesie (ook soms die soort genoem) die basiese eenheid van biodiversiteit. In die wetenskaplike klassifikasiesisteem, word 'n spesie aangedui deur 'n frase van twee woorde in Latyn. Die genusnaam is eerste, gevolg deur die spesienaam. Die mens word byvoorbeeld as 'n spesie aangedui as volg: Homo (die genus) en sapiens direk daarna, as die spesie. Die spesie is nie net die laaste woord nie, maar die hele frase: Homo sapiens. Hierdie stelsel is gegrond op die werk van veral Carolus Linnaeus in die 1700's. Op daardie tydstip is daar gedink dat spesies onafhanklike skeppingsdade van God was, en dus objektief onveranderbaar.

Sedert die opkoms van die evolusieleer, het die begrip van die woord spesie groot verandering ondergaan. Desnieteenstaande is daar steeds geen wetenskaplike konsensus oor die betekenis daarvan nie. Die mees algemeen aanvaarde definisie is dié van Ernst Mayr: spesies is groepe natuurlike bevolkings wat inderdaad of potensieel kan onderteel, maar voortplantingsgesproke, geïsoleerd van ander soortgelyke groepe is.

'n Baie growwe skatting van die aantal geïdentifiseerde spesies is as volg [1]: 287 655 plante; 10 000 mosse; 1 190 200 ongewerweldes (insluitende 950 000 insekte); en 57 739 gewerweldes, (insluitende 28 500 visse, 5 743 amfibiese spesies, 8 163 reptiele, 9 917 voëls, en 5 416 soogdiere).

Die wetenskaplike naam van 'n spesie word in skuinsdruk geskryf. As daar na 'n onbekende spesie verwys word, word die afkorting "sp." (in die enkelvoud) of "spp." (in die meervoud) geplaas in die tweede deel van die spesiefrase.

Belang van spesie in biologiese klassifikasie

Dit is een van die belangrikste vlakke van klassifikasie, weens verskeie redes:

  • Dit korrespondeer dikwels met dit wat die leek as verskillende soorte organismes eien -- honde is een spesie, katte 'n ander.
  • Dit is die standaard binominale of trinominale nomenklatuur met behulp waarvan wetenskaplikes na organismes verwys.
  • Dit is die enigste taksonomiese vlak wat empiriese betekenis het: om te meld dat twee diere van verskillende spesies is, beteken meer as net dat daar 'n verskil in klassifikasie is.
Other Languages
Alemannisch: Art (Biologie)
aragonés: Especie
العربية: نوع (تصنيف)
asturianu: Especie
azərbaycanca: Bioloji növ
башҡортса: Төр (биология)
Boarisch: Oart (Biologie)
беларуская: Біялагічны від
беларуская (тарашкевіца)‎: Від (біялёгія)
български: Вид (биология)
भोजपुरी: प्रजाति
বাংলা: প্রজাতি
brezhoneg: Spesad
català: Espècie
کوردی: جۆرە
čeština: Druh
Чӑвашла: Тĕс (биологи)
Cymraeg: Rhywogaeth
dansk: Art
English: Species
Esperanto: Specio
español: Especie
euskara: Espezie
suomi: Laji
français: Espèce
Nordfriisk: Slach
Frysk: Soarte
Gaeilge: Speiceas
galego: Especie
Avañe'ẽ: Juehegua
Fiji Hindi: Species
hrvatski: Vrsta
hornjoserbsce: Družina (biologija)
Kreyòl ayisyen: Espès
magyar: Faj
interlingua: Specie
Bahasa Indonesia: Spesies
Ilokano: Sebbangan
ГӀалгӀай: Биологен кеп
italiano: Specie
日本語: 種 (分類学)
Patois: Spiishi
Basa Jawa: Spésies
ქართული: სახეობა
қазақша: Түр
ಕನ್ನಡ: ಜಾತಿ
한국어: 종 (생물학)
къарачай-малкъар: Биология тюрлю
kurdî: Cure
Кыргызча: Түр
Lëtzebuergesch: Aart
lumbaart: Spéce
lietuvių: Rūšis
latviešu: Suga
македонски: Вид (биологија)
മലയാളം: സ്പീഷീസ്
монгол: Зүйл
Bahasa Melayu: Spesies
Malti: Speċi
မြန်မာဘာသာ: မျိုးစိတ်
Napulitano: Specia
Plattdüütsch: Oort (Biologie)
नेपाल भाषा: प्रजाति
Nederlands: Soort
norsk nynorsk: Art
norsk: Art
ਪੰਜਾਬੀ: ਪ੍ਰਜਾਤੀ
Kapampangan: Species
Piemontèis: Spece
پنجابی: سپیشیز
português: Espécie
Runa Simi: Rikch'aq
русиньскый: Вид (біолоґія)
Scots: Species
srpskohrvatski / српскохрватски: Vrsta
Simple English: Species
slovenčina: Druh (taxonómia)
slovenščina: Vrsta (biologija)
shqip: Specia
српски / srpski: Врста (биологија)
Basa Sunda: Spésiés
svenska: Art
Kiswahili: Spishi
తెలుగు: జాతి
Türkmençe: Biologik görnüş
Tagalog: Espesye
Türkçe: Tür
татарча/tatarça: Төр (биология)
українська: Вид
اردو: نوع
oʻzbekcha/ўзбекча: Tur (biologiya)
vèneto: Spece
Tiếng Việt: Loài
West-Vlams: Sôorte
Winaray: Espesyis
მარგალური: გვარობა
ייִדיש: זגאל
中文: 物种
粵語: 物種