Sol Invictus

Sol Invictus en Mithras

Deus Sol Invictus (die onoorwonne songod) was 'n belangrike songod wat in die tydperk van die Romeinse Keiserryk die grootste rivaal van Christendom gewees het, toe die Mithras-kultus reeds in betekenis verminder het. [1]

Sy groot bekendheid het begin is die tyd van die keiser Elagabalus wat priester van die Siriese songod Elagab was en sy kultus in Rome ingevoer het, maar die groot bloeityd het later gekom onder die bewind van Aurelianus wat dit in die tradisionele kultuur van die stad ingepas het. In sy tyd het dit 'n uitdrukking van Romanitas, die Romeinse nasionale konserwatisme geword. [1]

Die verering van die songod was baie oud in Rome. Marcus Terentius Varro (116 - ong. 26 v.C.) het reeds geskryf dat die boere naas Jupiter en Tellus veral Sol en Luna vereer het. [1] Maar hierdie verering was deel van die politeïsme van die Romeinse religie.

Die kultus van Sol Invictus was essensieel monoteïsties en talle ouer gode soos Jupiter, Mithras en Serapis is gesien as sinonieme vir die een god Sol. Die belangrikste feesdag vir Sol Invictus was 25 Desember: Dies Natalis Solis Invicti wat nog tot 390 gevier is tot Theodosius die Christendom die enigste godsdiens gemaak het. Die naam Sondag vir die eerste dag van die week kom dalk ook hiervan. [2]

Galery

Other Languages
العربية: سول إنفكتوس
беларуская: Sol Invictus
català: Sol Invictus
English: Sol Invictus
Esperanto: Sol Invictus
español: Sol Invictus
euskara: Sol Invictus
hrvatski: Sol Invictus
Հայերեն: Անհաղթ Արև
interlingua: Sol Invicte
Bahasa Indonesia: Sol Invictus
italiano: Sol Invictus
한국어: 솔 인빅투스
Latina: Sol invictus
Limburgs: Sol Invictus
македонски: Сол Инвиктус
Nederlands: Sol Invictus
norsk nynorsk: Sol Invictus
polski: Sol Invictus
português: Sol Invicto
srpskohrvatski / српскохрватски: Sol Invictus
Simple English: Sol Invictus
српски / srpski: Сол Инвиктус
Tagalog: Sol Invictus
українська: Sol Invictus