Snelheid

Die snelheid van 'n liggaam verwys na die tempo waarteen die posisie van die liggaam verander, met inbegrip van die rigting waarin dié verandering plaasvind. Dit kan ook beskryf word as die verplasing van die liggaam in 'n gegewe tydinterval, weereens met inbegrip van die rigting van die begin- na die eindpunt.

Snelheid is naamlik 'n vektorhoeveelheid waarvan die rigting 'n inherente aspek vorm. In 'n driedimensionale ruimte word dit gevolglik deur 'n driedimensionale vektor (essensieel drie geordende getalle) weergegee, wat opgestel kan word nadat 'n Cartesiese assestelsel gekies is. Die absolute waarde (of grootte) van hierdie snelheid lewer die liggaam se spoed, wat met 'n enkele getal, of skalaarhoeveelheid, aangedui kan word. Die spoed is gevolglik nie rigtingafhanklik nie, en 'n assestelsel is oorbodig by die beskrywing daarvan.

Tensy daar 'n krag op die liggaam uitgeoefen word sal die snelheid van die liggaam onveranderd bly, soos bepaal deur Newton se eerste wet: die wet van traagheid. Beide die spoed en bewegingsrigting bly gevolglik konstant tot welke tyd 'n krag op die liggaam inwerk, wanneer Newton se tweede wet in werking tree.

Berekening

Wiskundig word snelheid as volg gedefinieer:
Waar die verplasing verteenwoordig en die verlope tyd verteenwoordig.

Snelheid kan gesien word as die eerste afgeleide, volgens tyd (), van posisie () of die integraal van versnelling (a):

Other Languages
Alemannisch: Geschwindigkeit
አማርኛ: ፍጥነት
aragonés: Velocidat
العربية: سرعة متجهة
অসমীয়া: বেগ
asturianu: Velocidá
башҡортса: Тиҙлек
Boarisch: Gschwindigkeit
беларуская: Скорасць
беларуская (тарашкевіца)‎: Хуткасьць
български: Скорост
বাংলা: গতিবেগ
bosanski: Brzina
буряад: Хурдан
català: Velocitat
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Sók-dô
čeština: Rychlost
Cymraeg: Cyflymder
dansk: Hastighed
Ελληνικά: Ταχύτητα
English: Velocity
Esperanto: Vektora rapido
español: Velocidad
eesti: Kiirus
euskara: Abiadura
estremeñu: Velocidá
suomi: Nopeus
français: Vecteur vitesse
Nordfriisk: Faard
Frysk: Snelheid
Gaeilge: Treoluas
galego: Velocidade
Gaelg: Bieauid
עברית: מהירות
हिन्दी: वेग
hrvatski: Brzina
Kreyòl ayisyen: Vitès mwayèn
magyar: Sebesség
հայերեն: Արագություն
interlingua: Velocitate
Bahasa Indonesia: Kecepatan
íslenska: Hraði
italiano: Velocità
日本語: 速度
Basa Jawa: Kacepetan
қазақша: Жылдамдық
ភាសាខ្មែរ: ល្បឿន
ಕನ್ನಡ: ವೇಗ
한국어: 속도
Latina: Velocitas
Limburgs: Snelheid
lumbaart: Velocitaa
latviešu: Ātrums
македонски: Брзина
മലയാളം: പ്രവേഗം
मराठी: वेग
Bahasa Melayu: Halaju
မြန်မာဘာသာ: အလျင်
नेपाली: गति
Nederlands: Snelheid
norsk nynorsk: Hastigheit
norsk: Hastighet
occitan: Velocitat
ਪੰਜਾਬੀ: ਵੇਗ
polski: Prędkość
Piemontèis: Andi
پنجابی: ولاسٹی
português: Velocidade
Runa Simi: Utqa kay
română: Viteză
русский: Скорость
русиньскый: Швыдкость
Scots: Velocity
srpskohrvatski / српскохрватски: Brzina
සිංහල: ප්‍රවේගය
Simple English: Velocity
slovenščina: Hitrost
chiShona: Muchacha
српски / srpski: Брзина
svenska: Hastighet
Kiswahili: Kasimwelekeo
తెలుగు: వేగం
тоҷикӣ: Суръат
Tagalog: Belosidad
Türkçe: Hız
татарча/tatarça: Тизлек
українська: Швидкість
اردو: ولاسٹی
oʻzbekcha/ўзбекча: Tezlik
Tiếng Việt: Vận tốc
Winaray: Belosidad
isiXhosa: I-velocity
ייִדיש: גיכקייט
中文: 速度
文言: 速度
Bân-lâm-gú: Sok-tō͘
粵語: 速度