Sneeu

Sneeukristalle vorm 'n bisarre landskap naby Kladská in Tsjeggië

Sneeu (ook bekend as kapok) is 'n soort neerslag in die vorm van kristalagtige waterys. Dit bestaan uit 'n menigte sneeuvlokke wat uit wolke val. Aangesien sneeu uit klein ysdeeltjies saamgestel is, is dit 'n korrelagtige materiaal. Sneeu het 'n oop en dus sagte struktuur tensy dit deur eksterne druk saamgepak word.

Kristalvorming

Sneeuvlokke
Foto: Wilson Bentley

Sneeu ontstaan sodra fynste druppeltjies van baie koue water hulle met vaste kristallisasiepartikels soos byvoorbeeld stofdeeltjies verbind en bevries. Hierdie proses begin egter eers by temperature van minder as -12 °C, waarby water in die afwesigheid van kristallisasiekerne selfs by temperature van tot by -40 °C vloeibaar kan wees.[1] Die yskristalle wat hierby begin vorm is minder as 0,1 millimeter groot en val as gevolg van hul toenemende gewig na benede. Vanweë die verskillende stoomdruk van ys en koue water groei hulle steeds verder. Die waterdamp in die lug bevries regstreeks tot ys en bevorder sodoende die kristalle se groei. Die sneeukristalle begin hulle tipiese seshoekige vorm aanneem, waarby weens die besondere struktuur van die watermolekuul net hoeke van onderskeidelik 60° en 120° voorkom.

Die verskillende grondliggende vorms van sneeukristalle is afhanklik van die temperatuur: By laer temperature ontstaan sneeukristalle in die vorm van plaatjies of prismas, terwyl hoër temperature sesarmige dendriete (sterre) laat ontstaan. Ook die lugvogtigheid oefen 'n invloed op die kristalle se groei uit. Die vorming van sneeukristalle laat die temperatuur in 'n wolk styg aangesien die kristalle tydens die vriesproses warmte vrystel, terwyl hulle warmte opneem sodra hulle verdamp.

In die geval van 'n hoë termiek beweeg die kristalle verskeie kere vertikaal deur die atmosfeer, word gedeeltelik opgesmelt en kan weer opnuut kristalliseer. Hierdie proses verander die oorspronklike reëlmatige struktuur en lei tot 'n groot aantal ingewikkelde mengvorme. Dikwels word daar beweer dat twee sneeuvlokke nooit dieselfde sou lyk nie. Die navorsers Bentley en Humphreys het in 1962 meer as 6 000 verskillende kristalvorme getel.

Net soos met hulle groot antal vorme verbaas sneeukristalle ook met hulle simmetrie wat van hulle ook 'n gewilde voorbeeld van die fraktale geometrie gemaak het. Die verskillende vertakkinge groei in 'n sneeukristal steeds op dieselfde manier en blykbaar ook met min of meer dieselfde snelheid, selfs as hulle spitse, waar hulle verder groei, dikwels 'n paar millimeter uitmekaar lê. Moontlik is die groeitoestande aan die spitse van verskillende vergelykbare kernplekke op gelyke tydstippe ook min of meer dieselfdes.[2]

'n Hoë lugvogtigheid bevorder die groei van die mees ingewikkelde en filigrane strukture. By temperature van minder as -30 °C tree gewoonlik geen sneeuvalle meer op nie – die lug is dan te droog vir die vorming van sneeukristalle. Nogtans trek daar onder bepaalde omstandighede nog wolke, waarin al sneeukristalle gevorm het, as gevolg van adveksie saam. Hierdie soort sneeuwolke is gewoon donker, en hoe groter die wolk, hoe groter die vogtigheid. Die wolk laat minder lig deurskyn en word sodoende donker.

Other Languages
Alemannisch: Schnee
አማርኛ: አመዳይ
aragonés: Nieu
Ænglisc: Snāw
العربية: ثلج
asturianu: Ñeve
Aymar aru: Khunu
azərbaycanca: Qar
تۆرکجه: قار
башҡортса: Ҡар
Boarisch: Schnää
žemaitėška: Snėigs
беларуская: Снег
беларуская (тарашкевіца)‎: Сьнег
български: Сняг
भोजपुरी: बर्फबारी
বাংলা: তুষার
brezhoneg: Erc'h
bosanski: Snijeg
буряад: Саһан
català: Neu
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Suók
нохчийн: Ло
ᏣᎳᎩ: ᎤᎾᏥ
Tsetsêhestâhese: Hésta'se
کوردی: بەفر
čeština: Sníh
Чӑвашла: Юр
Cymraeg: Eira
dansk: Sne
Deutsch: Schnee
Zazaki: Vewre
डोटेली: हिउँ
Ελληνικά: Χιόνι
emiliàn e rumagnòl: Naiv
English: Snow
Esperanto: Neĝo
español: Nieve
eesti: Lumi
euskara: Elur
estremeñu: Ñevi
فارسی: برف
suomi: Lumi
Võro: Lumi
føroyskt: Kavi
français: Neige
Frysk: Snie
Gaeilge: Sneachta
贛語:
Gàidhlig: Sneachd
galego: Neve
Avañe'ẽ: Ro'yrypy'a
ગુજરાતી: હિમવર્ષા
Gaelg: Sniaghtey
客家語/Hak-kâ-ngî: Siet
עברית: שלג
हिन्दी: हिम
hrvatski: Snijeg
Kreyòl ayisyen: Lanèj
magyar:
Հայերեն: Ձյուն
interlingua: Nive
Bahasa Indonesia: Salju
Interlingue: Nive
Ido: Nivo
íslenska: Snjór
italiano: Neve
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐊᐳᑦ
日本語:
Basa Jawa: Salju
ქართული: თოვლი
Kabɩyɛ: Ɖomba mʋlʋm
қазақша: Қар
한국어: 눈 (날씨)
Перем Коми: Лым
कॉशुर / کٲشُر: شیٖن
kurdî: Berf
Кыргызча: Кар
Latina: Nix
Ladino: Inyeve
Lëtzebuergesch: Schnéi
лезги: Жив
Limburgs: Snieë
lumbaart: Neu
lingála: Neje
lietuvių: Sniegas
latviešu: Sniegs
мокшень: Лов
Malagasy: Oram-panala
олык марий: Лум
македонски: Снег
മലയാളം: ഹിമം
монгол: Цас
मराठी: हिमवर्षा
Bahasa Melayu: Salji
မြန်မာဘာသာ: နှင်း
эрзянь: Лов
Nāhuatl: Cepayahuitl
Napulitano: Neva
Nedersaksies: Snee
नेपाली: हिउँ
नेपाल भाषा: च्वापु गायु
Nederlands: Sneeuw
norsk nynorsk: Snø
norsk: Snø
Sesotho sa Leboa: Lehlwa
Diné bizaad: Yas
occitan: Nèu
ਪੰਜਾਬੀ: ਬਰਫ਼ (ਵਰਖਾ)
Deitsch: Schnee
polski: Śnieg
Piemontèis: Fiòca
پنجابی: برف پیناں
پښتو: واوره
português: Neve
Runa Simi: Rit'i
română: Zăpadă
armãneashti: Neauâ
русский: Снег
русиньскый: Снїг
саха тыла: Хаар
sicilianu: Nivi
Scots: Snaw
سنڌي: برف باري
srpskohrvatski / српскохрватски: Snijeg
සිංහල: හිම
Simple English: Snow
slovenčina: Sneh
slovenščina: Sneg
chiShona: Sinowo
shqip: Dëbora
српски / srpski: Снијег
Basa Sunda: Salju
svenska: Snö
Kiswahili: Theluji
ślůnski: Śńyg
తెలుగు: మంచుగళ్లు
тоҷикӣ: Барф
ไทย: หิมะ
Tagalog: Niyebe
Türkçe: Kar
татарча/tatarça: Кар
українська: Сніг
اردو: برف باری
oʻzbekcha/ўзбекча: Qor
vèneto: Neve
vepsän kel’: Lumi
Tiếng Việt: Tuyết
walon: Nive
Winaray: Nyebe
მარგალური: თირი
ייִדיש: שניי
Vahcuengh: Nae
中文:
文言:
Bân-lâm-gú: Seh
粵語: