Slawiese tale

Slawiese tale
Geografiese
verspreiding:
Europa en Noord-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Slawiese tale
Onderafdelings:
Slavic europe.svg

Slawiese tale in Europa:

   Wes-Slawiese tale

   Oos-Slawiese tale

   Suid-Slawiese tale

Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Die Slawiese tale, 'n groep nou verwante tale van die Slawe en 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie het sprekers in die grootste deel van Oos-Europa, in groot dele van die Balkan, in dele van Sentraal-Europa en Noord-Asië.

Geskiedenis

Oerslawies en die ontwikkeling van die Slawiese tale

Stamboom van Slawiese tale

Binne die Indo-Europese taalfamilie is die Slawiese tak die nouste verwant aan die Baltiese tale so dat sommige taalnavorsers aanneem dat daar op 'n vroeë stadium 'n gemeenskaplike Balto-Slawiese oertaal was. Hierdie hipotese vind intussen egter steeds minder steun.

Die Slawiese tale het uit 'n gemeenskaplike voorloper- of prototaal ontstaan wat Oer- of Protoslawies genoem word. Hierdie taal is nog nou verwant aan die oudste Slawiese skryftaal, Ou Kerkslawies of Oud-Bulgaars waarvan die oudste tekste uit die 9de eeu dateer.

Die ontwikkeling van 'n selfstandige Protoslawiese tak uit Indo-Europees het minstens 3 000 jaar gelede sy aanvang geneem. Slawies is sodoende die jongste tak van die Indo-Europese taalfamilie. Die hoofkenmerke van Slawies – die palatalisering van medeklinkers wat aan Slawiese tale hul tipiese klank verleen – en 'n neiging tot stygende sonoriteit van sillabes het stapsgewys ontwikkel.

Medeklinker > Voor navolgende e of i gepalataliseer tot
k tsj
g dzj zj
ch sj
k ts
gh z
ch s (sj)

Die drie hooftakke – Oos-, Wes- en Suid-Slawies – het waarskynlik teen die middel van die 1ste eeu n.C. uit Oerslawies begin ontwikkel. Die uitbreiding van Slawiese groepe en taalkontak met ander volke het die ontstaan van 'n verskeidenheid Slawiese tale en dialekte bevorder.

Die Slawe het lank vir die Grieke en Romeine onbekend gebly. Van die 4de eeu het daar 'n uitbreiding na die weste plaasgevind. Die Slawe is in die 9de eeu vanuit die Bisantynse Ryk deur Cyrillus en Methodius gekersten. Oud-Bulgaars (Ou Kerkslawies) het die taal van die Oosters-Ortodokse Kerk geword. Vanaf die 11de–12de eeu het daar 'n geografiese variasie ontstaan. Kerkslawies het vir lank as skryftaal gedien.

Die Oos-Slawiese en die Suid-Slawiese tale, behalwe Sloweens, Kroaties en Bosnies word met die Cyrilliese alfabet geskryf. Die Wes-Slawiese tale gebruik, onder die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk, die Latynse alfabet.

Die Wes- en Oos-Slawiese tale word in die slavistiek soms saamgevoeg onder die term Noord-Slawiese tale.

Other Languages
Alemannisch: Slawische Sprachen
aragonés: Luengas eslavas
العربية: لغات سلافية
azərbaycanca: Slavyan dilləri
башҡортса: Славян телдәр
žemaitėška: Slavu kalbas
беларуская: Славянскія мовы
беларуская (тарашкевіца)‎: Славянскія мовы
български: Славянски езици
brezhoneg: Yezhoù slavek
qırımtatarca: Slavân tilleri
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Словѣньсци ѩꙁꙑци
dolnoserbski: Słowjańske rěcy
Esperanto: Slava lingvaro
español: Lenguas eslavas
føroyskt: Slavisk mál
français: Langues slaves
Nordfriisk: Slaawisk spriaken
客家語/Hak-kâ-ngî: Slav Ngî-chhu̍k
hornjoserbsce: Słowjanske rěče
interlingua: Linguas slave
Bahasa Indonesia: Rumpun bahasa Slavia
italiano: Lingue slave
日本語: スラヴ語派
한국어: 슬라브어파
kernowek: Yethow Slavek
Кыргызча: Славян тилдери
Lëtzebuergesch: Slawesch Sproochen
Lingua Franca Nova: Linguas slavica
Limburgs: Slavische taole
lumbaart: Lengov slav
lietuvių: Slavų kalbos
latviešu: Slāvu valodas
македонски: Словенски јазици
Bahasa Melayu: Bahasa Slavik
مازِرونی: اسلاوی زوونون
Nederlands: Slavische talen
norsk nynorsk: Slaviske språk
Nouormand: Langue Slave
Piemontèis: Lenghe slave
português: Línguas eslavas
Runa Simi: Islaw rimaykuna
română: Limbi slave
русиньскый: Славяньскы языкы
srpskohrvatski / српскохрватски: Slavenski jezici
Simple English: Slavic languages
slovenčina: Slovanské jazyky
slovenščina: Slovanski jeziki
српски / srpski: Словенски језици
Türkçe: Slav dilleri
українська: Слов'янські мови
oʻzbekcha/ўзбекча: Slavyan tillari
vepsän kel’: Slavižed keled
Tiếng Việt: Ngữ tộc Slav
West-Vlams: Slaviesche toaln
Volapük: Püks slavik
Bân-lâm-gú: Slav giân-gú