Sint Petersburg

Sint Petersburg
Санкт-Петербург
(Federale stad)
Kloksgewys van links bo: Sint Isak-katedraal troon bo die stad uit; die Fort van Petrus en Paulus; Paleisplein; Peterhof; Nefski-prospekt; die Winterpaleis.
Kloksgewys van links bo: Sint Isak-katedraal troon bo die stad uit; die Fort van Petrus en Paulus; Paleisplein; Peterhof; Nefski-prospekt; die Winterpaleis.
Politieke status
LandFlag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrikNoordwestelike
Ekonomiese streekNoordwestelike
Stigting27 Mei 1703
Regering
LeierGeorgi Poltawtsjenko
AmpGoewerneur
WetgewerWetgewende Raad
Bevolking
Sensus2010
Totaal4 879 566
Volgorde4de
Digtheid3 390,94/km2
Statistiek
Oppervlakte1 439 km2
Volgorde82ste
TydsoneUTC+04:00
Registrasienommer78, 98, 178
Amptelike taleRussies
Webtuistehttp://eng.gov.spb.ru/
Wapen en vlag
Coat of Arms of Saint Petersburg (2003).svg

Flag of Saint Petersburg Russia.svg
Portaal  Portaalicoon  Rusland

Sint Petersburg (Russies: Санкт-Петербург) is ’n federale stad van Rusland. Dis geleë in die Noordwestelike Federale Distrik aan die Newarivier oos van die Golf van Finland. Die stad se vorige name was Petrograd (Russies: Петроград) en Leningrad (Russies: Ленинград).

Sint Petersburg is op 27 Mei 1703 gestig deur Pieter die Grote van die Russiese Ryk en was langer as tweehonderd jaar (1712-1728, 1732-1918) die land se hoofstad. Dit is naas Moskou die grootste stad in Rusland en naas die Russiese hoofstad, Londen en Parys die grootste stad in Europa. Dis een van Europa se vernaamste wetenskap-, kultuur- en nywerheidsentrums en ’n belangrike hawe aan die Baltiese See.

Die "Venesië van die Noorde", soos Sint Petersburg vanweë sy talle kanale en meer as 400 brûe dikwels genoem word, was die resultaat van 'n grootskaalse stedelike bouprojek wat in 1703 onder tsaar Pieter die Grote begin is en slegs danksy die grootskaalse gebruik van dwangarbeiders - waaronder Russiese soldate, Sweedse en Ottomaanse krygsgevangenes - en Finse en Estniese werkers verwesenlik kon word. Hierdie mense het in minder as twintig jaar 'n stad voltooi wat, volgens die ontwerp van die Franse argitek Alexandre Leblond, 'n onherbergsame kusgebied in 'n eersterangse Europese metropool met paleise, kerke en kloosters asook tweeverdiepingwoonhuise omgeskep het.

Tsaar Pieter die Grote se visie was om vir Rusland, 'n uitgestrekte, maar agtergeblewe ryk 'n "venster na die weste" te open om sy land toeganklik te maak vir die ontwikkelde Europa se ambagte, kuns en beskawing. As timmerman in Amsterdam het hy self onder die indruk van 'n moderne stad gestaan wat as voorbeeld vir sy nuwe hoofstad sou dien - 'n metropool met seehawe, kanale en brûe.

Wit Nagte gedurende midsomer in Junie en Julie

Sint Petersburg se pragstraat, die Nefskij-prospekt met sy indrukwekkende Jugendstilfasades, die Russiese Museum en die Grand Hotel Europa, ding mee met Parys se Champs-Élysées en die Kurfürstendamm in Berlyn - en vir die digter Nikolai Gogol was hierdie laan die grootste aantreklikheid in Rusland se Oosseemetropool.

Sint Petersburg se argitektoniese erfenis verenig 'n verskeidenheid uiteenlopende boustyle soos barok-, rokoko- en suiwer neoklassieke boustyle met geboue soos die Admiraliteits-, Winter- en Marmerpaleis en die Hermitage. So is die historiese middestad tot Unesco-wêrelderfenisgebied verklaar.

Sint Petersburg was in die laat 19de en vroeë 20ste eeu, 'n dinamiese periode van ontwikkeling in die Russiese Ryk, die spilpunt van Russiese kapitalisme en globalisering, waar sosiale klasse gevorm en maatskaplike mobiliteit begin het, die bakermat van nuwe strominge in literatuur, argitektuur, musiek en skilderkuns, van Russiese massakultuur en van 'n lewendige burgerlike samelewing - prosesse wat van die stad omstreeks 1900 een van die sentra van Europese modernisme gemaak het en eers deur die Russiese Oktoberrewolusie in 1917, waarin die stad 'n sleutelrol gespeel het, skielik tot stilstand gedwing is.[1]

Other Languages
Alemannisch: Sankt Petersburg
aragonés: Sant Petersburgo
العربية: سانت بطرسبرغ
asturianu: San Petersburgu
Aymar aru: Santu Pitirwurhu
azərbaycanca: Sankt-Peterburq
башҡортса: Санкт-Петербург
žemaitėška: Sankt Peterborgs
беларуская: Санкт-Пецярбург
беларуская (тарашкевіца)‎: Санкт-Пецярбург
български: Санкт Петербург
Bislama: San-Peterburg
bamanankan: Saint Petersburg
brezhoneg: Sant-Petersbourg
bosanski: Sankt Peterburg
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Sankt-Peterburg
qırımtatarca: Sankt Peterburg
čeština: Petrohrad
словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ: Санктъ Пєтєрбоургъ
Cymraeg: St Petersburg
dolnoserbski: Sankt Petersburg
Esperanto: Sankt-Peterburgo
español: San Petersburgo
eesti: Peterburi
estremeñu: San Petersburgu
Võro: Peterburk
føroyskt: St. Pætursborg
Gàidhlig: Sankt Peterburg
Avañe'ẽ: San Petersburgo
客家語/Hak-kâ-ngî: Sankt-Peterburg
Fiji Hindi: Saint Petersburg
hrvatski: Sankt-Peterburg
hornjoserbsce: Pětrohród
Kreyòl ayisyen: Saint-Pétersbourg
interlingua: Sancte Petroburgo
Bahasa Indonesia: Sankt-Peterburg
italiano: San Pietroburgo
la .lojban.: sankt. peterburg
Basa Jawa: St. Petersburg
Qaraqalpaqsha: Sankt Peterburg
Taqbaylit: Saint-Petersburg
Адыгэбзэ: Бытырбыху
kalaallisut: Sankt Petersborg
Перем Коми: Петракар
къарачай-малкъар: Санкт-Петербург
kernowek: Sen Pederburg
Latina: Petropolis
Lëtzebuergesch: Sankt Péitersbuerg
Limburgs: Sint-Petersburg
lumbaart: San Pederburgh
latgaļu: Pīterpiļs
latviešu: Sanktpēterburga
олык марий: Санкт-Петербург
македонски: Санкт Петербург
кырык мары: Санкт-Петербург
Bahasa Melayu: Saint Petersburg
Mirandés: San Petersburgo
مازِرونی: سن پترزبورگ
Dorerin Naoero: St. Petersburg
Napulitano: San Pietroburgo
Plattdüütsch: Sankt Petersborg
Nedersaksies: Sint-Petersborg
Nederlands: Sint-Petersburg
norsk nynorsk: St. Petersburg
Chi-Chewa: Saint Petersburg
Livvinkarjala: Piiteri
polski: Petersburg
Piemontèis: San Peroborgh
português: São Petersburgo
Runa Simi: Sankt Peterburg
tarandíne: San Pitreburghe
русиньскый: Санкт-Петербурґ
sicilianu: San Pietruburgu
srpskohrvatski / српскохрватски: Sankt Peterburg
Simple English: Saint Petersburg
slovenčina: Petrohrad
slovenščina: Sankt Peterburg
Soomaaliga: Saint Petersburg
српски / srpski: Санкт Петербург
Kiswahili: Sankt Peterburg
ślůnski: Pejtersburg
Türkmençe: Sankt-Peterburg
Türkçe: Sankt-Peterburg
татарча/tatarça: Питырбур
chiTumbuka: Saint Petersburg
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: Sankt-Pétérburg
українська: Санкт-Петербург
oʻzbekcha/ўзбекча: Sankt-Peterburg
vepsän kel’: Piter
Tiếng Việt: Sankt-Peterburg
West-Vlams: Sint-Petersburg
Volapük: Sankt-Peterburg
吴语: 圣彼得堡
ייִדיש: פעטערבורג
中文: 圣彼得堡
文言: 聖彼得堡
Bân-lâm-gú: Sankt-Peterburg
粵語: 聖彼得堡