Sigbare spektrum

Wit lig word deur ’n prisma verbuig in die kleure van die sigbare spektrum.

Die sigbare spektrum is die deel van die elektromagnetiese spektrum wat met die menslike oog gesien kan word. Dit word ook sigbare lig of eenvoudig lig genoem. ’n Tipiese menslike oog sal golflengtes van sowat 390 tot 750 nm sien.[1] In terme van frekwensie, is dit ’n band van sowat 400–790 THz. Die spektrum bevat egter nie al die kleure wat die oog kan sien nie; kleure soos pienk, pers en magenta is byvoorbeeld afwesig omdat hulle bestaan uit ’n vermenging van verskeie golflengtes.

Baie spesies kan lig buite die "sigbare spektrum" sien soos bepaal deur die menslike oog. Bye en baie ander insekte kan ultravioletlig sien, en dit help hulle om nektar in blomme te vind. Plantspesies wat op kruisbestuiwing staatmaak, se sukses om voort te plant hang af van hul voorkoms in ultravioletlig eerder as hoe kleurryk hulle vir die menslike oog lyk.

Spektrumkleure

Die kleure in dié diagram is by benadering. Die spektrum is aaneenlopend, met geen duidelike grense tussen die verskillende kleure nie.

Linear visible spectrum.svg
Kleur Frekwensie Golflengte
violet 668–789 THz 380–450 nm
blou 606–668 THz 450–495 nm
groen 526–606 THz 495–570 nm
geel 508–526 THz 570–590 nm
oranje 484–508 THz 590–620 nm
rooi 400–484 THz 620–750 nm
Other Languages
العربية: طيف مرئي
asturianu: Espectru visible
беларуская (тарашкевіца)‎: Бачнае выпраменьваньне
български: Видим спектър
brezhoneg: Spektr gwelus
Deutsch: Lichtspektrum
Ελληνικά: Ορατό φάσμα
Esperanto: Videbla spektro
euskara: Argi ikusgai
فارسی: طیف مرئی
français: Spectre visible
Fiji Hindi: Visual spectrum
hrvatski: Spektar (boja)
Bahasa Indonesia: Spektrum kasatmata
日本語: 可視光線
한국어: 가시광선
Lëtzebuergesch: Liichtspektrum
latviešu: Redzamā gaisma
Nederlands: Zichtbaar spectrum
norsk nynorsk: Det optiske spekteret
português: Espectro visível
română: Spectru vizibil
srpskohrvatski / српскохрватски: Spektar (boja)
Simple English: Visible spectrum
slovenščina: Vidni spekter
татарча/tatarça: Күренмә нурланыш
українська: Видиме світло
اردو: مرئی طیف
吴语: 可见光
中文: 可见光
Bân-lâm-gú: Khó-kiàn sek-lia̍t
粵語: 可見光