Selenografie

Uit die boek Recreations in Astronomy deur H.D. Warren D.D., uitgegee in 1879: 'n afbeelding genaamd "Lunêre dag", wat 'n historiese konsep van die maanoppervlak se voorkoms weergee. Robotsendings na die maan sou egter aandui dat die oppervlakte baie meer gerond is weens 'n lang geskiedenis van impakte.

Selenografie is die studie van die oppervlakte en fisiese kenmerke van die maan. Histories was selenografiste merendeels bemoeid met die kartering en benaming van die maanseë, kraters, bergreekse en verskeie ander kenmerke. Hierdie taak is grootliks afgehandel toe hoëresolusiebeelde van die naby- en die vêrkant van die maan verkry is danksy ruimtetuie wat in die vroeë ruimteera in wentelbane om die maan geplaas is. Nietemin is dele van die maan, veral rondom die pole, in die 21ste eeu steeds swak gefotografeer, en die presiese liggings van etlike kenmerke (soos kraterdieptes) is nie tot die naaste kilometer bekend nie. Vandag word selenografie beskou as 'n subdissipline van selenologie, wat op sigself meestal as "maanwetenskap" bekend staan. Die woord selenografie is afgelei van die Griekse lunêre godheid Σελήνη Selene en γράφω, d.w.s. graphō, wat beteken "ek skryf".

  • kyk ook

Kyk ook

  • Lys van berge van die Maan
  • Lys van kraters op die Maan
  • Lys van oppervlakkenmerke van die Maan
  • Lys van seë op die Maan
  • Lys van valleie van die Maan
Other Languages
català: Selenografia
čeština: Selenografie
Deutsch: Selenografie
English: Selenography
español: Selenografía
français: Sélénographie
hrvatski: Selenografija
Bahasa Indonesia: Selenografi
italiano: Selenografia
日本語: 月理学
Lëtzebuergesch: Selenographie
Nederlands: Selenografie
norsk nynorsk: Selenografi
polski: Selenografia
português: Selenografia
română: Selenografie
русский: Селенография
Simple English: Selenography
slovenčina: Selenografia
svenska: Selenografi
українська: Селенографія
中文: 月面学
Bân-lâm-gú: Goa̍t-lí-ha̍k