Sangkuns

Harry Belafonte is 'n sanger (1954).
Édith Piaf, bekende Franse sangeres.

Sangkuns of sing is die voortbring van musiek met die stem. Woorde of ander klanke word op verskillende toonhoogtes volgens 'n bepaalde melodie uitgespreek. In die proses word 'n hoorbare lied voortgebring. Terwyl daar gesing word, word die klemtoon en tongval dikwels verander.

Mense kan alleen sing (solosang), of saam met ander (koorsang). Sommige diere, soos voëls en walvisse, sing ook. As geen woorde geproduseer word nie, terwyl die stem met geslote lippe gebruik word, word dit neurie genoem.

'n Persoon wat sangkuns beoefen word 'n sanger of 'n sangeres genoem. Professionele sangers bou gewoonlik hul loopbane rondom 'n spesifieke musikale genre, soos volksliedere, klassieke sangliteratuur of rock. Voor optredes doen hulle opwarmingsoefeninge en hulle ontvang tipies stemopleiding by 'n vokale afrigter regdeur hul loopbane.

Daar word dikwels van instrumentale begeleiding gebruik gemaak. 'n Klavier, kitaar of 'n verskeidenheid van instrumente (orkes) kan vir begeleiding gebruik word. Vooraf opgeneemde agtergrondmusiek word ook soms ingespan. In die afwesigheid van instrumente word daar na cappella verwys. Die Cutt Glas-musiekgroep is 'n voorbeeld van 'n bekende Afrikaanse cappella-musiekgroep.

Die menslike stem het 'n beperkte reikwydte (die afstand tussen die hoogste en laagste noot). Daarom word sangstemme rofweg in die volgende vier kategorieë ingedeel:

Wanneer 'n musiekstuk wat 'n verhaal vertel gesing word, praat mens van 'n opera, operette of musiekblyspele.

Other Languages
Alemannisch: Gesang
aragonés: Cante
Ænglisc: Sangcræft
العربية: غناء
ܐܪܡܝܐ: ܙܡܪܐ
Boarisch: Gsang
беларуская: Спеў
беларуская (тарашкевіца)‎: Сьпеў
български: Пеене
भोजपुरी: गायकी
বাংলা: গাওয়া
བོད་ཡིག: གཞས་གཏོང་བ།
brezhoneg: Kanañ
bosanski: Pjevanje
català: Cant
čeština: Zpěv
Чӑвашла: Юрлани
Deutsch: Gesang
English: Singing
Esperanto: Kantado
español: Canto
eesti: Laulmine
فارسی: خوانندگی
suomi: Laulu
français: Chant
Frysk: Sjongen
贛語: 唱歌
galego: Canto
Avañe'ẽ: Purahéi
עברית: זמרה
हिन्दी: गायन
hrvatski: Pjevanje
Kreyòl ayisyen: Chantè
magyar: Éneklés
íslenska: Söngvari
italiano: Canto
日本語: 歌唱
Patois: Singin
la .lojban.: sanga
ქართული: ვოკალისტი
한국어: 가창
Кыргызча: Ырдоо
Latina: Cantus
Limburgs: Zank
latviešu: Dziedāšana
मैथिली: गायन
македонски: Пеење
മലയാളം: ഗാനാലാപനം
Bahasa Melayu: Nyanyian
Nedersaksies: Zangkeunst
नेपाली: गाउनु
नेपाल भाषा: गायक
Nederlands: Zangkunst
occitan: Cant
Livvinkarjala: Pajo
ଓଡ଼ିଆ: ଗାୟନ
ਪੰਜਾਬੀ: ਗਾਇਕੀ
Papiamentu: Canta
polski: Śpiew
português: Canto (música)
Runa Simi: Taki
română: Cântare
русский: Пение
sicilianu: Cantu
Scots: Singin
davvisámegiella: Lávlun
srpskohrvatski / српскохрватски: Pjevanje
සිංහල: ගායකයා
Simple English: Singing
ślůnski: Śpjyw
தமிழ்: பாடுதல்
తెలుగు: గానం
Tagalog: Pag-awit
українська: Спів
اردو: گلوکاری
Tiếng Việt: Hát
吴语: 唱歌
მარგალური: ვოკალისტი
ייִדיש: געזאנג
中文: 歌唱
Bân-lâm-gú: Chhiùⁿ-koa
粵語: 唱歌