Romeinse Ryk

IMPERIVM ROMANVM
Romeinse Ryk
Spqrstone.jpg
27 v.C. – 476Labarum.svg
Labarum.svg
VlagWapenskild
VlagWapen
Leuse: senatvs popvlvsqve romanvs
(Latyns vir: "Die Senaat en Volk van Rome")
Ligging of Rome
Die Romeinse Ryk in sy grootste uitbreiding in 117 onder keiser Trajanus.
HoofstadRome (286 v.C.-330)
Konstantinopel (330-476)
Taal/TaleLatyn en Grieks
GodsdiensRomeinse mitologie (tot 380)
Christendom (ná 380)
RegeringMonargie
WetgewerSenaat
Historiese tydperkAntieke
 - Augustus Octavianus word keiser27 v.C.
 - Troonafstand van Romulus Augustulus476
Oppervlakte
 - 1175 000 000 km2
1 930 511 sq mi
Bevolking
 - 117 skatting88 000 000 
     Digtheid17,6 /km² 
45,6 /sq mi
Geldeenheiddenarii = 100 bronze sesterces = 400 copper asses

Die Romeinse Ryk (Latyn: IMPERIVM ROMANVM) verwys na die gebied wat tussen 27 v.C. en die 5de en 6de eeu n.C. deur 'n reeks van keisers geregeer is. Dit was een van die grootste ryke in die wêreldgeskiedenis en die bevolking het gegroei tot 'n geskatte 50 tot 90 miljoen. Gebiede wat 'n deel van die ryk was, het gestrek vanaf Brittanje tot Egipte en het vele nasies en kulture ingesluit. Die Ryk het na burgeroorlog, wat na Julius Caesar se dood uitgebreek het, uit die Romeinse Republiek ontstaan. Alhoewel die Romeinse Ryk bestaan het tot die jaar 476, het die Ryk vir alle praktiese doeleindes geskei tussen die ooste en weste. Die burgers van die ooste en weste het tog nog steeds hulself as Romeine van die Romeinse Ryk beskou al was hulle deur twee keisers geregeer.

Geskiedenis

Volgens legende is Rome gestig in 753 v.C. deur Romulus en Remus, wat deur 'n wolfteef grootgemaak sou gewees het.
rmn-military-header.png

Stigting van Rome
Romeinse monargie
Romeinse Republiek
Romeinse Keiserryk
Wes-Romeinse Ryk
Oos-Romeinse Ryk

Sy politieke bedeling het met verloop van tyd van 'n monargie in 'n republikeinse bedeling en uiteindelik in 'n keiserryk verander. Die Romeinse Ryk het ongeag die verskeidenheid van sy volke, tale en godsdienste tot 'n gemeenskaplike staat, lewensvorm en universele staatsidee ontwikkel, wat as 'n imperium sine fine ("'n ryk sonder grense") gedefinieer is.

Die Romeinse Ryk het sy grootste uitbreiding onder die heerskappy van keiser Trajanus bereik en destyds oor drie vastelande gestrek: die Mediterreense gebiede rondom die Middellandse See, Gallië, groot gedeeltes van Brittanje en die gebiede rondom die Swartsee. Rome het sodoende die meeste van die gebiede oorheers wat destyds in die Mediterreense wêreld bekend was.

Handel, kuns en kultuur het in die tydperk van die Romeinse Ryk in baie van sy gebiede 'n eerste bloeitydperk beleef en die lewensgehalte, die vlakke van geletterdheid en die bevolkingsyfers het eeue lank ongeëwenaar in Europa gebly.

Die Romeinse Ryk het 'n groot kulturele en taalkundige invloed op die gebiede binne en oorkant sy grense uitgeoefen. Terwyl die weste van die ryk gelatiniseer is, het die Romeinse invloed in die oostelike gebiede met Grieks-Hellenistiese en Oosterse elemente vermeng.

Latyn, die inheemse taal van die stad Rome en sy omgewing (die gewes Latium, wat ook sy naam aan die taal gegee het), het die amptelike taal van die ryk geword, maar gedeeltelik ook elemente van ander tale bewaar. Die taal van die Romeine is in Europa nog baie eeue ná die ondergang van die Romeinse Ryk tot in die barok-tydperk as 'n wetenskapstaal gebruik. In die Rooms-Katolieke Kerk het Latyn tot met die Tweede Vatikaanse Konsilie die taal van die mis gebly. Baie wetenskappe, soos geneeskunde en biologie, gebruik en skep nog steeds (Grieks-)Latynse vakterme.

Uit die Latynse taal het uiteindelik die moderne Romaanse tale van Europa ontwikkel, waarvan Italiaans, Frans, Spaans, Portugees, Katalaans en Roemeens die belangrikstes is. Baie Latynse leenwoorde is deur Germaanse en Slawiese tale oorgeneem.

Die Romeinse reg het 'n groot invloed op die moderne reg, veral die privaatreg, uitgeoefen.

Other Languages
aragonés: Imperio Román
asturianu: Imperiu romanu
azərbaycanca: Roma İmperiyası
башҡортса: Рим империяһы
žemaitėška: Ruomas imperėjė
беларуская: Рымская імперыя
беларуская (тарашкевіца)‎: Рымская імпэрыя
български: Римска империя
bosanski: Rimsko carstvo
català: Imperi Romà
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Lò̤-mā Dá̤-guók
qırımtatarca: Roma İmperiyası
dansk: Romerriget
dolnoserbski: Romski imperium
English: Roman Empire
Esperanto: Romia Imperio
español: Imperio romano
estremeñu: Empériu romanu
Na Vosa Vakaviti: Na Matanitu ki Roma
føroyskt: Rómverjaríkið
français: Empire romain
贛語: 羅馬帝國
客家語/Hak-kâ-ngî: Lò-mâ Ti-koet
Fiji Hindi: Roman Samrajya
hrvatski: Rimsko Carstvo
hornjoserbsce: Romski imperij
Kreyòl ayisyen: Anpi Women
interlingua: Imperio Roman
Bahasa Indonesia: Kekaisaran Romawi
italiano: Impero romano
日本語: ローマ帝国
la .lojban.: latmo sosygugje'a
ភាសាខ្មែរ: ចក្រភព រ៉ូម
한국어: 로마 제국
Lëtzebuergesch: Réimescht Räich
Lingua Franca Nova: Impero Roman
Limburgs: Romeins Riek
Ligure: Impêo Roman
lumbaart: Impero Roman
lietuvių: Romos imperija
latviešu: Romas impērija
Malagasy: Empira Romana
македонски: Римско Царство
Bahasa Melayu: Empayar Rom
Mirandés: Ampério Romano
မြန်မာဘာသာ: ရောမအင်ပါယာ
Napulitano: Impero Rumano
Nedersaksies: Romeinse Riek
नेपाल भाषा: रोमन साम्राज्य
norsk nynorsk: Romarriket
occitan: Empèri Roman
ਪੰਜਾਬੀ: ਰੋਮਨ ਸਮਰਾਜ
Papiamentu: Imperio romano
Piemontèis: Imperi Roman
پنجابی: رومی سلطنت
português: Império Romano
română: Imperiul Roman
русиньскый: Римска империя
саха тыла: Рим империята
sicilianu: Mpèriu rumanu
srpskohrvatski / српскохрватски: Rimsko Carstvo
Simple English: Roman Empire
slovenčina: Rímske cisárstvo
slovenščina: Rimski imperij
Gagana Samoa: Emepaea o Roma
српски / srpski: Римско царство
Seeltersk: Roomske Riek
Basa Sunda: Kakaisaran Romawi
Kiswahili: Dola la Roma
Türkmençe: Rim imperiýasy
татарча/tatarça: Рим империясе
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: رىم ئىمپېرىيىسى
українська: Римська імперія
vèneto: Inpero Roman
vepsän kel’: Rimalaine imperii
Tiếng Việt: Đế quốc La Mã
West-Vlams: Romeins Ryk
吴语: 罗马帝国
Vahcuengh: Lozmaj Daeqgoz
中文: 羅馬帝國
Bân-lâm-gú: Lô-má Tè-kok
粵語: 羅馬帝國