Qin-dinastie


Qin-dinastie
221 v.C. – 206 v.C.Flag

Ligging of Qin
Die Qin-dinastie omstreeks 210 v.C.
HoofstadXianyang
Taal/TaleOud-Chinees
GodsdiensChinese volksreligie
Legalisme
RegeringMonargie
Keiser
 - 221 v.C. – 210 v.C.Qin Shi Huang
 - 210 v.C. – 207 v.C.Qin Er Shi
Historiese tydperkAntieke tydperk
 - Unifikasie van China221 v.C. 221 v.C.
 - Oorgawe aan Liu Bang206 v.C. 206 v.C.
Bevolking
 - 210 v.C. skatting20 000 000 
GeldeenheidBan liang-munte

Die Qin-dinastie (Chinees: 朝, Qín Cháo; 221-206 v.C.) was die eerste keiserlike dinastie van China en het van 221 tot 206 v.C. bestaan. Die dinastie is gestig ná die verowering van ses ander state deur die staat Qin; die stigter was Qin Shi Huang, die eerste keiser van ’n verenigde China. Die staat Qin se naam kom van sy hartland, in die hedendaagse Gansu en Shaanxi.

Geskiedenis

Die krag van die staat is in ’n groot mate verhoog deur legalistiese hervormings in die 4de eeu v.C.. Die Qin het in die middel en laat 3de eeu v.C. ’n reeks vinnige verowerings geloods om eers die magtelose Zhou-dinastie en eindelik nog ander strydende state oor te neem. So het hulle die hele China verenig.

Tydens sy bewind oor China het die Qin probeer om ’n keiserlike staat te verenig deur ’n hoogs gestruktureerde politieke mag en ’n stabiele ekonomie wat ’n groot weermag kon onderhou.[1] Die sentrale regering het die rol van die aristokrate en grondeienaars verklein en regstreekse administratiewe beheer oor die boere, die grootste deel van die bevolking, uitgeoefen. Dit het ’n groot mannekrag tot gevolg gehad, asook ambisieuse bouprojekte soos ’n muur aan die noordelike grens (vandag bekend as die Groot Muur). Die Qin-dinastie het ook verskeie hervormings ingestel, soos die geldeenheid, die standaardisasie van gewigte en eenhede en ’n eenvormige skryfstelsel. Om kritiek te beperk en alle inligting oor ou dinastieë te vernietig, is boeke in 213 v.C. verbrand en 460 Konfusiaanse geleerdes lewendig begrawe. Die weermag was ook rewolusionêr in die sin dat dit die modernste wapens, vervoer en taktiek gebruik het.

Ondanks die dinastie se militêre mag het dit nie lank geduur nie. Toe die eerste keiser in 210 v.C. dood is, het twee van sy vorige raadgewers sy seun op die troon geplaas in ’n poging om die administrasie van die hele dinastie deur hom te beïnvloed en beheer. Die raadgewers het egter vasgesit en dit het tot hul eie dood en dié van die tweede Qin-keiser gelei. ’n Paar jaar later het ’n volksopstand uitgebreek wat die ryk verswak het. Dit is verower deur ’n Chu-luitenant, wat die Han-dinastie gestig het.[2]

Ondanks sy kort bestaan het die Qin-dinastie daaropvolgende Chinese ryke beïnvloed, veral die Han, en daar word geglo die Europese en Afrikaanse naam vir China kom van hulle af.

Other Languages
Alemannisch: Qin-Dynastie
asturianu: Dinastía Qin
башҡортса: Цинь (династия)
Bikol Central: Dinastiyang Ch'in
български: Цин (3 век пр.н.е.)
brezhoneg: Tierniezh Qin
буряад: Цинь улас
català: Dinastia Qin
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Cìng-dièu
čeština: Dynastie Čchin
Deutsch: Qin-Dynastie
Ελληνικά: Δυναστεία Τσιν
English: Qin dynasty
Esperanto: Dinastio Qin
español: Dinastía Qin
euskara: Qin dinastia
français: Dynastie Qin
贛語:
客家語/Hak-kâ-ngî: Chhìn-chhèu
עברית: שושלת צ'ין
हिन्दी: चिन राजवंश
hrvatski: Qin (dinastija)
հայերեն: Ցին դինաստիա
Bahasa Indonesia: Dinasti Qin
italiano: Dinastia Qin
日本語: 秦朝
Basa Jawa: Wangsa Qin
ქართული: ცინი
ភាសាខ្មែរ: រាជវង្សឈិន
한국어: 진나라
Latina: Domus Qin
lietuvių: Činų dinastija
latviešu: Cjiņu dinastija
монгол: Цинь улс
Bahasa Melayu: Dinasti Qin
မြန်မာဘာသာ: ချင်မင်းဆက်
Nederlands: Qin-dynastie
norsk nynorsk: Qin-dynastiet
occitan: Dinastia Qin
polski: Dynastia Qin
português: Dinastia Chin
română: Dinastia Qin
srpskohrvatski / српскохрватски: Dinastija Qin
Simple English: Qin dynasty
slovenščina: Dinastija Č'in
српски / srpski: Династија Ћин
svenska: Qindynastin
Kiswahili: Nasaba ya Qin
Türkçe: Çin Hanedanı
ئۇيغۇرچە / Uyghurche: چىن سۇلالىسى
українська: Династія Цінь
Tiếng Việt: Nhà Tần
Winaray: Dinastiya Qin
吴语: 秦朝
მარგალური: ცინი
Vahcuengh: Caenzciuz
中文: 秦朝
Bân-lâm-gú: Chîn
粵語: 秦朝