Piet Cronjé

Generaal Piet Cronjé
Foto van Piet Cronje.
GeboortenaamPiet Arnoldus Cronjé
Gebore(1836-10-04)4 Oktober 1836
Colesberg, Kaapkolonie
Oorlede4 Februarie 1911 (op 74)
Potchefstroom, Transvaal, Unie van Suid-Afrika
BeroepLandbouer, soldaat, politikus

Generaal Piet Cronjé (1836—1911) was 'n leier in die Zuid-Afrikaansche Republiek se militêre magte tydens die Eerste- en Tweede Vryheidsoorlog. Ná die oorlog is hy na Amerika, waar hy die Slag van Paardeberg (sy vernederende oorgawe met 4 000 man aan ’n Britse oormag onder lord Roberts) in ’n sirkus voor Amerikaanse gehore opgevoer het. Sonja Loots se roman Sirkusboere is op dié historiese gegewens gegrond.[1]

Vroeë lewe

Piet Arnoldus Cronjé is op 4 Oktober 1836 in die Kaapkolonie gebore. Hy trek saam met sy ouers op die Groot Trek na die Transvaal. Op twaalfjarige ouderdom was hy reeds teenwoordig by die Slag van Boomplaats. Hy het naby Potchefstroom gewoon.[2][3]

Other Languages
čeština: Piet Cronje
Deutsch: Piet Cronjé
English: Piet Cronjé
español: Piet Cronje
français: Piet Cronje
magyar: Piet Cronjé
italiano: Piet Cronje
Nederlands: Piet Cronjé
svenska: Piet Cronjé
українська: Піт Кроньє