Periodieke tabel

Dmitri Mendelejef, die vader van die moderne periodieke tabel.
Mendelejef se periodieke tabel uit sy boek.

Die periodieke tabel is 'n voorstelling van die bekende chemiese elemente, gerangskik volgens hul atoomgetal, elektronkonfigurasie en chemiese eienskappe. Elemente word gerangskik volgens toenemende atoomgetal (die getal protone). Die standaardvorm van die tabel bestaan uit ’n rooster van 18 x 7 blokkies, wat die hoofdeel vorm, plus ’n kleiner deel van twee rye onderaan.

Die tabel kan ook verdeel word in vier reghoekige blokke: die s-blok links, die p-blok regs, die d-blok in die middel en die f-blok daaronder. Die rye van die tabel word periodes genoem en die kolomme van die s-, d- en p-blok groepe; sommige van hulle het name soos halogene of edelgasse. Aangesien die periodieke tabel chemiese tendense behels, kan dit gebruik word om die verhouding tussen eienskappe van die elemente af te lei en om die eienskappe van nuwe, nog onontdekte elemente of sinteties vervaardigde elemente te voorspel.

Hoewel periodieke tabelle vantevore bestaan het, word Dmitri Mendelejef oor die algemeen beskou as die vader van die huidige tabel, wat hy in 1869 gepubliseer het. Dit is die eerste een wat algemeen aanvaar is. Hy het die tabel ontwikkel om tendense in die eienskappe van die destyds bekende elemente te illustreer. Hy het ook van die eienskappe van toe nog onbekende elemente voorspel na aanleiding van leë ruimtes in die tabel. Die meeste van sy voorspellings het korrek blyk te wees toe dié elemente later ontdek is. Mendelejef se periodieke tabel is sedertdien uitgebrei en verfyn met die ontdekking of sintetiese vervaardiging van nog nuwe elemente en die ontwikkeling van nuwe teoretiese modelle om chemiese gedrag te verduidelik.

Alle elemente van 1 ( waterstof) tot 118 (oganesson) is al ontdek of sinteties vervaardig. Die elemente van 1 tot 98 ( kalifornium) bestaan natuurlik, hoewel sommige net in klein hoeveelhede voorkom en aanvanklik ontdek is toe hulle sinteties vervaardig is. Die elemente ná 98 is sinteties vervaardig in laboratoriums. Die vervaardiging van elemente ná oganesson word beplan en voortdurende debatte word gevoer oor hoe die periodieke tabel verander sal moet word as enige sulke elemente bykom.

Uitleg

So lyk die huidige periodieke tabel van bekende chemiese elemente. Elemente waarvan die atoomgetal in rooi aangedui word, is sinteties vervaardig. Die eienskappe van elemente op ’n liggrys agtergrond is onbekend.

Groep 1 2 3 13 14 16 17 18
Periode
1
H

2
He
3
Li
4
Be

5
B
6
C
7
N
8
O
9
F
10
Ne
11
Na
12
Mg

13
Al
14
Si
15
P
16
S
17
Cl
18
Ar
19
K
20
Ca
21
Sc
22
Ti
23
V
24
Cr
25
Mn
26
Fe
27
Co
28
Ni
29
Cu
30
Zn
31
Ga
32
Ge
33
As
34
Se
35
Br
36
Kr
37
Rb
38
Sr
39
Y
40
Zr
41
Nb
42
Mo
43
Tc
44
Ru
45
Rh
46
Pd
47
Ag
48
Cd
49
In
50
Sn
51
Sb
52
Te
53
I
54
Xe
55
Cs
56
Ba
*
72
Hf
73
Ta
74
W
75
Re
76
Os
77
Ir
78
Pt
79
Au
80
Hg
81
Tl
82
Pb
83
Bi
84
Po
85
At
86
Rn
87
  Fr 
88
Ra
* *
104
Rf
105
Db
106
Sg
107
Bh
108
Hs
109
Mt
110
Ds
111
Rg
112
Cn
113
Nh
114
Fl
115
Mc
116
Lv
117
Ts
118
Og

* Lantaniede 57
La
58
Ce
59
Pr
60
Nd
61
Pm
62
Sm
63
Eu
64
Gd
65
Tb
66
Dy
67
Ho
68
Er
69
Tm
70
Yb
71
Lu
* * Aktiniede 89
Ac
90
Th
91
Pa
92
U
93
Np
94
Pu
95
Am
96
Cm
97
Bk
98
Cf
99
Es
100
Fm
101
Md
102
No
103
Lr


Kategorieë van elemente
  Alkalimetale     Aardalkalimetale     Lantaniede     Aktiniede     Oorgangsmetale  
  Hoofgroepmetale     Metalloïdes     Niemetale     Halogene     Edelgasse  


Alle weergawes van die periodieke tabel bevat net chemiese elemente, nie samestellings of elementêre deeltjies nie. Elke chemiese element het ’n unieke atoomgetal wat ooreenstem met die getal protone in sy kern. Die meeste elemente het ’n verskillende aantal neutrone in verskillende atome, en dié variasies word isotope genoem. Koolstof het byvoorbeeld drie isotope wat in die natuur voorkom: al sy atome het ses protone en die meeste het ook ses neutrone, maar sowat 1 persent het sewe neutrone en ’n baie klein aantal het agt neutrone. Isotope word nooit apart in periodieke tabelle aangetoon nie; hulle word altyd saam as een element gegroepeer.

In die standaardmodel word die elemente gelys in volgorde van toenemende atoomgetalle. ’n Nuwe periode (ry) begin wanneer ’n nuwe elektronskil sy eerste elektron het. Groepe (kolomme) word bepaal deur die elektronkonfigurasie van die atoom; elemente met dieselfde getal elektrone in ’n spesifieke subskil val in dieselfde kolom ( suurstof en seleen is byvoorbeeld in dieselfde kolom omdat albei vier elektrone in die buitenste p-subskil het). Elemente met soortgelyke chemiese eienskappe val gewoonlik in dieselfde groep in die periodieke tabel, hoewel elemente in dieselfde periode in die f-blok, en in ’n mate in die d-blok, geneig is om ook soortgelyke eienskappe te hê. Dit is dus relatief maklik om die chemiese eienskappe van ’n element te voorspel as die eienskappe van die omringende elemente bekend is. [1]

Sedert 2012 bevat die periodieke tabel 118 bevestigde chemiese elemente. Altesaam 98 kom in die natuur voor, waarvan 84 oorspronklik is. Die ander 14 natuurlike elemente kom net voor in vervalreekse van oorspronklike elemente. [2] Alle elemente van einsteinium (99) tot oganesson (118) word erken al is hulle sinteties vervaardig en kom hulle nie in die natuur voor nie.

Other Languages
Acèh: Drah kimia
Alemannisch: Periodensystem
العربية: جدول دوري
asturianu: Tabla periódica
Boarisch: Periodnsystem
беларуская (тарашкевіца)‎: Пэрыядычная сыстэма хімічных элемэнтаў
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: পর্যায় সারণী
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Nguòng-só ciŭ-gĭ-biēu
Cymraeg: Tabl cyfnodol
ދިވެހިބަސް: ޕީރިއަޑިކް ތާވަލު
Esperanto: Perioda tabelo
Gàidhlig: Clàr pillteach
ગુજરાતી: આવર્ત કોષ્ટક
客家語/Hak-kâ-ngî: Ngièn-su chû-khì-péu
Fiji Hindi: Periodic table
Bahasa Indonesia: Tabel periodik
íslenska: Lotukerfið
日本語: 周期表
Gĩkũyũ: Metha Njokereri
한국어: 주기율표
lumbaart: Taula periodica
Baso Minangkabau: Tabel periodik
Bahasa Melayu: Jadual berkala
Plattdüütsch: Periodensystem
नेपाल भाषा: तत्त्वमां
Nederlands: Periodiek systeem
norsk nynorsk: Periodesystemet
Papiamentu: Mesa periodiko
Piemontèis: Tàula periòdica
português: Tabela periódica
tarandíne: Tavele Periodiche
srpskohrvatski / српскохрватски: Periodni sistem elemenata
Simple English: Periodic table
српски / srpski: Периодни систем
Sranantongo: Periodiki sistemi
Basa Sunda: Tabél periodik
Kiswahili: Mfumo radidia
Türkçe: Periyodik tablo
oʻzbekcha/ўзбекча: Kimyoviy elementlar davriy sistemasi
Tiếng Việt: Bảng tuần hoàn
West-Vlams: Periodiek système
Bân-lâm-gú: Chiu-kî-piáu