Parasetamol

Star of life caution.svg

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n mediese dokter verwys te word.
Paracetamol-skeletal.svg
Paracetamol-from-xtal-3D-vdW.png

Parasetamol


Chemiese data

Formule: C8H9NO2
Molekulêre massa: 151.169 g/mol

Fisiese data

Digtheid: 1.263 g/cm³

Smeltpunt: 169 °C

Parasetamol (ekwivalent aan asetaminofeen in die VSA) is 'n gewilde pynstiller en koorswerende middel. Die middel is afkomstig van koolteer en, anders as fenasetien, 'n outydse pynstiller wat parasetamol as metaboliet gebruik het, is dit nie kankerwekkend nie. Inteendeel: oor die algemeen verdra die menslike liggaam parasetamol goed en word baie van die newe-effekte van aspirien nie aangetref nie. Dit is oor die toonbank verkrygbaar en word dikwels gebruik vir die afwering van koors, hoofpyn en ander klein pyne en skete. Dit word ook saam met ander nie-steroïede anti-inflammatoriese middels (soos ibuprofeen) of opioïediese pynstillers gebruik om ernstiger pyn te behandel.[1] Parasetamol is ook 'n hoofbestanddeel in verskeie geneesmiddels vir verkoue en griep.

Indien slegs die voorgeskrewe dosis geneem word, is parasetamol oor die algemeen veilig om te gebruik, maar 'n akute oordosis kan moontlik lewensgevaarlike lewerskade veroorsaak; in seldsame individue kan 'n normale dosis dieselfde gevolg hê. Parasetamolvergifting is die vernaamste oorsaak van akute lewerversaking in die Westerse wêreld en is verantwoordelik vir 'n groot deel van die totale dwelmoordosisse in die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State, Australië en Nieu-Seeland.[2][3][4][5] 'n Studie in 2008 het ook aangedui dat die inname van parasetamol deur babas moontlik tot 'n verhoogde risiko vir die latere ontwikkeling van asma lei.[6][7][8]

Other Languages
العربية: باراسيتامول
asturianu: Paracetamol
تۆرکجه: استامینوفن
български: Парацетамол
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: প্যারাসিটামল
bosanski: Paracetamol
català: Paracetamol
کوردی: پانادۆڵ
čeština: Paracetamol
Cymraeg: Paracetamol
Deutsch: Paracetamol
ދިވެހިބަސް: ޕެރަސެޓަމޯލް
Ελληνικά: Παρακεταμόλη
English: Paracetamol
Esperanto: Paracetamolo
español: Paracetamol
euskara: Parazetamol
français: Paracétamol
Nordfriisk: Paracetamol
galego: Paracetamol
עברית: פרצטמול
hrvatski: Paracetamol
magyar: Paracetamol
հայերեն: Պարացետամոլ
Bahasa Indonesia: Parasetamol
íslenska: Parasetamól
italiano: Paracetamolo
қазақша: Парацетамол
lingála: Paracétamol
lietuvių: Paracetamolis
latviešu: Paracetamols
македонски: Парацетамол
Bahasa Melayu: Parasetamol
नेपाल भाषा: पारासिटामोल
Nederlands: Paracetamol
occitan: Paracetamòl
polski: Paracetamol
português: Paracetamol
română: Paracetamol
русский: Парацетамол
srpskohrvatski / српскохрватски: Paracetamol
Simple English: Paracetamol
slovenčina: Paracetamol
slovenščina: Paracetamol
српски / srpski: Paracetamol
Basa Sunda: Parasetamol
svenska: Paracetamol
Türkçe: Parasetamol
українська: Парацетамол
Tiếng Việt: Paracetamol
粵語: 撲熱息痛