Papegaaiduiker

Papegaaiduiker
'n Atlantiese papegaaiduiker
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Alcidae
Genus: Fratercula
Brisson, 1760
Spesies
Sien artikel

Die algemene naam Papegaaiduiker verwys na enige van die Alkespesies in die genus Fratercula ( Latyn: klein broer). Die voël het 'n kenmerkende gekleurde snawel tydens die broeiseisoen. Hulle broei in groot kolonies by kuslangse afgronde of op eilande naby die kus, waar hulle hul neste in gate in die rotse of in die grond maak.

Al drie spesies Pagegaaiduikers het groot snawels. Na die broeiseisoen wissel die voëls die kleurryke buitenste laag van hul snawels en bly daar 'n kleiner en minder kleurryke snawel agter. Hulle kort vlerke is aangepas om met 'n vliegaksie onderwater te swem. In die lug klap hulle hulle vlerke uiters vinnig (tot 100 keer per minuut) en vlieg gereeld baie laag oor die see-oppervlak.

Daar word tans drie spesies erken:

  • Fratercula arctica
  • Fratercula cirrhata
  • Fratercula corniculata

Fratercula dowi is 'n uitgestorwe spesie in hierdie genus, waarvan die subfossiele in die Kanaaleilande van Kalifornië gevind is.

Other Languages
العربية: بفن
تۆرکجه: فراترکولا
беларуская: Тупікі
বাংলা: পাফিন
brezhoneg: Poc'han
català: Fraret
Cebuano: Fratercula
čeština: Papuchalk
Deutsch: Lunde
English: Puffin
Esperanto: Fraterkulo
español: Fratercula
suomi: Lunnit
føroyskt: Lundar
français: Fratercula
Gaeilge: Puifín
Gàidhlig: Buthaid
עברית: תוכי ים
magyar: Fratercula
íslenska: Lundar
italiano: Fratercula
ಕನ್ನಡ: ಕಡಲ ಗಿಣಿ
latviešu: Tuklīši
Plattdüütsch: Seepapagoyen
Nederlands: Papegaaiduikers
norsk: Lunder
polski: Fratercula
پنجابی: پفن
português: Papagaio-do-mar
русский: Тупики
Simple English: Puffin
svenska: Lunnesläktet
தமிழ்: கடல் கிளி
українська: Тупик
Tiếng Việt: Hải âu cổ rụt
Winaray: Fratercula
中文: 海鸚