Paleogeen

EraPeriodeEpogTyd gelede 
(in miljoen jaar)
KainosoïkumKwartêrHoloseen0 - 0,0117
Pleistoseen0,0117 - 2,588
NeogeenPlioseen2,588 - 5,333
Mioseen5,333 - 23,03
PaleogeenOligoseen23,03 - 33,9
Eoseen33,9 - 56,0
Paleoseen56,0 - 65,5
MesosoïkumKrytLaatouer
Moenie verwar word met die Paleoseen nie.

Die Paleogeen is die eerste geologiese periode van die Kainosoïese Era en strek van die einde van die laaste periode van die Mesosoïese Era, die Kryt, sowat 66 miljoen jaar gelede tot die begin van die Neogeen sowat 23,03 miljoen jaar gelede. Dit word veral gekenmerk deur die feit dat soogdiere ontwikkel het van relatief klein, eenvoudige vorme in groot, uiteenlopende diere ná die Kryt-Paleogeen-uitwissing wat ’n einde aan die vorige Krytperiode gebring het.[1]

Dié periode bestaan uit drie epogs: die Paleoseen, Eoseen en Oligoseen. Die einde van die Poleoseen (55,5/54,8 miljoen jaar) word gekenmerk deur een van die belangrikste tydperke van verandering tydens die Kainosoïkum wat oseaan- en atmosferiese sirkulasie ontwrig en gelei het tot die uitwissing van talle seediere en ’n verandering in soogdiere.

Klimaat en geografie

Die klimaat op aarde het tydens die Paleogeen verander van warm en vogtig tot kouer en droër. Dié neiging duur vandag nog voort, hoewel dit van tyd tot tyd afgewissel word met warmer tydperke. Dit is gedeeltelik veroorsaak deur die Antarktiese Ringoseaan (Engels: Antarctic Circumpolar Current), ’n seestroom in die Suidelike Yssee wat ooswaarts om Antarktika loop en seewater se temperatuur laat daal het.

Die kontinente het in die Paleogeen al hoe nader aan hul huidige posisies geskuif. Indië het teen Asië gebots en die Himalaja gevorm. Die Atlantiese Oseaan het jaarliks met ’n paar sentimeter wyer geword. Afrika het noord beweeg tot teen Europa, terwyl Suid-Amerika nader aan Noord-Amerika geskuif het. Australië het geskei geraak van Antarktika en in Suidoos-Asië se rigting beweeg.

Other Languages
Alemannisch: Paläogen
العربية: باليوجين
asturianu: Paleóxenu
беларуская (тарашкевіца)‎: Палеаген
български: Палеоген
brezhoneg: Paleogenel
català: Paleogen
čeština: Paleogén
Cymraeg: Paleogen
dansk: Palæogen
Deutsch: Paläogen
English: Paleogene
Esperanto: Paleogeno
español: Paleógeno
eesti: Paleogeen
euskara: Paleogeno
فارسی: پالئوژن
français: Paléogène
galego: Paleóxeno
עברית: פלאוגן
hrvatski: Paleogen
magyar: Paleogén
Հայերեն: Պալեոգեն
Bahasa Indonesia: Paleogen
italiano: Paleogene
日本語: 古第三紀
한국어: 고제3기
Lëtzebuergesch: Paläogen
lietuvių: Paleogenas
latviešu: Paleogēns
മലയാളം: പാലിയോജീൻ
Bahasa Melayu: Paleogen
Plattdüütsch: Paläogen
Nederlands: Paleogeen
norsk nynorsk: Paleogen
norsk: Paleogen
occitan: Paleogèn
polski: Paleogen
Piemontèis: Paleocen
پنجابی: پیلیوجین
português: Paleogeno
română: Paleogen
саха тыла: Палеоген
Scots: Palaeogene
srpskohrvatski / српскохрватски: Paleogen
Simple English: Palaeogene
slovenčina: Paleogén
slovenščina: Paleogen
српски / srpski: Paleogen
svenska: Paleogen
Tagalog: Paleohene
Türkçe: Paleojen
українська: Палеоген
oʻzbekcha/ўзбекча: Paleogen sistemasi
Tiếng Việt: Kỷ Paleogen
中文: 古近纪
Bân-lâm-gú: Kó͘-chiâⁿ-kí
粵語: 古近紀