Pakistan

Islamic Republic of Pakistan (Engels)
اسلامی جمہوریۂ پاكستان (Oerdoe)
Islāmī Jumhūriyah Pākistān
Islamitiese Republiek Pakistan
Vlag van PakistanEmbleem van Pakistan
VlagEmbleem
Nasionale leuse: ایمان، اتحاد، نظم[1]
Īmān, Ittiḥād, Naẓm
(Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline")
Volkslied: قومی ترانہ Qaumī Tarānah[2]
Ligging van Pakistan
HoofstadIslamabad

33°40′N 73°10′O / 33°40′N 73°10′O / 33.667; 73.167

Grootste stadKaratsji

24°51′N 67°01′O / 24°51′N 67°01′O / 24.850; 67.017

Amptelike taleEngels en Oerdoe[3]
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Arif Alvi
Imran Khan
Onafhanklikheid
Vorming
• Opvatting van Pakistan
• Pakistan-verklaring
• Pakistan-resolusie
• Onafhanklikheid
en Dominium
• Islamitiese Republiek
• Ontbinding van Oos-
en Wes-Pakistan
• Huidige grondwet


29 Desember 1930
28 Januarie 1933
23 Maart 1940

14 Augustus 1947
23 Maart 1956

16 Desember 1971
14 Augustus 1973
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
881 913[4] km2  (36ste)
340 509 myl2
2,86
Bevolking
 - 2014-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
196 174 380[5] (5de)
212 742 631[6]
244,4 / km2 (56ste)
633,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$1 061 miljard[7] (25ste)
$5 671[7] (137ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$304,4 miljard[8] (42ste)
$1 629[9] (145ste)

MOI (2013)Green Arrow Up Darker.svg 0,550[10] (147ste)  –  medium
Gini (2013)30,7[11] –  medium
GeldeenheidRoepee (Rs) (PKR)
Tydsone
 - Somertyd
PK (UTC+05:00)
net soms toegepas (UTC+06:00)
Internet-TLD.pk
Skakelkode+92
Nasa-Satellietbeeld van Pakistan
Kaart van Pakistan

Pakistan (Oerdoe: پاكستان,‎ Pākistān), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan (Engels: Islamic Republic of Pakistan; Oerdoe: اِسلامی جمہوریہ پاکِستان‬‎, Islāmī Jumhūriyah Pākistān), is 'n staat in Suid-Asië. Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan, in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indië. In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan. In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak, Gasherbrum I, Gasherbrum II, K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei.

Dit het 'n oppervlakte van 881 913 en 'n bevolking van 212 742 631 in 2017 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji. Ander groot stede sluit in Faisalabad, Gujranwala, Hyderabad, Lahore, Multan, Pesjawar, Quetta en Rawalpindi. Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji, Kasjmiri, Pandjabi, Pasjtoe, Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje, Bengale, Muhajirs, Pandjabis, Pasjtoene, Saraikis en Sindhis.

Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indië geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het dié land 'n federale parlementêre grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Pakistan teen Indië en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indië: Punjab, North-West Frontier Province (Afghania Province), Kasjmir, Sindh en Baluchistan.[12][13][14] Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry.[15] Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान.[16] Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".

Sport

Die Pakistanse opener Yasir Hameed speel teen Australië op Lord’s in Engeland

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Pakistan beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en het tydens die bestaan van Brits-Indië op die Indiese Subkontinent gevestig.

Veldhokkie word as Pakistan se nasionale sport beskou[17][18] en die Pakistanse nasionale hokkiespan kon tot dusver drie goudmedaljes tydens die Olimpiese Somerspele van 1960, 1968 en 1984 verower.[19] Pakistan kon ook die Hokkiewêreldbeker tot dusver vier keer wen (1971, 1978, 1982 en 1994), meer as enige ander nasie.[20]

Krieket is Pakistan se gewildste sport.[21] Die Pakistanse nasionale krieketspan kon die Krieketwêreldbeker 1992 wen en het by die Krieketwêreldbeker 1999 op die tweede plek geëindig. Pakistan was die naaswenner van die Wêreld Twintig20 (2007) in Suid-Afrika en kon die Wêreld Twintig20 in 2009 in Engeland wen. In Maart 2009 het militante die Sri Lanka nasionale krieketspan tydens hul toer deur Pakistan aangeval met die gevolg dat tot Mei 2015 geen internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie.[22]

Pakistan was gasheer of mede-gasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele van 1989 en 2004; die Squash Wêreldkampioenskappe van 1984, 1993, 1996 en 2003; die krieketwêreldbekers van 1987 en 1996; en die Hokkiewêreldbeker van 1990.

Other Languages
Acèh: Pakistan
адыгабзэ: Пакистан
Alemannisch: Pakistan
አማርኛ: ፓኪስታን
aragonés: Pakistán
Ænglisc: Pacistan
العربية: باكستان
ܐܪܡܝܐ: ܦܐܩܣܛܐܢ
مصرى: باكستان
অসমীয়া: পাকিস্তান
asturianu: Paquistán
azərbaycanca: Pakistan
تۆرکجه: پاکیستان
башҡортса: Пакистан
Boarisch: Pakistan
žemaitėška: Pakėstans
Bikol Central: Pakistan
беларуская: Пакістан
беларуская (тарашкевіца)‎: Пакістан
български: Пакистан
भोजपुरी: पाकिस्तान
Bahasa Banjar: Pakistan
བོད་ཡིག: པ་ཀི་སི་ཐན
বিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরী: পাকিস্তান
brezhoneg: Pakistan
bosanski: Pakistan
ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ: Pakistan
буряад: Пакистан
català: Pakistan
Chavacano de Zamboanga: Pakistan
Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄: Pakistan
нохчийн: Пакистан
Cebuano: Pakistan
ᏣᎳᎩ: ᏆᎩᏍᏖᏂ
کوردی: پاکستان
qırımtatarca: Pakistan
čeština: Pákistán
kaszëbsczi: Pakistan
Чӑвашла: Пакистан
Cymraeg: Pacistan
dansk: Pakistan
Deutsch: Pakistan
Zazaki: Pakıstan
dolnoserbski: Pakistan
डोटेली: पाकिस्तान
ދިވެހިބަސް: ޕާކިސްތާން
Ελληνικά: Πακιστάν
English: Pakistan
Esperanto: Pakistano
español: Pakistán
eesti: Pakistan
euskara: Pakistan
estremeñu: Paquistán
فارسی: پاکستان
suomi: Pakistan
Võro: Pakistan
føroyskt: Pakistan
français: Pakistan
arpetan: Paquistan
Nordfriisk: Pakistaan
Frysk: Pakistan
Gagauz: Pakistan
贛語: 巴基斯坦
Gàidhlig: Pagastàn
galego: Paquistán
Avañe'ẽ: Pakistán
गोंयची कोंकणी / Gõychi Konknni: पाकिस्तान
ગુજરાતી: પાકિસ્તાન
Hausa: Pakistan
客家語/Hak-kâ-ngî: Pakistan
Hawaiʻi: Pakitana
עברית: פקיסטן
हिन्दी: पाकिस्तान
Fiji Hindi: Pakistan
hrvatski: Pakistan
hornjoserbsce: Pakistan
Kreyòl ayisyen: Pakistan
magyar: Pakisztán
հայերեն: Պակիստան
interlingua: Pakistan
Bahasa Indonesia: Pakistan
Interlingue: Pakistan
Ilokano: Pakistan
ГӀалгӀай: Пакистан
íslenska: Pakistan
italiano: Pakistan
ᐃᓄᒃᑎᑐᑦ/inuktitut: ᐸᑭᔅᑕᓐ
日本語: パキスタン
Patois: Pakistan
la .lojban.: kisygu'e
Basa Jawa: Pakistan
ქართული: პაკისტანი
Qaraqalpaqsha: Pakistan
Taqbaylit: Pakistan
Адыгэбзэ: Пакистэн
Kabɩyɛ: Pakisitaanɩ
Kongo: Pakistan
Gĩkũyũ: Pakistan
қазақша: Пәкістан
kalaallisut: Pakistan
ភាសាខ្មែរ: ប៉ាគីស្ថាន
한국어: 파키스탄
कॉशुर / کٲشُر: پاکِستان
kurdî: Pakistan
kernowek: Pakistan
Кыргызча: Пакистан
Latina: Pakistania
Ladino: Pakistan
Lëtzebuergesch: Pakistan
лезги: Пакистан
Lingua Franca Nova: Pacistan
Limburgs: Pakistan
Ligure: Pakistan
lumbaart: Pakistan
lingála: Pakistáni
لۊری شومالی: پاکستان
lietuvių: Pakistanas
latviešu: Pakistāna
मैथिली: पाकिस्तान
мокшень: Пакистан
Malagasy: Pakistàna
олык марий: Пакистан
Māori: Pakitāne
Baso Minangkabau: Pakistan
македонски: Пакистан
മലയാളം: പാകിസ്താൻ
монгол: Пакистан
Bahasa Melayu: Pakistan
Malti: Pakistan
Mirandés: Paquistan
မြန်မာဘာသာ: ပါကစ္စတန်နိုင်ငံ
مازِرونی: پاکستون
Dorerin Naoero: Pakistan
Nāhuatl: Paquistan
Napulitano: Pakistan
Plattdüütsch: Pakistan
Nedersaksies: Pakistan
नेपाली: पाकिस्तान
नेपाल भाषा: पाकिस्तान
Nederlands: Pakistan
norsk nynorsk: Pakistan
norsk: Pakistan
Novial: Pakistan
Sesotho sa Leboa: Pakistan
occitan: Paquistan
Livvinkarjala: Pakistuanu
Oromoo: Paakistaan
ਪੰਜਾਬੀ: ਪਾਕਿਸਤਾਨ
Kapampangan: Pakistan
Papiamentu: Pakistan
Picard: Pakistan
Deitsch: Pakistan
Norfuk / Pitkern: Pakistaan
polski: Pakistan
Piemontèis: Pakistan
پنجابی: پاکستان
پښتو: پاکستان
português: Paquistão
Runa Simi: Pakistan
Romani: Pakistan
română: Pakistan
tarandíne: Pakistan
русский: Пакистан
русиньскый: Пакістан
Kinyarwanda: Pakisitani
संस्कृतम्: पाकिस्थानम्
саха тыла: Пакистан
ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ: ᱯᱟᱠᱤᱥᱛᱟᱱ
sicilianu: Pakistan
Scots: Pakistan
سنڌي: پاڪستان
davvisámegiella: Pakistan
srpskohrvatski / српскохрватски: Pakistan
Simple English: Pakistan
slovenčina: Pakistan
slovenščina: Pakistan
Gagana Samoa: Pakisitana
chiShona: Pakistan
Soomaaliga: Bakistaan
shqip: Pakistani
српски / srpski: Пакистан
Sranantongo: Pakistan
SiSwati: IPhakhistani
Seeltersk: Pakistan
Basa Sunda: Pakistan
svenska: Pakistan
Kiswahili: Pakistan
ślůnski: Pakistan
తెలుగు: పాకిస్తాన్
tetun: Pakistaun
тоҷикӣ: Покистон
ትግርኛ: ፓኪስታን
Türkmençe: Päkistan
Tagalog: Pakistan
Tok Pisin: Pakistan
Türkçe: Pakistan
chiTumbuka: Pakistan
удмурт: Пакистан
українська: Пакистан
اردو: پاکستان
oʻzbekcha/ўзбекча: Pokiston
vèneto: Pakistan
vepsän kel’: Pakistan
Tiếng Việt: Pakistan
West-Vlams: Pakistan
Volapük: Pakistän
walon: Pakistan
Winaray: Pakistan
Wolof: Pakistaan
吴语: 巴基斯坦
მარგალური: პაკისტანი
ייִדיש: פאקיסטאן
Yorùbá: Pakístàn
Vahcuengh: Pakistan
Zeêuws: Pakistan
中文: 巴基斯坦
文言: 巴基斯坦
Bân-lâm-gú: Pakistan
粵語: 巴基斯坦
isiZulu: IPakistani